Kolombië
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
|
|||||
Nasionale leuse: Libertad y Orden (English; Liberty and Order) |
|||||
![]() |
|||||
Amptelike taal | Spaans | ||||
Hoofstad | Bogotá (4°38' N 74°05' W) |
||||
Grootste stad | Bogotá | ||||
Regering | Demokratiese Republiek Álvaro Uribe Vélez |
||||
Onafhanklikheid - Verklaar - Erken |
van Spanje 20 Julie 1810 7 Augustus 1819 |
||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
1 138 910 km² (25ste) 8.8% |
||||
Bevolking - Soos op 2003 skatting - Soos op 1993 sensus - Digtheid |
44 531 434 (28ste) 33 109 840 36/km² (134ste) |
||||
BBP (PPP) - 2004 total - Per capita |
$281,1bn US (33ste) $6 600 (111ste) |
||||
Geldeenheid | Kolombiaanse Peso (COP ) |
||||
Tydsone - Somertyd |
COT (UTC-3) (UTC-3) |
||||
Volkslied | Oh Gloria Inmarcesible! | ||||
Internet TLD | .cor | ||||
Skakelkode | +57 |
||||
Die Republiek van Kolombië is 'n land in die noordweste van Suid-Amerika. Dit grens in die noorde aan die Karibiese See, in die ooste aan Venezuela, in die suidooste aan Brazilië, in die suide aan Peru en Ecuador, en in die weste aan Panama en die Stille Oseaan. Bekende Kolombiane sluit in die Nobelprys wenner vir Letterkunde, Gabriel García Márquez, popsangeres Shakira, Formule 1 renjaer Juan Pablo Montoya en dwelmbaron Pablo Escobar, wat met die hulp van die Amerikaners in 'n koeëlreën uit die weg geruim is. Die land is dan ook berug vir die verbouing van kokaïne en die kombinasie van dwelmhandel en verbouing met 'n geweldadige politiese stryd teen FARC dra daartoe by dat Kolombië die hoogste per kapita moordsyfer in die wêreld het.
Inhoud |
[wysig] Geskiedenis van Kolombië
[wysig] Prekolombiaanse Tydperk
In die prekolombiaanse tydperk is die land bewoon deur inheemse volke met verskillende vlakke van beskawing en organisasie. Die vroegste tekens van menslike bewoning dateer sowat 16,400 jaar terug. Dit sluit in oorblyfsels van gereedskap wat gevind is naby Girardot. Die oudste menslike reste is 12,500 jaar oud en is by Zipaquirá gevind. Beide plekke lê in die relatief droë Andesgebied. Daar word egter gemeen dat die warm en vogtige Amazone gebiede en die Karibiese en Stille Oseaan kuste selfs vroeër reeds bewoon is hoewel die oudste vondse daar slegs 9,000 jaar oud is.
Die inheemse volke was rondom 3500 v.C. primitiewe jagters en nomadiese landbouers, wat die see- en rivierkuste bevolk het. Met die koms van mielies as voedselbron in die 2e eeu v.C. begin groepe hulle hier vestig. Vroeë precolombiaanse volke in die noorde het die Urabá (1000 v.C. - 0) en Sinú (0 - 1000 n.C.), (veral bekend vir uitgebreide wateraanleg en dreinering van landbougrond) ingesluit. Die Tumaco, Calima (1000 v.C. - 800 n.C.), Malagana (300 v.C. - 300 n.C.), Cauca, San Agustín (1000 v.C. - 500 n.C.), Tierradentro, Nariño, Quimbaya (0 - 900 n.C.) en Tolima (200 v.C. - 500 n.C.) het in die suid-weste geleef . Ten tyde van die Spaanse verowerings was daar drie taalfamilies in Colombia: Chibcha, Carib en Arawak.
