1 Maart
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
1 Maart is die 60ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (61ste in skrikkeljare). Daar volg nog 305 dae in die res van die jaar.
Feb - Maart - Apr | ||||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
2004 dag rangskikking Al die dae |
Inhoud |
[wysig] Gebeure
- 1562 - Die Franse geloofsoorloë begin met 'n menseslagting op die Hugenote.
- 1896 - Ethiopië wen die beslissende Slag van Adowa oor Italië wat die Eerste Italo-Abessiniese Oorlog tot 'n einde bring.
- 1919 – Japannese heerskappy in Korea: Die Samilbeweging in Korea begin landwyd met menige vreedsame protesaksies, maar word brutaal deur die Japannese polisie en weermag onderdruk.
- 1947 - Die Internasionale Monetêre Fonds begin sy finansiële werksaamhede.
- 1954 - Die 15-megaton waterstofbom Castle Bravo ontplof op Bikini Atol in die Stille Oseaan, wat een van die ergste gevalle van radioaktiewe besoedeling deur kerntoetsing tot gevolg het.
[wysig] Geboortes
- 1833 - Johann Heinrich Ferdinand Parow, Kaapse eiendomsmagnaat
[wysig] Sterftes
[wysig] Vakansies, vierings, en waarmeningsdae
- Aswoensdag in Westelike Christendom (2006)
- Sint Dawiddag in Wallis
- Mărţişor in Roemenië
- Martenitsa in Bulgarye