Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Web Analytics
Cookie Policy Terms and Conditions Toronto, Ontario - Wikipedia

Toronto, Ontario

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Toronto is die hoofstad van die provinsie Ontario, Oos-Kanada en die grootste stad van Kanada. Die stad is die sentrum van die sogenaamde Golden Horseshoe (Goue Hoefyster), 'n metropolitaanse gebied met meer as 5,2 miljoen inwoners aan die suidwestelike oewer van die Ontariomeer, wat oor 'n afstand van sowat 100 kilometer van Hamilton, Ontario in die weste tot by Oshawa in die ooste strek.

Die stadshorison van Toronto, soos gesien vanuit die hawe
Die stadshorison van Toronto, soos gesien vanuit die hawe

Toronto beskik oor 'n belangrike hawe (vir onder meer die uitvoer van graan) aan die Ontariomeer, en dit is die finansiële, handel- en nywerheidsentrum van die Engelstalige Kanada met belangrike universiteite. Toronto beskik oor Kanada se hoogste wolkekrabbers - die simbole van sy dinamiese ekonomiese groei. Die CN-toring (553,5 meter) is een van die hoogste geboue wêreldwyd - 'n platvorm van glas dien op 'n hoogte van sowat 350 meter as 'n uitsigpunt.

Die stad is met sy sowat veertig skouburge die derde belangrikste Engelstalige teaterstad ter wêreld. Daar is talle parke in die stadsgebied met sy 2 482 000 inwoners (2001). Soos Montréal is dit een van die veiligste metropole van die wêreld.

'n Uitsig op die nagtelike Toronto
'n Uitsig op die nagtelike Toronto
Die CN-toring
Die CN-toring
Die stadshorison van Toronto
Die stadshorison van Toronto

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Die sentrale besigheidsdistrik van Toronto
Die sentrale besigheidsdistrik van Toronto

Die Wyandot (Hurone), een van die Eerste Nasies, wat teen die oewers van die Ontariomeer woon, noem die gebied van die huidige Toronto Tarantua of "vergaderplek".

Die eerste Europese nedersetting is die Franse Fort Rouillé, wat in die jaar 1750 opgerig is. Tog begin die grootskaalse Europese immigrasie eers met die Amerikaanse Rewolusie, toe 'n groot aantal lojaliste hulle in die omgewing begin vestig. In 1793 word die stad, wat in daardie tydperk nog sy historiese naam York dra, die hoofstad van die nuwe kolonie Bo-Kanada.

Die stad toon 'n bestendige groei gedurende die 19de eeu en word een van die vernaamste bestemmings van immigrante in Kanada. Volgens 'n verslag van die Verenigde Nasies het Toronto tans die tweede grootste persentasie immigrante na Miami (Florida, Verenigde State). Naastenby die helfte van die inwoners is in die buiteland gebore. Teen die tweede helfte van die 20ste eeu steek Toronto Montréal verby as die ekonomiese sentrum van Kanada en sy grootste stad.

[wysig] Ekonomie

Toronto, soos gesien vanuit die CN-toring, met die Roy Thomson Hall in die voorgrond
Toronto, soos gesien vanuit die CN-toring, met die Roy Thomson Hall in die voorgrond

Toronto is 'n handel-, nywerheid-, finansiële en logistiese sentrum. Sy bankbedryf, effektebeurs en groothandelsektor is die grootstes in Kanada. Ná die opening van die Sint-Laurens-waterweg het ook Toronto se hawe 'n groter rol gespeel, tog het sy belangrikheid intussen weer afgeneem.

Toronto trek voordeel uit die natuurlike rykdom van die provinsie Ontario. Die grootskaalse beskikbaarheid van grondstowwe en hidro-elektriese krag het die vestiging van 'n verskeidenheid nywerhede bevorder, waarby die motornywerheid die grootste aandeel in die stad se ekonomiese opswaai gehad het. Tans produseer Toronto en sy omgewing meer as die helfte van Kanada se verwerkte goedere.