Die Chibcha-sprekende indiane het 300 tot 400 jaar voor die huidige jaartelling vanuit Sentraal-Amerika na Kolombië, Venezuela en Ekwador getrek - oorspronklik aan die Atlantiese (Karibiese) kus. Arawak-indiane het vanuit die ooste na Kolombië geïmmigreer en hulle veral in die oostelike riviergebiede van die Orinoco en Amazone gevestig. Rondom 1000 n.C. trek oorlogsugtige Carib-indiane van die Brasiliaanse kusstreek en die eilande na die Kolombiaanse kuste en rivierdale Rio Magdalena en Rio Cauca en verdryf die Chibcha na die hoërliggende Andes-gebiede. Die Chibcha bereik 'n hoë graad van ekonomiese en politieke ontwikkeling. Toe die Europeërs rondom 1500 Suid-Amerika ingegaan het, was die Chibcha die mees prominente etniese groep. Hulle was onderverdeel in die Muisca en die Tairona, en nog enkele kleiner groepe. Die grootste groep, die Muisca, het hulle woongebied op die hooglande van die huidige Cundinamarca en Boyacá gehad en was landbouers. Hulle maatskaplike organisasie het om die cacicazgo, die stamhoof, en een oorerfbare leier oor die vroulike lyn, gewentel. Die opvolger/erfgenaam van die stamhoof was die seun van sy suster.
Daar het twee groot Muisca bondgenootskappe bestaan ten tye van die Spaanse verowerings: Bacatá (Bogotá) en Hunza (Tunja). Aan die hoof van die Bacatá was 'n Zipa, die opperhoof. Die Hunza opperhoof het Zaque geheet. Die kleiner Chibcha-sprekende groep, Tairona, het die noordelike uitloop van die Sierra Nevada de Santa Marta berggebied bevolk. Tairona het uit twee groepe, naamlik een in die Karibiese laaglande en die ander in die Andes hooglande. Die eerste groep het van visvang en soutwinning geleef, dus produkte wat hulle vir tekstiel van die Tairona in die hooglande verruil het. Die Tairona het in talle goed-georganiseerde stede, wat met klippaaie verbind was, geleef.
[wysig] Kolonialisering
Rodrigo de Bastidas land in 1500 as eerste Spanjaard op die Kolombiaanse kus. In 1509 stig Alonso de Ojeda die noord-westelike kusdorp San Sebastian de Urabá. Vasco Nuñez de Balboa stig Santa Maria la Antigua del Darién vanwaar hy 'n ekspedisie na die Stille Oseaan kus onderneem (1513). Met Santa Marta (1525) en Cartagena (1533) word vestings op die kus gestig vanwaar koloniale oorheersing van die binneland, aangemoedig deur die 'El Dorado' mite - 'n oorvloedige bron van goud - begin. Onder leiding van Gonzalo Jiménez de Queasada en Sebastián de Belalcázar word die huidige Kolombië ontdek (1536). In 1557 word in Santafé de Bogotá de 'Real Audiencia del Nuevo Reino de Granada' opgerig. Die verowering van Nueva Granada, soos die gebied toe bekend was, na die geboortegrond van Quesada, is gekenmerk deur die geplunder van die Indiaanse kultuurgoedere, afdwinging van Spaanse gebruike en godsdiens, en slawerny. Die brutale Spaanse régime het 'n uitdunning van die indiaanse bevolking tot gevolg, wat lei tot die invoer van slawe uit Afrika.
[wysig] Onafhanklikheid en 20ste eeuse geskiedenis
Tot 1810 was die land 'n kolonie van Spanje en 'n belangrike bron van goud, maar in dié jaar verklaar Kolombië onafhanklikheid. Spaanse troepe onder leiding van generaal Pablo Morillo herower die land egter na die Napoleontiese oorloë.
Sedert 1819 was daar al sprake van egte onafhanklikheid onder leiding van Simón Bolívar en Francisco Paula de Santander. Simón Bolívar word die eerste president van Kolombië wat toe nog uit die huidige Kolombië en (dele van) Ekwador, Venezuela en Panama bestaan. In 1830 word die regering van Bolivar omvergewerp wat tot die verbrokkeling van die Republiek gelei het. Ekwador en Venezuela ontstaan as onafhanklike state, terwyl Panama nog deel van Kolombië bly tot 1903. Van die begin af was die politieke situasie onrustig o.a. omdat die politieke stelsel uit slegs twee partye bestaan het, die liberales en die konserwatiewes. Hierdie tweeledigheid het ook rofweg ooreengekom met die sosiale tweeledigheid van die land: Aan die kus het die 'costeños', meestal afstammelinge van die slawe gewoon - in die sentrale hooglande die 'cachacos', die Spaanse afstammelinge. As gevolg van die slegte ekonomiese toestande, verskillende staatsgrepe en voortdurende gewelddadige konflikte begin die 1,000-daagse Oorlog in 1899 tussen die regerende konserwatiewes en die liberale troepe. Die oorlog, wat tot 1902 duur, sou uiteindelik tussen 60,000 en 130,000 lewens eis en die land vernield agterlaat. In 1903 begin 'n opstand, gesteun deur die VSA wat die Panama-kanaal wou bou, tot die afskeiding van Panama. In 1928 vind die bloedbad van die Piesangstaking plaas. Die Amerikaanse "United Fruit Company" het 'n monopolie in die piesangplantasies gehad en die werkers uitgebuit. Die staking word met geweld beëindig met honderde slagoffers tot gevolg. Vanaf 1948 vind 'n bloedige volksopstand plaas nadat die liberale presidentskandidaat Jorge Eliécer Gaitán vermoor word. Die volksopstand in Bogotá, waarin 2,500 mense sterf, versprei oor die hele land. Hierdie stryd, bekend as 'La Violencia', het die lewe gekos van waarskynlik meer as 'n honderdduisend mense. Stede en dorpe word afgebrand en meer as 'n miljoen mense vlug na Venezuela. Van 1953 tot 1957 lei generaal Gustavo Rojas Pinilla 'n militêre diktatuur. In 'n poging om politieke geweld en outoritêre optrede te beëindig, kom die twee groot politieke partye, die Konserwatiewe en die Liberale, in 1958 ooreen om afwisselend die bestuur van die land oor te neem. Hierdie periode duur tot 1974 maar van 1965 tot 1968 word 'n staat van beleg uitgeroep, as gevolg van geweld van linkse guerrilla's en opstand vanuit die Universiteit van Bogotá. Die huidige grondwet dateer uit 1991.
[wysig] Kontemporêre geskiedenis
Die huidige politieke bestaan is onrustig. Teenoor die owerheid ontstaan linkse guerrillagroepe FARC en ELN. Groot grondbesitters het van oudsher hul eie gewapende magte om hulle grond te verdedig. Oorblyfsels hiervan vorm nou nog die baie paramilitêre regse strydgroepe. Met die opkoms van kokaïenproduksie, bewapen die onwettige magte hulle ook op groot skaal. 'n Ideale uitkoms lyk nie moontlik nie. Die onwettige magte gebruik die beskerming van die guerrillas, en die guerrillas finansier die dwelmoorlog teen die owerheid met dwelmgeld. Die stryd teen paramilitêre geweld, guerrillas, kokaïen mafias, korrupsie en magsmisbruik het 'n voortdurende invloed op die politieke situasie. In 2002 is die presidentskandidaat, Ingrid Betancourt, voorstaander van dialoog, deur die linkse guerrillagroep FARC ontvoer. Hierdie faktore maak dit vir buitelandse beleggers 'n onaantreklike land en dit word weerspieël in die ekonomiese toestande. Die huidige president, Álvaro Uribe Vélez, volg enersyds 'n ferm beleid teen die terreur en probeer andersyds om 'n houvas te verkry op die paramilitêre groepe deur ooreenkomste te sluit en hulle te integreer in die leër en politiek. Deur ferm hantering word die FARC tot verdediging gedwing en verbeter die ekonomiese toestand effens. Die kokaïenmafia word met wisselende sukses bestry in die oorlog teen dwelms, wat grotendeels deur die VSA finansier word.
