Lorreins
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Lorreins (Frans: Lorrain), of Lotharings is 'n oïl-taal, die versamelnaam vir die Romaanse streektale wat in die Franse departement Lotharinge (Frans: Lorraine) gepraat word. Dit word ook in die aangrensende Gaume in België gepraat waar dit as Gaumais aangedui word.
Die taal word soms in die Vogese gehoor waar argaïse vorm bewaar gebly het (byvoorbeeld tchaté in plaas van château ). Die taal staan egter op die rand van uitsterwing.
Naas Lorreins word in Lotharinge ook 'n Frankiese, Germaanse dialek, Lotharings Frankies, gepraat wat ook as Lothringisch, Francique, Platt, Lothringer Platt of Lothringer Déitsch bekend staan.
[wysig] Eksterne Skakels
- lorrain op lexilogos
- Le Patois Lorrain
Indo-Europese tale > Kentum-tale > Italiese en Romaanse tale > Italiese tale |
|
---|---|
Italiese groep: | Oskies | Umbries | Faliskies | Latyn |
Indo-Europese tale > Kentum-tale > Italiese en Romaanse tale > Romaanse tale |
|
Iberoromaans: | Asturies | Galicies | Katalaans | Portugees | Spaans |
Galloromaans: | Langues d'oil: Frans | Gallo | | Guernésiais | Jèrriais | Lorreins | Pikardies | Champenois | Wallonies | Anglonormannies Oksitaans: Aranees | Auvergnat | Gaskons | Languedokies | Limousin | Provensaals | Frankoprovensaals |
Retoromaans: | Romansch | Ladinies | Friulaans |
Italoromaans: | Dalmaties | Italiaans | Korsikaans | Napolitaans |
Sardies: | Sardies |
Balkanromaans: | Aroemeens | Istro-Roemaans | Meglenoroemaans | Roemeens |
Romaanse Kunstale: | Interlingua | Interlingue | Lingua Franca Nova |