Ou Kerkslawies
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Sjabloon:Gesproken Wikipedia klein
Ou Kerkslawies (soms ook Oudbulgaars genoem) is die oudste Slawiese skryftaal. Ou Kerkslawies dateer uit die tweede helfte van die 9de eeu en is gebaseer op die Suid-Slawiese (Bulgaarse of Macedoniese) dialek van Thessaloniki. Twee alfabette word vir Ou Kerkslawies gebruik: die spesiaal vir die taal ontwerpte glagolitiese alfabet en die daarvan afgeleide Cyrilliese alfabet.
Ou Kerkslawies is nou verbonde met die sendingwerk van die uit Thessaloniki afkomstige broers Cyrillus en Methodius en hulle leerlinge. Vir hulle missie na die Groot-Morawiese Ryk (863) vertaal hulle onder meer die Bybel in Slawies. As Ou Kerkslawies geld uitsluitend die taal van tekste wat verband hou met die sendingwerk. Kopieë van die geskrifte het in die vorm van 'n beperkte aantal manuskripte uit die 10stee en 11de eeu oorleef.
Ou Kerkslawies het verder ontwikkeld tot Kerkslawies, 'n taal wat tot vandag toe daagliks gebruik word as liturgiese taal in die verskillende Slawiese Oosters-ortodoks kerke. Vir die historiese taalkunde is Ou Kerkslawies van belang omdat het vanweë die taal se ouderdom dit naby aan Proto-Slawies, die gemeenskaplike voorvader van alle Slawiese tale, kom.
Ou Kerkslawies manuskripte
Glagolities
- Codex Zographensis
- Codex Marianus
- Codex Assemanianus
- Psalterium Sinaiticum
- Kiever Blätter
- Euchologium Sinaiticum
- Glagolita Clozianus
Cyrillies
- Savvina Kniga
- Codex Suprasliensis
Eksterne skakels
- Facsimile van de Kiever Blätter
- Old Church Slavonic Online (Universiteit van Texas)
Sjabloon:Gesproken Wikipedia