[wysig] Geografie
Colombia kan rofweg in drie geografiese dele verdeel word:
- Die Andesgebergte in die weste. Die grootste deel van die bevolking woon hier en die drie miljoenstede, Bogotá, Medellín en Cali word hier aangetref
- Die Karibiese kus. Ook hier word enkele belangrike bevolkingssentra, soos Cartagena gevind.
- Die oostelike deel van Colombia, is hoofsaakelik bebos en behoort tot die uitlopers van die enorme Amazonewoud. Dit beslaan 54 % van die oppervlakte van Colombia, maar slegs 3 % van de Colombianen woon daar .
[wysig] Administratiewe indeling
Kolombië bestaan uit 32 departemente (hoofstede tussen hakkies): Amazonas (Leticia), Antioquia (Medellin), Arauca (Arauca), Eilandgroep San Andres, Providencia en Sta. Catalina (San Andres), Atlantico (Barranquilla), Bolivar (Cartagena), Boyaca (Tunja), Caldas (Manizales), Caqueta (Florencia), Casanare (Yopal), Cordoba (Monteria), Cundinamarca (Bogotá), Choco (Quibdo), Guainia (Inrida), Guajira (Riochacha), Guaviare (San Jose del Guaviare), Huila (Neiva), Magdalena (Santa Marta), Meta (Villavicencio), Nariño (Pasto), Norte de Santander (Cucuta), Putumayo (Mocoa), Quindio (Armenia), Risaralda (Pereira), Santander (Bucaramanga), Sucre (Sincelejo), Tolima (Ibague), Valle del Cauca (Cali), Vaupes (Mitu), Vichada Puerto (Carreño).
Sien ook: Departemente van Kolombië, Vlae van departemente van Kolombië
Staatshoof en Regeringsleider is Álvaro Uribe Vélez.
[wysig] Bekende Colombiane
- Fernando Botero, skilder
- Gabriel García Márquez, skrywer en nobelpryswenner
- Carlos Vives, sanger
- Shakira, sangeres
- Juanes, sanger
- Juan Pablo Montoya, Formule 1 renjaer
- Álvaro Uribe Vélez, president van Colombia
- Ingrid Betancourt, ontvoerde presidentskandidaat
- Pablo Escobar, oorlede dwelmbaron
[wysig] Sien ook
- Colombiaanse musiek
- Monumente op die Wêrelderfenislys
- Organization of American States (OSA)
[wysig] Eksterne skakels
- LANIC Colombia page of the Latin American Network Information Center
- PEC – Official governmental portal (in Spanish)
- Palacio de Nariño – Official presidential site (in Spanish)
- Coinvertir - Corporación Invertir en Colombia.
- Proexport - Entidad encargada de la promoción comercial de las exportaciones.
- Banco de la República.
- Cámara de Comercio de Bogotá.
- [1] Wiki travel guide in formation
- Ejército Nacional de Colombia - Official Army site (in Spanish and English)
- Armada Nacional de Colombia - Official Navy site (in Spanish and English)
- Fuérza Aérea Colombiana - Official Air Force site (in Spanish)
- Vive Colombia, Viaja Por Ella! - Personal webpage intended to improve Colombia's reputation abroad (in English & Spanish)
- Human Rights Concerns - Amnesty International USA
Sjabloon:South America
[wysig] Bronne
- Eugenio Gutierez Cely, Miguel Angel Urrego Ardila (1995). 1.001 cosas sobre la historia de Colombia que todos debemos saber. Bogotá: Circulo de Lectores S.A. ISBN 958-28-0751-2
- Library of Congress: Country Studies - Colombia (http://countrystudies.us/colombia/)
Lande in Suid-Amerika |
---|
Argentinië | Bolivia | Brasilië | Chili | Colombia | Ecuador | Guyana | Paraguay | Peru | Suriname | Uruguay | Venezuela |
Ander: Falklandeilande | Frans-Guiana |