Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Web Analytics
Cookie Policy Terms and Conditions Brasilië - Wikipedia

Brasilië

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.


República Federativa do Brasil
Wapen van {{{algemene_naam}}}
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Ordem e Progresso
(Afrikaans: Orde en vooruitgang)
Volkslied: Hino Nacional Brasileiro
Ligging van
Hoofstad Brasília
15°45′S 47°57′W
Grootste stad São Paulo
Amptelike tale Portugees
Regering Demokratiese Republiek
Luiz Inácio Lula da Silva
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid

- Verklaar
- Erken
van Portugal

7 September 1822
29 Augustus 1825
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1_E12 8 547 403 vk km  (5de)
Bevolking
 - 2004 skatting
 - Digtheid
 
186 112 794 (5de)
22 / vk km
BBP (PPP)
 - Totaal
 - Per kapita
2004 skatting

$1,482 triljoen (--)
$8 049(--)

HDI
Geldeenheid Real (BRL)
Tydsone
 - Somertyd
-- (UTC-2 tot -5)
-- (UTC--)
Internet TLD .br
Skakelkode +55

Brasilië, amptelik die Federale Republiek van Brasilië, is die grootste land en ook dié land met die grootste bevolking in Suid-Amerika en die vyfde grootste land in die wêreld ten opsigte van bevolking en grondgebied. Die land strek oor die uitgestrekte gebied vanaf sentraal Suid-Amerika en die Atlantiese Oseaan. Die land strek die verste oos van al die lande in die Amerikas en grens aan Uruguay, Argentinië, Paraguay, Bolivië, Peru, Kolombië, Venezuela, Guyana, Suriname en die Franse departement van Frans-Guyana. Brasilië grens inderwaarheid aan bykans elke Suid-Amerikaanse land buiten Ecuador en Chili. Daar word geglo dat die land se naam sy oorsprong het vanuit pau-brasil, 'n boomsoort wat hoog op prys gestel is deur die vroeë koloniste. Ander reken egter die naam vind sy oorsprong in 'n mitiese eiland wat in die Middeleeuse Europa bekend was. Brasilië bevat uitgebreide landbougebiede en reënwoude. Met sy baie natuurlike hulpbronne en groot arbeidsmark is die land Suid-Amerika se leidende ekonomiese moondheid. Omdat dit 'n kolonie van Portugal was, is Portugees die amptelike taal van Brasilië. Brasilië het die wêreld se tweede grootste Christen bevolking (151 miljoen na die Verenigde State) en ook die wêreld se grootste Rooms-Katolieke bevolking, 'n sterk geskiedkundige band wat nagelaat is deur die Rooms-Katolieke Portugese koloniste.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Antieke kaart van Brasilië in 1519 deur Portugese ontdekkersreisigers opgestel.
Antieke kaart van Brasilië in 1519 deur Portugese ontdekkersreisigers opgestel.

Daar word geglo dat Brasilië vir ten miste 10 000 jaar lank deur semi-nomadiese stamme bevolk is voordat die eerste Portugese ontdekkersreisigers onder leiding van Pedro Álvares Cabral in 1500 daar voet aan wal gesit het.

Oor die loop van drie eeue is dit deur die Portugese hervestig en is die houtbronne eers ontgin en later ook landboubedrywighede in die vorm van suikerriet en koffiebone gevestig en is goud ook daar ontgin. Die kolonie se mannekrag het aanvanklik bestaan uit slawe vanuit die oorspronklike boorlinge en na 1550, hoofsaaklik vanuit Afrika. In 1808 het koningin Maria I van Portugal en haar seun, die toekomstige João VI van Portugal, op die vlug geslaan voor die leërs van Napoleon en hulself in Rio de Janeiro in Brasilië hervestig tesame met die res van die koninklike familie, die adel en die regering.

Al het die koninklike familie in 1821 na Portugal teruggekeer, is daar intussen handelsroetes na die Verenigde Koninkryk gevestig aangesien hulle van die Europese hawes afgesny is Napoleon se magte. Brasilië se status is ook verhoog na dié van 'n verenigde koninkryk onder die Portugese kroon. Na João VI van Portugal se vertrek het die oorblywende koninklike regering in Rio de Janeiro stappe geneem om die Koninkryk van Brasilië te ontbind en sy status weer na kroonkolonie te verlaag. Dit het gelei tot 'n reeks kleinskaalse konflikte wat bekend staan as die Brasiliaanse onafhanklikheidsoorlog. Op 7 September 1822 het kroonprins Dom Pedro I (later Pedro IV van Portugal) onafhanklikheid verklaar en die onafhanklike Koninkryk van Brasilië tot stand gebring. 'n Verdrag wat die koninkryk se onafhanklikheid erken is op 29 Augustus 1825 met Brittanje en Portugal onderteken.

Aangesien die kroon steeds in die hande van die Huis van Braganza was, het die onafhanklikheid meer 'n verdeling van die Portugese ryk in twee dele verteenwoordig eerder en verskil dit ietwat met van die ander onafhanklikheidsbewegings wat elders in die Amerikas voorgekom het.

Die Brasiliaanse Ryk was teoreties 'n demokrasie volgens die Britse styl, al het die magsverdeling tussen die keiser en die parlement meer ooreenkomste met die destydse Oostenrykse ryk gehad. Slawerny is in 1888 afgestel deur die "Goue Wet" wat deur Prinses Isabel uitgevaardig is. 'n Grootskaalse immigrasie uit Europa het daarna die basis geskep vir verdere nywerheidsontwikkeling. Pedro I is opgevolg deur sy seun Pedro II — wat op sy oudag vasgevang is in 'n politiese stryd tussen die weermag en die kabinet, 'n krisis wat ontstaan het as gevolg van die Paraguay Oorlog. Om 'n burgeroorlog tussen die weermag en die vloot te voorkom het Pedro II op die 15de November 1889 van sy troon afstand gedoen toe 'n federale republiek tot stand gebring is deur Veldmaarskalk Deodora da Fonseca.

In die laat 19de en vroeë 20ste eeue, het Brasilië meer as 5 miljoen Europese, Arabiese en Japanese immigrante gelok. Die tydperk het dan ook die verdere nywerheidsontwikkeling en verder kolonialisasie van die binneland teweeg gebring. Brasiliaanse demokrasie is drie keer omvergegooi en deur diktatorskappe vervang tussen 1930–1934 en 1937–1945 onder bewind van Getúlio Vargas en tussen 1964–1985 onder opeenvolgende generaals wat deur die militêre bewind aangestel is met die hulp van die VSA.

[wysig] Republiekwording en die tydperk van die wêreldoorloë

'n Gebou in Ouro Preto, die stad is tot wêrelderfenisgebied verklaar vanweë sy barok argitektuur.
'n Gebou in Ouro Preto, die stad is tot wêrelderfenisgebied verklaar vanweë sy barok argitektuur.

Die eerste Brasiliaanse republiek met 'n federatiewe grondwet (24 Februarie 1891), die Verenigde State van Brasilië (Portugees: República dos Estados Unidos do Brasil) is deur maarskalk Manuel Deodoro da Fonseca geproklameer, met die Verenigde State van Amerika as sy model. Die republikeinse regerings het die vinnige ontwikkeling van die Brasiliaanse ekonomie bevorder, en grenskonflikte met die buurstate is op 'n vreedsame manier besleg.

Die groot internasionale navraag na koffie, een van Brasilië se hoofsaaklike uitvoerprodukte, het aanvanklik die ekonomiese welvaart van die land verseker, en die landbou het hom veral op hierdie gewas toegespits. Weens sterk mededinging van Asiatiese produsente het die plaaslike rubberbedryf egter al in 1914 in 'n ernstige krisis beleef, wat die hele ekonomie geraak het. Tydens die Eerste Wêreldoorlog was Brasilië sedert 1917 amptelik 'n lid van die gealliëerde koalisie teen Duitsland, het egter geen aktiewe rol by die oorlogshandelinge gespeel nie.

