Nicolas Sarkozy
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Nicolas Sarkozy (Parys, 28 Januarie 1955), met volle naam Nicolas Pál Stéphane Sárközy de Nagy-Bocsa, is 'n Franse politikus en sedert 2 Junie 2005 vir 'n tweede ampstermyn Minister van Binnelandse Sake in die kabinet van die Eerste Minister Dominique de Villepin.
Nicolas Sarkozy is die seun van 'n adellike Hongaarse immigrant en 'n Griekse moeder. Sarkozy het na sy studies in Politieke Wetenskappe en Publieke Reg 'n loopbaan as advokaat begin. Sedert 28 November 2004 is hy die voorsitter van die burgerlike party Union pour un Mouvement Populaire (UMP), wat in 1976 onder die naam Rassemblement pour la République (RPR) deur Jacques Chirac gestig is.