Sowjetunie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke (USSR) (English: Union of Soviet Socialist Republics (USSR)) (Сою́з Сове́тских Социалисти́ческих Респу́блик (СССР), Soyuz Sovetskikh Sotsialisticheskikh Respublik (SSSR)), ook genoem Sowjet-Unie (Сове́тский Сою́з, Sovetsky Soyuz), was 'n staat in noord Eurasië wat bestaan het vanaf 1922 tot 1991. Die lys van republieke in die Sowjet-Unie het gewissel gedurende hierdie periode. Gedurende die laaste jare van bestaan het die Sowjet-Unie bestaan uit 15 Sosialistiese Sowjetrepublieke (S.S.R.). Rusland was die grootste Republiek in die Sowjet-Unie, en het dit in amper alle aspekte gedomineer; landoppervlakte, populasie, ekonomie en politiese invloed. Die gebied van die Sowjet-Unie het ook heelwat gewissel, en in die laaste jare was dit ongeveer dieselfde as die vorige Keiserlike Rusland, met die uitsondering van Pole en Finland.
|
|||||
Nasionale leuse: Werkers van die wêreld, verenig! | |||||
Amptelike taal | Russies | ||||
Hoofstad | Moskou | ||||
Area - Totaal - % water |
1ste voor verval 22 402 200 km2 xx% |
||||
Bevolking - Totaal - Digtheid |
3de voor verval 293 047 571 (Julie 1991) 13,08/km2 (Julie 1991) |
||||
Gestig - Verklaar - Erken |
1922 |
||||
Ontbinding | 1991 | ||||
Geldeenheid | Roebel | ||||
Tydsone | UTC +3 to +11 | ||||
Volkslied | Die Internasionale (1922-1944) Gesang van die Sowjet-Unie (1944-1991) |
||||
Internet TLD | .SU |
Inhoud |
[wysig] Geskiedenis
Hoofartikel: Geskiedenis van die Sowjet Unie
Die Sowjet-Unie was die opvolgerstaat van die Keiserlike Rusland maar was kleiner as 'n gevolg van die onafhanklikheid van Pole, Finland en die Baltiese state. Lenin het 'n beleid ingestel waardeur hierdie veroweringe van die Keiserlike Rusland onafhanklikheid kon verkry, en 'n groot aantal ander gebiede het ook wye outonomiteit verkry.
Gedurende 1938 en 1940 het die Sowjet-Unie Estland, Letland, Litaue, sekere gebiede van Finland, Pole, Roemenië, Mongolië en Hongarye beset. Onder die aanvoering van Joseph Stalin, het die Sowjet-Unie na die Tweede Wêreldoorlog 'n groot wêreldmag geword. Politiese konfrontasie tussen die Sowjet-Unie en die Verenigde State het geheers vir 'n aantal jare en staan bekend as die Koue Oorlog.
In 1991 het die Sowjet-Unie uit mekaar geval na 'n mislukte staatsgreep deur die militêre leiers wat onsteld was met die rigting waarin Gorbachev die land gelei het.
Die leiers van die Sowjet-Unie, in chronologiese orde,
- Vladimir Lenin (1917-1924)
- Joseph Stalin (1924-1953)
- Georgy Malenkov (Maart - September, 1953)
- Nikita Khrushchev (1953-1964)
- Leonid Brezhnev (1964-1982)
- Yuri Andropov (1982-1984)
- Konstantin Chernenko (1984-1985)
- Mikhail Gorbachev (1985-1991)
[wysig] Politiek
[wysig] Republieke
Hoofartikel: Republieke van die Sowjet-Unie
Sowjet Republieke | Onafhanklike state |
---|---|
|
|
[wysig] Geografie
Hoofartikel: Geografie van die Sowjet-Unie
Die Sowjet-Unie het uit die 15 lande hierbo genoem bestaan, met 'n totale oppervlakte van 22,402,200 vk. km.
[wysig] Ekonomie
Hoofartikel: Ekonomie van die Sowjet-Unie
Die Sowjet-Unie was die eerste land wat sy ekonomie gebaseer het op kommunistiese beginsels waardeur die staat al die produksiemoontlikhede besit het.
[wysig] Demografie
Hoofartikel: Demografie van die Sowjet-Unie
Die Sowjet-Unie was een van die wêreld se mees etnies uiteenlopende lande, met meer as 100 nasionale etniese groepe wat binne die grense leef. Die totale populasie is geskat as 293 miljoen in 1991.
[wysig] Kultuur
Datum | Afrikaanse naam | Plaaslike naam | Opmerkings |
---|---|---|---|
1 Januarie | Nuwejaarsdag | Новый Год | |
7 Januarie | Oosters-ortodokse Kersfees | Православное Рождество | |
23 Februarie | Sowjet-weermag se dag | День Советской Армии и Военно-Морского Флота | Februarie Rewolusie, 1917, Vorming van die Rooi Leër, 1918 |
8 Maart | Internasionale Vrouedag | Международный Женский День | |
1 Mei | Internasionale Werkersdag | Первое Мая - День Солидарности Трудящихся | |
9 Mei | Oorwinningsdag | День Победы | Capitulation of Nazi Germany, 1945 |
7 November - 8 November | Groot Sosialistiese revolusie van Oktober | Седьмое Ноября | Oktober Revolusie 1917; tans genoem День Примирения |