Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Web Analytics
Cookie Policy Terms and Conditions Kathaar - Wikipedia

Kathaar

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die term Kathaar (die "Reine", afgelei van Grieks katharos "rein") verwys na 'n Christelike beweging wat tussen die 11de en 14de eeu veral in Suid-Frankryk, Italië, Spanje en Duitsland baie aanhangers het. Dikwels word in plaas van Kathare ook die naam Albigense gebruik - 'n verwysing na die Suid-Franse stad Albi, 'n bolwerk van die Katharisme. Die Kathare is deur die Inkwisisie vervolg en in 'n bloedige kruistog uitgewis.


Inhoud

[wysig] Leerstellings

Die Kathare word in die jaar 1209 uit die stad Carcassonne verdryf
Die Kathare word in die jaar 1209 uit die stad Carcassonne verdryf

Die presiese leerstellings bly nog steeds baie onduidelik; vermoedelik is daar in die laat periode 'n aantal splintergroepe.

'n Sterk invloed van die Balkanse Bogomiele kan aangewys word. Die Kathaarse biskop Nazarius bring die Interrogatio Johannis, 'n apokriewe geskrif van Bogomielse herkoms, na Suid-Frankryk. Die dualisme bly steeds 'n belangrike element in die Kathaarse teologie - die wêreld word as boos beskou, terwyl God en die Hemel goed is. Die Kathare strewe daarna om die goeie in die mens - sy siel - vanuit die bose wêreld na die hemel te lei.

Dikwels word die Kathaarse leerstellings vanuit 'n manigeïese of gnostiese oogpunt beskou en as nou verwant aan die tradisie van hierdie filosofiese stromings beskryf, alhoewel die protokolle van die inkwisisie die enigste bronne is wat 'n soortgelyke gevolgtrekking steun en weens hulle partydigheid nie betroubaar is nie. Ook die bewering dat daar 'n nou samehang tussen die Orde van die Tempeliers, die Heilige Graal en die Kathare sou bestaan, is suiwer spekulasie.

Die Kathare beskou hulle self as die "ware" Christelike kerk, en Jesus Christus speel 'n sentrale rol in hulle geloof. Die God van die Ou Testament word as die skepper van 'n bose wêreld afgekeur. Die Kathare steun op die Nuwe Testament, en hier veral op die Evangelie van Johannes. Daar is baie Bybelse aanhalings in Kathaarse preke, tog word die uitleg van die Bybel taamlik vry gehandhaaf. Ook die Kathaarse Bybelvertalings blyk dikwels tendensieus te wees.

[wysig] Geskiedenis

Die Kathaarse leerstellings het hulle oorsprong in Oos-Europa en word langs die handelsroetes versprei. Weens die nou verwantskap met die Bogomielse geloof van Thrasië word die Kathare in die middeleeue dikwels ook Bougres ("Bulgare") genoem.

Baie min outentieke Kathaarse tekste het bewaar gebly (onder meer die Rituel Cathare de Lyon en die Nouveau Testament en Provençal), en hulle verskaf weinig inligting oor die presiese leerstellings, morele waardes en praktyke.

Peyrepertuse
Peyrepertuse

Die oorspronklike bronne bevestig dat die Kathare sterk gekant is teen die destydse Katolieke Kerk en sy priesters, wat as korrup afgemaak is. Die Kathaarse kerk moet dan ook as 'n soort godsdienstige protesbeweging beskou word. Daar is slegs 'n klein aantal Kathaarse teoloë wat hulle self die "goeie vroue" (bonnes femmes), "goeie mans" (bons hommes) of "goeie christene" (bons chrétiens) noem (die terme Cathari of Perfecti word slegs deur die Katolieke Kerk en die Inkwisisie gebruik).

Montségur
Montségur

Die aanhangers van die Kathaarse geloof (Credentes) weet weinig van die leerstellings af. Hulle is van die spesifieke morele verbooie en godsdienstige verpligtings vrygestel - onder die voorwaarde dat hulle 'n belofte (convenenza) aflê om voor hulle dood die consolamentum te ontvang, die doop van die Gees.

Die eerste Franse Kathare verskyn in die tydperk tussen 1012 en 1020 in die provinsie van Limousin. Sommige word ontdek en in die jaar 1022 in Toulouse gedood. Die sinodes van Charroux (Vienne) in 1028 en Toulouse (1028) veroordeel die groeiende beweging. Tydens die 11de eeu word predikers na die distrikte van Agenais en Toulousain beroep om die Kathaarse leerstellings te beveg. Die Kathare kon desondanks hulle magsbasis in die suide van Frankryk versterk, veral danksy die optrede van hulle beskermheer Willem, hertog van Akwitanië en ander adellikes. Die bevolking is veral beïndruk deur die bons hommes en die antiklerikale predikasies van Pieter van Bruys en Hendrik van Lausanne in die provinsie van Périgord.

Die provinsie van Languedoc (Oksitanië, Suid-Frankryk) word in die 12de eeu die eerste bolwerk van die Kathare. Volgens die historiese bronne word die Kathaarse geloof eers aan die howe baie gewild, om in die later tydperk (omtrent die 14de eeu) tot 'n ondergrondse kerk van die gewone bevolking te ontwikkel.

Die Oksitaanse kultuur beleef - ook danksy die invloed van die Kathare - 'n bloeitydperk, tog kyk die koning van Frankryk met afguns na die welvarende suide, terwyl die pous in Rome nie onverskillig teenoor die magsverlies van die Katolieke kerk in Oksitanië bly nie.

Die Kathaarse kasteel Quéribus
Die Kathaarse kasteel Quéribus

Die koalisie van die koning, Noord-Franse adel en die pous lei in die jaar 1208 tot die eerste kruistog teen die Kathare onder die leiding van Simon de Montfort IV. Die massaslagting van die inwoners van Béziers, waartydens meer as 20 000 mense op 22 Julie 1209 vermoor is, behoort tot die grootste gruweldade in die Europese geskiedenis. Slegs 'n klein minderheid van die stadbewoners is Kathare, tog weier die bevolking om hulle uit te lewer. Een jaar later vind 'n tweede massaslagting in die stad Minerve plaas. Die eerste kruistog teen die Kathare eindig in 1212.

Die tweede kruistog begin in 1226 onder die leiding van die Franse koning, wat egter reeds op pad na Suid-Frankryk sterf. Die derde en laaste kruistog in die jaar 1244 vernietig met die belegging van die kastele van Montségur en Quéribus (1255) die laaste oorblyfsels van die Kathaarse kultuur.

Die Kathaarse gemeente van Montaillou en omgewing word in 1320 deur die inkwisisie uitgewis. Die laaste Kathaar, wat in 1321 verbrand is, is Guillaume Bélibaste.

Die meeste Kathaarse kastele soos Montségur, Minerve, Roquefixade, Montaillou, Peyrepertuse en Quéribus lê op rotse in afgeleë berggebiede en is nog steeds bekende bakens in die landskap noordoos van die Pireneëgebergte.

[wysig] Diens en praktyk

Die Kathaarse priesters en priesteresse het in die volkstaal gepreek - in teenstelling met die Rooms-Katolieke Kerk, wat Latyn gebruik het - en het sodoende breë lae van die bevolking bereik. Armoede, beskeidenheid en matigheid - ook ten opsigte van seksuele behoeftes - is as ideale nagestreef en het grootliks bygedra tot die gewildheid van die beweging, terwyl die leefwyse van baie Rooms-Katolieke geestelikes deur die bevolking afgekeur is.

Die Kathaarse kultus volg in wese die Bogomielse tradisies, veral deurdat die toelating tot die Kerk van Sondeloses - die Kerk van die Kathare - die voorvereiste was vir die vergifnis van sondes en verlossing. Die Bogomielse leerstellings is egter ook vermeng met Westerse tradisies.

[wysig] Eksterne skakels


Kruistogte : Iste - IIde - IIIde - IVde - Vde - VIde - VIIde - VIIIste - IXde

Slagte | Kruisvaarderburge
Latynse Koninkryke | Ajoebiede-ryk
Militêre Ordes | Mameloeke | Seldjoekiede | Assassine
Moslemleiers | Kruisvaarderleiers
Kruistogte teen die Kathare | Hussiete | Balte

Sien ook : Reconquista

Static Wikipedia 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu