Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Web Analytics
Cookie Policy Terms and Conditions TGV - Wikipedia

TGV

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

'n TGV-hoësnelheidstrein in die Paryse stasie Montparnasse
'n TGV-hoësnelheidstrein in die Paryse stasie Montparnasse

Die TGV ('n afkorting van die Franse train à grande vitesse, hoësnelheidstrein) is die Franse hoësnelheidstrein, wat deur die maatskappy ALSTOM gebou word - dikwels in samewerking met die Kanadese maatskappy Bombardier (Montréal, Québec). Hy word in Frankryk as 'n nasionale simbool beskou en is nou die mees suksesvolle sneltrein in Europa.

TGV-Duplex
TGV-Duplex

Die TGV bereik gereeld 'n maksimale snelheid van 320 km/h, alhoewel hy tydens 'n spesiale toetsrit in die jaar 2007 al 'n rekordsnelheid van 553 km/h behaal het wat van hom die vinnigste trein ter wêreld maak. Die trein, wat hierdie rekord opgestel het, was wél 'n gewysigde en veral verkorte weergawe van die TGV en is gebruik om die tegniese moontlikhede van dié trein te bepaal.

Die TGV- en soortgelyke Thalys- en Eurostar-treine verbind groot Franse metropole en ry ook op spoorwegverbindings met België, Duitsland, die Verenigde Koninkryk, Nederland, Italië en Switserland.

[wysig] Geskiedenis

Die TGV-stasie in Avignon
Die TGV-stasie in Avignon

Onder die indruk van die Japannese Shinkansen begin die Franse Spoorweë, SNCF, in die jaar 1964 met die ontwikkeling van planne vir 'n Franse hoësnelheidstrein, wat as 'n alternatief vir die vliegtuig aangebied sou word.

TGV in die stasie van Rennes (Bretagne)
TGV in die stasie van Rennes (Bretagne)

Die SNCF beplan oorspronklik om 'n gasturbine-aangedrewe hoësnelheidstrein te ontwikkel, aangesien die tegniese probleme met die kragtoevoer tydens snelhede van meer as tweehonderd kilometer per uur aanvanklik onoplosbaar blyk te wees. In 1972 is 'n eerste gasturbine-trein gebou, wat vir talle toetsritte geneem is. Tog word weens die oliekrisis in die sewentigerjare die voorkeur aan 'n elektriese stelsel gegee. Vanaf Desember 1976 word die eerste hoësnelheidspoorweglyn, wat uitsluitlik vir die TGV ontwerp is en Parys en Lyon sou verbind, gebou. Die eerste twee treine word in 1978 in diens geneem. Op 26 Februarie 1981 stel die TGV met 'n snelheid van 381 kilometer per uur op hierdie spoorweglyn naby Tonnerre 'n nuwe wêreldrekord op.

Die reistyd van Parys na Lyon is van die oorspronklike 3 ure 55 minute met die sneltrein Mistral verminder tot twee ure. Tegelykertyd is die totale lengte van die spoorweglyn tussen die twee stede verminder van 512 tot 429 kilometer. Die nuwe lyn raak baie gewild, en in 1986 is daar reeds 47 000 passasiers per dag.

[wysig] Tegniese besonderhede

Vir die TGV is kragwaens aan weerskante is met agt passasierwaens gekombineer. Die basiese konsep van die TGV is om die hoësnelheidstrein aanvanklik op reeds bestaande spoorweë te laat ry, alhoewel dit 'n beperking op die maksimale snelheid plaas. Die nuwe lyne, waarop net die TGV mag ry, is omhein om ongelukke te vermy. 'n Nuwe kontrolesentrum, wat in Parys opgerig is, is in radiokontak met elke TGV-trein.

Die TGV is volgens aërodinamiese beginsels ontwerp om kragverbruik te beperk, en die eerste TGV-treine verbruik teen 'n spoed van 260 kilometer per uur net so veel energie soos 'n gewone trein teen 200 kilometer per uur.

[wysig] Buitelandse weergawes van die TGV

Die Amerikaanse Acela in 'n Bostonse stasie (met erkenning aan www.trainweb.com)
Die Amerikaanse Acela in 'n Bostonse stasie (met erkenning aan www.trainweb.com)

Ook die Amerikaanse Acela Express van die spoorwegmaatskappy Amtrak baseer op die tegnologie van die TGV, alhoewel die trein grotendeels in die Verenigde State vervaardig word en eintlik 'n afwykende weergawe van die Franse ontwerp is. Die Amerikaanse treine verbind Washington, D.C. met New York en Boston teen 'n maksimale spoed van 240 kilometer per uur.

Die Spaanse hoësnelheidstrein AVE maak eweneens gebruik van die TGV se tegnologie. Die Spaanse spoorwegmaatskappy het egter verseker dat die trein 'n plaaslike karakter kry - die ontwerp van die trein is deur 'n plaaslike onderneming aangepas. Die AVE ry op die nuwe lyn tussen Madrid en Sevilla, teen 'n maksimale snelheid van 300 kilometer per uur.

Die Franse TGV Atlantique is ook die grondslag vir die eerste Koreaanse hoësnelheidstrein KTX (Korean Train eXpress), wat die Suid-Koreaanse hoofstad Seoul met Chonan, Daegoe en Boesan verbind. 46 eenhede van hierdie trein ry sedert Desember 2003 op hierdie lyn van 412 kilometer.



TGV Hoësnelheidstreine
Acela Express | Aérotrain | AVE | Eurostar | Eurostar Italia | InterCityExpress | JR-Maglev MLX01 | Magneetsweeftreine | Pendolino | Shinkansen | TGV | Thalys | Treno Alta Velocità | Transrapid


Static Wikipedia 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu