Limousin (dialek)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Limousin dialek (Limousin: Lemosin) is 'n Oksitaanse dialek wat deur ongeveer 400 000 mense in die deel van die Suide van Frankryk in die région Limousin gepraat of verstaan word. Die vroegste Oksitaanse dokumente is in die dialek geskryf vernaamlik die Boecis, wat in onegveer 1000 n.C. geskryf is.
Limousin word hoofsaaklik deur landelike mense ouer as 50 gebruik. Alle sprekers paar Frans as eerste of tweede taal. As gevolg van die taal beleid van die Franse regering, wat slegs Frans as amptelike taal erken, word dit nie deur die regeing erken nie en is die taal moontlik besig om te verdwyn. Die Limousin dialek was tot die 16de eeu die amptelike taal van die gebied en het die oorheersende mondelingse taal gebly tot aan die begin van die 20ste eeu toe Frans begin het om die oorhand te kry. Spore van die Oksitaanse dialek van Limousin bly behoue in baie familie- en plekname. Verder kan dit opgetel word in die woordbou en gesegdes en die aksent van Franse sprekers van Limousin.
'n Taal herlewingsbeweging rondom die Felibrige en die Institut d'Estudis Occitans is aktief in Limousin en ander dele van Oksitanië. Daar is twee École Calandreta, tweetalige privaat skole waar Frans en Oksitaans vir onderrig gebruik word in die Limousin dialek gebied; die een by Limoges en die ander by Périgueux.Die skole is nie-denominaal, gratis en gebruik 'n aktiewe en partisipetiewe pedagogie gegrond op die teorië van Freinet. Die skole is oop aan almal sonder uitsondering, insluitend kinders wie se ouers nie Oksitaans praat nie. Die skole neem deel aan die oordrag en behoud van die Limousin taal deur kinders tweetalig Oksitaans-Frans te onderrig[1].
[wysig] Kyk Ook
[wysig] Eksterne skakels
[wysig] Verwysings
- ↑ Calandreta Lemosina Calandreta Lemosina : qu'es ' quò ?, Besoek op 12 Maart 2007
Indo-Europese tale > Kentum-tale > Italiese en Romaanse tale > Italiese tale |
|
---|---|
Italiese groep: | Oskies | Umbries | Faliskies | Latyn |
Indo-Europese tale > Kentum-tale > Italiese en Romaanse tale > Romaanse tale |
|
Iberoromaans: | Asturies | Galicies | Katalaans | Portugees | Spaans |
Galloromaans: | Langues d'oil: Frans | Gallo | | Guernésiais | Jèrriais | Lorreins | Pikardies | Champenois | Wallonies | Anglonormannies Oksitaans: Aranees | Auvergnat | Gaskons | Languedokies | Limousin | Provensaals | Frankoprovensaals |
Retoromaans: | Romansch | Ladinies | Friulaans |
Italoromaans: | Dalmaties | Italiaans | Korsikaans | Napolitaans |
Sardies: | Sardies |
Balkanromaans: | Aroemeens | Istro-Roemaans | Meglenoroemaans | Roemeens |
Romaanse Kunstale: | Interlingua | Interlingue | Lingua Franca Nova |