Die metropolitaanse gebied van Toronto is in ekonomiese opsig die sewende grootste ter wêreld (ná New York, Londen, Tokio, Parys, Los Angeles en Chicago) met 'n BBP van sowat 305 miljard VSA-$ (waarvan 225 miljard in Toronto-Stad). Volgens markkapitalisering is Toronto se effektebeurs tans die derde grootste in Noord-Amerika en die sesde grootste ter wêreld. Die meeste finansiële ondernemings het hulle hoofkwartiere in Baystraat, die eweknie van New York se Wallstraat.

[wysig] Besienswaardighede

Die winkelsentrum Toronto Eaton Centre
Die winkelsentrum Toronto Eaton Centre
  • Die BCE Place is 'n futuristiese tonnel van glas en beton wat met 'n lengte van 130 meter die Canada Trust-wolkekrabber met die Bay-Wellington-gebou verbind.
  • Die vier Toronto-eilande in die Ontariomeer is een van die gewildste plekke vir 'n uitstappie.
  • Die posmodernistiese Nathan Phillips Square is die hart van Toronto se sentrale besigheidsdistrik. Aan die oostelike kant lê die Ou Raadsaal (Old City Hall), wat tussen 1889 en 1889 in die neoromantiese styl opgerig is. Die Nuwe Raadsaal (New City Hall) met sy twee halfronde geboue lê aan die noordwestelike kant.
  • Yonge Street is sedert die laat 18de eeu die hoofstraat van die stad - en met 'n totale lengte van 1 896 kilometer strek dit van die Ontariomeer se oewer tot by die grens van die provinsie. Hier in die sentrale besigheidsdistrik vind 'n mens talle boetieke en winkels.
  • Die Toronto Eaton Centre is 'n winkelsentrum wat oor vier verdiepings strek en een miljoen mense kan akkommodeer. Die sentrum is vernoem na die Ierse immigrant Timothy Eaton wat hier in 1869 'n kruidenierswinkel geopen het. Die sentrum spog met meer dan 300 winkels en beslaan drie straatblokke (220 Yonge Street, Unit 110).
  • Die CN-toring beskik oor uitkykplekke (die sky pod is 447 meter bo-oor die grond) en 'n roterende restourant (omtrent 350 meter hoog) met die laer uitkykplekke indoor en outdoor deck. Die Rogers Centre-stadion (vroeër: SkyDome) benede die toring is een van die modernste ter wêreld. Die koepeldak bestaan uit vier komponente en kan binne twintig minute geopen of gesluit word. Die stadion bied sitplekke vir sowat 51 000 toeskouers tydens 'n baseball-spel of 67 000 sitplekke vir konsertgangers. Die hotel digby die stadion bied kamers wat met 'n uitsig oor die speelveld spog.
  • Rondom die ou St. Lawrence-markgebou vind tydens die naweek Toronto se groot vlooimark plaas.
  • Toronto se Entertainment District met die John-straat as sy besige sentrum lok met sy bars en klubs.
  • Die Underground City is 'n toevlugsoord in die winter, met kantore, hotelle en winkels. Die afdelingswinkel First Canadian Shopping Centre is een van die indrukwekkendste instellings van die ondergrondse stad.

[wysig] Kuns en kultuur

  • Die Roy Thomson Hall is die belangrikste konsertgebou in Toronto en een van die stad se bakens in die binnestad. Danksy die hipermoderne argitektoniese ontwerp lyk dit soos 'n ronde ruimtevaartuig.
  • The World's Biggest Bookstore oos van die Eaton Centre is die grootste boekhandel ter wêreld - sowat 150 000 titels kan hier gekoop word.

[wysig] Musea

  • Die Royal Ontario Museum dek 'n verskeidenheid onderwerpe van kuns tot wetenskap (100 Queen's Park Crescent).
Static Wikipedia 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu