Armenië
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
|
|||||
Nasionale leuse: geen | |||||
Volkslied: Mer Hayrenik Armeens:Ons Vaderland |
|||||
![]() |
|||||
Hoofstad | Jerevan 40°16′N 44°34′E |
||||
Grootste stad | Jerevan | ||||
Amptelike tale | Armeens | ||||
Regering
President
Eerste Minister |
Republiek Robert Kocharian Andranik Markaryan |
||||
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
verklaar erken |
Van Sowjet Unie ? 21 September1991 |
||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
29 800 vk km (138ste) |
||||
Bevolking - 2005 skatting - Digtheid |
3 259 000 (133ste) =105,0 / vk km |
||||
BBP (PPP) - Totaal - Per kapita |
2004 skatting $13.65 biljoen (127ste) |
||||
HDI | |||||
Geldeenheid | Dram (AMD ) |
||||
Tydsone - Somertyd |
(UTC+4) (UTC+5) |
||||
Internet TLD | .am | ||||
Skakelkode | +374 |
Armenië (Armeens: Հայաստան Hayastan, Հայք Hayq), amptelik die Republiek van Armenië, is 'n landomringde land in die suidelike Kaukasus, tussen die Swart See en die Kaspiese See, begrens deur Turkye in die weste, Georgië in die noorde, Azerbeidjan in die ooste en Iran en die Naxçıvan-eksklave van Azerbeidjan in die suide. Dit is 'n voormalige republiek van die Sowjetunie en tans 'n unitêre, veelparty-demokratiese staat. Dit is een van die oudste beskawings ter wêreld met 'n lang geskiedenis en ryk kulturele erfenis. Dit was ook die eerste land wat Christendom as amptelike geloof aangeneem het. Alhoewel Armenië grondwetlik 'n sekulêre staat is speel die Christengeloof 'n belangrike rol in die land se geskiedenis en die identiteit van die Armeniërs.
Kultureel, histories en polities word Armenië gewoonlik as deel van Europa gesien.[1][2] Die ligging van die land in suidelike Kaukasus beteken dat dit ook gesien word as deel van die redelik arbitrêre grens tussen Europa en Asië: met ander woorde 'n transkontinentale land .[3] [4]
Armenië is tans 'n lid van meer as 35 internasionale organisasies insluitend die Verenigde Nasies, die Raad van Europa, die Asiese Ontwikkelingsbank, die Gemenebes van Onafhanklike State en die Wêreldhandelsorganisasie. Dit is lid van die Vennootskap vir Vrede projek van NAVO en is in 'n in a militêre alliansie met die Gemeenskaplike Sekuriteits Verdrag Organisasie. Dit is ook 'n waarnemerlid van die Eurasiese Ekonomiese Gemeenskap, La Francophonie, en die Organisasie van Nie-gebonde Lande. Armenië is ook aktief in die internasionale sportgemeenskap met volle lidmaatskap van die Unie van Europese Voetbal Verenigings en die Internasionale Yshokkie Federasie. Die ontluikende demokrasie val as gevolg van sy strategiese geografiese posisie in beide die Westerse en Russiese invloedsfeer.
[wysig] Eksterne skakels en bronne
- Armeniapedia.org - die Armeense Wiki
- Armenica.org: Algehele geskiedenis van Armenië, vanaf 800 v.C. tot 2004. (Englels, Sweeds)
- Werf oor Armenië. Daar is algemene inligting oor Armenië, die berg Ararat (Masis), foto's, ens (Armeens, Engels, Pools)
- PanARMENIAN Netwerk: Armeense Nuus (Armeens, Russies, Engels)
- Armeense Nuus en beelde van kerke en Araratberg
- Armeense Soekenjin en Gids
- Armeense letterkunde en geskiedenis
- CIA - The World Factbook -- Armenia
- regering van Armenië
- Die geskiedenis van die Antieke Nabye Ooste
- Armenianhistory.info
- Library of Congress Portaal oor die Wêreld - Armenië
- Caucaz.com : Weeklikse aanlyn bulletien wat artikels en verslae oor Armenië en die Suid Kaukase publiseer (Engels en Frans)
- Atlas van Konflikte: geskiedkundige Kaarte van Armenië
- Vurtual Armenia (Engels, Duits)
Lande in Asië |
---|
Afghanistan - Armenië - Azerbeidjan - Bahrein - Bangladesj - Bhutan - Brunei - Ciprus - Filippyne - Georgië - Indië - Indonesië - Irak - Iran - Israël - Japan - Jemen - Jordanië - Kambodja - Kazachstan - Kirgizië - Koeweit - Laos - Libanon - Maldiven - Maleisië - Mongolië - Myanmar - Nepal - Noord-Korea - Oesbekistan - Oman - Oos-Timor - Pakistan - Qatar - Rusland - Saoedi-Arabië - Singapoer - Sjina - Sri Lanka - Sirië - Suid-Korea - Tadjikistan - Taiwan - Thailand - Turkye - Turkmenistan - Verenigde Arabiese Emirate - Viëtnam |