Moldawië
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
|
|||||
Nasionale leuse: geen | |||||
Volkslied: Limba noastră | |||||
![]() |
|||||
Hoofstad | Chişinău 47°0′N 28°55′E |
||||
Grootste stad | Chişinău | ||||
Amptelike tale | Moldovan (Romaans) |
||||
Regering
President van Moldawië
Eerste Minister van Moldawië |
Parlementêre stelsel Vladimir Voronin Vasile Tarlev |
||||
Onafhanklikheid
Onafhanklik
|
Van die Sowjetunie 27 Augustus 1991 |
||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
1 E10 33 843 vk km (135ste) 13 067 vk myl 1,4% |
||||
Bevolking - 2005 skatting - 2004 sensus - Digtheid |
4 455 421 (117th) 3 388 071 131 / vk km 339 / vk myl |
||||
BBP (PPP) - Totaal - Per kapita |
2005 skatting $9 367 miljoen (141ste) |
||||
HDI (2005) | 0.671 (115de) — medium | ||||
Geldeenheid | Leu (MDL ) |
||||
Tydsone - Somertyd |
Oos-Europese tyd (UTC+2) Oos-Europese somertyd (UTC+3) |
||||
Internet TLD | .md | ||||
Skakelkode | +373 |
Moldawië (Republica Moldova) is 'n republiek in Suidoos-Europa, grotendeels geleë tussen die Prut- en Dnjestr- (Nistru) riviere. Die land word in die weste begrens deur Roemenië en verder deur Oekraïne . Die hoofstad is Chisinau (Russies: Kisjinev). Die land word gesien as een van die armste lande in Europa.
Die bevolking is oorwegend Moldawies ('n benaming wat na die skeiding van die res van Moldawië in gebruik gekom het: die inwoners van Roemeense Moldawië word as Roemeniërs beskou). Daar is ook Oekraïense, Russiese en Gagaoezische minderhede.
Moldawië behoort tot 1991 aan die Sowjetunie. Die grondgebied van die nuwe land kom geheel ooreen met dié van die voormalige Sowjetrepubliek van Moldawië en gedeeltelik met die van die ouer Bessarabië (wat tot die Tweede Wêreldoorlog Roemeens was). Slegs die suidelikste en noordelikste deel van Bessarabië behoort aan die Oekraïne, terwyl die gebied op die linkeroewer van die Dnjestr, Transnistrië, nooit tot Bessarabië behoord het nie, maar - volgens die oorgrote deel van de wereldgemeenskap - wel behoort tot die huidige Moldawië. Transnistrië het in 1991 eensydig onafhanklikheid verklaar. Die tweede stad van Moldawië, Tiraspol, lê in dié gebied.