Getúlio Vargas (links) saam met die Amerikaanse president Franklin Delano Roosevelt
Getúlio Vargas (links) saam met die Amerikaanse president Franklin Delano Roosevelt

Die navraag na koffie het ná die einde van die oorlog skerp gedaal, en die politieke stabiliteit is deur revolusies in die deelstate Sāo Paulo en Rio Grande do Sul bedreig. Tydens die twintigerjare het groot dele van die bevolking daarvoor gepleit om 'n einde aan die oligargiese regeringstelsel te maak.

Met die tweede krisis van die koffiebedryf in 1930 het die bevolking onder die leiding van Getúlio Vargas, die sogenaamde "Vader van die Armes", in opstand teen die regering gekom, en Vargas het die amp van presidentskap oorgeneem. In die eerste maande van sy regering het die Brasiliaanse ekonomie begin herstel. In 1937 is Vargas tot lewenslange president en "welwillende diktator" uitgeroep.

Nadat die VSA druk op hom geplaas het, het Vargas in 1942 oorlog teen Duitsland en sy gealliëerdes verklaar. 'n Afdeling van sowat 25 000 Brasiliaanse soldate is na Italië gestuur en het onder meer aan die slag van Monte Cassino deelgeneem. Ná die oorlog is Vargas deur die Brasiliaanse weermag as president ontslaan.

[wysig] Die tydperk ná 1945

Net vyf jaar later is Vargas deur die Brasiliaanse volk vir 'n tweede ampstermyn gekies. Hy het 'n duidelik Sosialistiese beleid gevolg, maar nadat die Verenigde State en regsgesinde politieke kringe steeds meer druk op hom geplaas het om te bedank, het hy in 1954 selfmoord gepleeg. Sy opvolger Juscelino Kubitschek het saam met die Partido Trabalhista Brasileiro (PTB) daarin geslaag om buitelandse beleggers na die land te lok, en in die laat vyftigerjare het die Brasiliaanse ekonomie weer vinniger begin groei. President Kubitschek se ambisieuse projek om 'n nuwe hoofstad Brasilia in die sentrum van die land te stig, het die staatsfinansies erg verswak. Jânio da Silva Quadros het die presidentsverkiesing in 1960 gewen en 'n beleid van politieke onafhanklikheid (veral teenoor die VSA) en volhoubare staatsfinansies gevolg. Maar slegs enkele maande nadat hy die ampseed afgelê het, het hy in 1961 ten gunste van sy vise-president Joāo Goulart afgedank.

Met die onbloedige rewolusie van die jaar 1964, wat deur 'n aantal goewerneurs in die deelstate gesteun is, het 'n militêre bewind die mag oorgeneem.

Sedert 1985, word Brasilië internasionaal as 'n demokrasie, en spesifieke 'n presidensiële demokrasie, erken. Die status is in 1993 deur 'n volkstemming bevestig, toe die kiesers gevra is om te kies tussen 'n presidensiële demokrasie of 'n parlementêre stelsel; kiesers het ook toe besluit om nie die land se grondwetlike monargie te herstel nie.

[wysig] Regering en Politiek

Brasilië se Nasionale Kongres is die bekendste landmerk in die hoofstad, Brasilia
Brasilië se Nasionale Kongres is die bekendste landmerk in die hoofstad, Brasilia

Die hoofstad van Brasilië is Brasilia. Volgens die grondwet wat in 1988 bekragtig is, is Brasilië 'n federale presidensiële verteenwoordigende demokratiese republiek, waar die President beide die staatshoof en regeringshoof is. Een van die grondliggende beginsels van die politiek in die Republiek is die veelpartystelsel, wat dien as waarborg vir politiese vryheid.

Die administratiewe strukture van die staat is 'n federasie; Brasilië het egter die munisipaliteite as outonome politiese eenhede ingesluit wat die federasie drieledig maak: wat die Unie, die State en die munisipaliteite insluit. Die regstelsel is gebaseer op Romeinse Reg.

Die Unie se Uitvoerende gesag word deur die regering uitgeoefen met die president as hoof, wat vir 'n vier jaar termyn verkies word en mag vir 'n enkele verdere termyn herkies word. Wetgewende gesag berus by die Nasionale Kongres, wat in twee kamers verdeel word.

Die afgevaardigdes van die Kamer van Afgevaardigdes van Brasilië word elke vier jaar verkies in 'n stelsel van proporsionele verteenwoordiging deur state. Die lede vandie Federale Senaat word vir 'n agtjaar tydperk verkies. Die gewone wetgewende proses vereis deelname van die uitvoerende gesag, wat die reg het om nuwe wetgewing te veto.

[wysig] Administratiewe verdeling

Brasilië is 'n federasie wat bestaan uit 26 state en 1 federale distrik, wat 'n totaal van 27 Federale Eenhede gee.

Politiese verdelings van Brasilië
Noordelike Streek
  1. Roraima
  2. Amapá
  3. Amazonas
  4. Pará
  5. Tocantins
  6. Acre
  7. Rondônia
Noordoostelike Streek
  1. Maranhão
  2. Piauí
  3. Ceará
  4. Rio Grande do Norte
  5. Paraíba
  6. Pernambuco
  7. Alagoas
  8. Sergipe
  9. Bahia
Sentraalwestelike Streek
  1. Mato Grosso
  2. Goiás
  3. Distrito Federal (Brasília)
  4. Mato Grosso do Sul
Suidoostelike Streek
  1. Minas Gerais
  2. Espírito Santo
  3. Rio de Janeiro
  4. São Paulo
Suidelike Streek
  1. Paraná
  2. Santa Catarina
  3. Rio Grande do Sul

Die Brasiliaanse state geniet 'n beduidende onafhanklikheid ten opsigte van hul regering, wetgewing, openbare veiligheid en belasting. Die regering van 'n staat word bestuur deur 'n Goewerneur wat met 'n meerheidstem verkies word en het ook sy eie wetgewende liggaam.

Elke staat word verdeel in munisipaliteite wat op hul beurt hulle eie wetgewende rade het met 'n burgemeester, wat outonoom en hiërargies onafhanklik is van beide die Federale en Staatsregerings. 'n Munisipaliteit kan ander dorpe buiten die munisipale setels insluit wat nie 'n aparte regering het nie.

Die Regsbank word bestuur vanaf die staat- en federale vlakke binne distrikte wat comarcas genoem word. Een comarca kan verskeie munisipaliteite insluit.

Sien ook: Vlae van state van Brasilië

[wysig] Geografie

Brasilië word gekenmerk deur die uitgebreide laagliggende Amasone reënwoud in die noorde en 'n meer oop terrein bestaande uit heuwels en lae berge na die suide — tuiste van die meeste mense in Brasilië en ook die plek waar die landbou hoofsaaklik plaasvind. Langs die Atlantiese kus is daar ook verskeie bergreekse, wat hoogtes van soveel as 2 900 meter bo seespieël bereik. Die hoogste piek is die Pico da Neblina wat 3 014 meter bo seespieël in die Guyaneese hooglande uitstyg. Die hoof riviere sluit die Amasone, die grootste rivier in die wêreld in terme van vloeiende watervolume en die tweede langste in die wêreld; die Paraná en sy hoofvertakking, die Iguaçu Rivier, waar die indrukwekkende Iguaçu-valle gevind kan word; die Rio Negro-, São Francisco-, Xingu-, Madeira- en die Tajapós riviere.

Brasilië is hoofsaaklik in die trope geleë en daarom toon die klimaat baie min seisoenale veranderinge. In die suidelikste deel van Brasilië kry 'n mens 'n subtropiese gematigde klimaat, wat nou en dan selfs ryp en sneeu in die hoër dele kan ervaar. Neerslag is oorvloedig in die vogtige Amasonekom, maar daar word ook droër dele aangetref, veral in die noordooste van die land.

'n Aantal eilande in die Atlantiese Oseaan is ook deel van Brasilië:

  • Sint Peter
  • Rocas Atol
  • Fernando de Noronha
  • Trinidade en Martim Vaz
Rio de Janeiro, die tweede grootste stad in Brasilië.
Rio de Janeiro, die tweede grootste stad in Brasilië.

Die Brasiliaanse vasteland word oor die algemeen geografies in 5 kenmerkende streke verdeel: die Noordelike streek, die Noordoostelike streek, die Sentraalwestelike streek, die Suidoostelike streek en die Suidelike streek.

  • Die Noorde beslaan sowat 45.27% van die oppervlakte van Brasilië en is ook die streek met die kleinste bevolking. Daar is min nywerheidsontwikkelinge en die streek is redelik onderontwikkel (met die uitsondering van Manaus, wat 'n belastingvrye nywerheidsone bevat). Die streek bevat ook die grootste reënwoude in die wêreld, die Amasone waar baie inheemse stamme van Brasilië woon.
  • Die Noordoostelike streek bevat 'n derde van Brasilië se bevolking. Die mense daar het diverse kulture met sommiges wat sterk wortels het uit die Portugese koloniale tydperk en ander met 'n sterk Afro-Brasiliaanse kultuur en dan is daar ook diegene wie se kultuur deur hul inheemse Brisiliaanse Indiaanse afkoms beïnvloed word. Dit is ook die armste streek van Brasilië en beleef lang droë klimaatstoestande. Dit is welbekend vir sy pragtige kuslyn.
  • Die Sentraalwestelike streek is die tweede grootste streek in Brasilië maar het 'n lae bevolkingsdigtheid. Dit is hier waar die Brasiliaanse hoofstad, Brasilia geleë is. Die streek bevat die Pantanal, die wêreld se grootste moerasgebied asook 'n klein deel van die Amasone reënwoud, in die noordwestelike deel daarvan. 'n Groot deel van die streek is begroei deur die Cerrado, die grootste grasvlakte in die wêreld, wat twee duidelik onderskeibare seisoene beleef: 'n reënseisoen (vanaf Oktober tot April) en 'n droë seisoen (vanaf Mei tot September). Dit is ook die belangrikste landbougebied in die land. Die belangrikste stede hier is: Brasilia, Goiânia, Campo Grande en Cuiabá.
  • Die Suidoostelik streek is die rykste en dig bevolkste streek. Dit het meer inwoners as enige ander Suid-Amerikaanse land en bevat een van die grootste metropoolse gebiede in die wêreld, waarvan die hoofstede die land se twee grootstes is; São Paulo en Rio de Janeiro. Die streek bevat 'n groot diversiteit insluitende die groot sakegebied van São Paulo, die geskiedkundige stede van Minas Gerais, die wêreldbekende strande van Rio de Janeiro en die hoogs aangeskrewe kus van Espírito Santo.
  • Die Suidelike streek is die welvarendste (in terme van die BBP per kop), met die hoogste lewensstandaard in die land. Dit is ook die koudste streek van Brasilië. Baie Europese immigrante het hulself hier gevestig, hoofsaaklik Duitsers, Italianers en mense van Slawiese afkoms en die mense van die streek se kultuur toon sterk invloede vanuit die kulture.

[wysig] Demografie

Brasilië word deur 'n uiters onegalige bevolkingsverspreiding gekenmerk, wat sy oorsake in die geografie en historiese ontwikkeling van die land het. Die digbevolkte kusgebiede van Noordoos- en Suidoos-Brasilië kontrasteer met die binneland, waar die bevolkingsdigtheid skerp afneem. Groot dele van die Amasonebekken is onbewoon. Die geweste Middel-Weste en Noorde, wat naastenby twee derdes van die Brasiliaanse oppervlak verteenwoordig, het minder inwoners as die metropolitaanse gebied van Sāo Paulo.

Brasilië het 'n gemengde bevolking, wat sedert die vroeë 19de eeu onder meer danksy die immigrasie uit Europa en Asië sterk gegroei het. 'n Groot deel van die blanke inwoners, wat sowat die helfte van die Brasiliaanse bevolking verteenwoordig, is nasate van Portugese immigrante. Ander belangrike groepe, wat hulle in die land gevestig het, is Italianers, Spanjaarde, Duitsers, Oos-Europeërs en Japannese.

Die aandeel van die Swart bevolking, oorwegend nasate van slawe, wat in die tydperk tussen die 16de en 19de eeu uit Afrika ingevoer is, is veral in die noord-ooste van Brasilië baie hoog. Meer as drie miljoen Swartes uit Angola, Nigerië, Benin, Togo, Ghana, Ivoorkus (Côte d'Ivoire) en Sāo Tomé e Príncipe is deur slawehandelaars na Brasilië gebring, voordat die slawehandel in 1850 verbied is. Baie Swartes het met die Portugese setlaars vermeng, sodat daar nou ook 'n groot kleurlingbevolking is.

Die inheemse Indio's is in die loop van die geskiedenis byna uitgeroei. Baie van hulle het ook aan ingevoerde siektes beswyk of het met ander etniese groepe vermeng. Tans is daar na ramings sowat 300 000 Indio's.

  • Tale: Portugees, Duits, Italiaans, Spaans, Japannees, en Indiaanse tale.
  • Religie: Katolieke (74%), Protestante (15,4%); Boeddhiste, Moslems, Jode (5%), en ander (10%).
  • Blankes (53,7%), gemengde rasse-afkoms (38,5%), Swartes (6,2%), Asiate (0,6%), Indiane/Eerste Nasies (0,3%), en ander (0,7%).

[wysig] Ekonomie

São Paulo, die vierde grootste stad in die wêreld en die finansiële hoofstad van die land
São Paulo, die vierde grootste stad in die wêreld en die finansiële hoofstad van die land

Brasilië met sy groot en goed ontwikkelde landbou-, mynbou-, vervaardiging- en diensverskaffingsektore en sy groot arbeidersmag het die grootste BBP van al die Latyns-Amerikaanse lande en is die kernekonomie van Mercosur, die Suid-Amerikaanse Doeane-unie. Die land het die afgelope jare sy teenwoordigheid in wêreldmarkte verbreed. Hoof uitvoerprodukte sluit in vliegtuie, koffie, voertuie, soyabone, ystererts, lemoensap, staal, tekstiele, skoene en elektriese toerusting.

Volgens die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank, het Brasilië die negende grootste ekonomie in die wêreld ten opsigte van koopkragpariteit en die elfste grootste ten opsigte van handelsvolumes. Brasilië het sy middelklas ekonomie gediversifiseer met 'n wyd uiteenlopende ontwikkelingsvlakke. Die meeste groot industrieë is gevestig in die Suide en die Suidooste. Die Noordooste is die armste streek van Brasilië maar nuwe beleggings begin daarheen vloei.

Brasilië het die mees gevorderde nywerheidsektor in Latyns-Amerika. Die nywerheidsektor maak ongeveer 'n derde van die BBP uit en sluit 'n wye verskeidenheid nywerhede in wat wissel van motorvoertuie, staal en petrochemikalieë tot rekenaars, vliegtuie en verbruiksgoedere. Met die verhoogde stabiliteit van die Plano Real, het Brasiliaanse en multinasionale ondernemings hul bellegings in nuwe toerusting en tegnologie drasties verhoog. 'n Groot hoeveelheid van hierdie beleggings is afkomstig vanaf Noord-Amerikaanse ondernemings. Brasilië het ook 'n diverse en gesofistikeerde diensteverskaffingssektor. Tydens die 1990's het die bankwese soveel as 16% tot die BBP bygedra. Ten spyte van die feit dat die finaniële dienstesektor 'n groot opknappingsproses ondergaan verskaf dit 'n wye reeks dienste en lok dit verskeie nuwe spelers in die mark. Die effektebeurse van São Paulo en Rio de Janeiro is ook in die proses van konsolidasie.

São Paulo is die finansiële middelpunt van Brasilië
São Paulo is die finansiële middelpunt van Brasilië

Brasiliaanse stede verskil beduidend ten opsigte van hoe maklik dit is om besigheid te doen, volgens die Doing Business in Brazil verslag wat deur die Wêreldbankgroep vrygestel is. Brasiliaanse stede vaar beter met betrekking tot die koste van die registrasie van eiendom. Ten spyte van die feit dat die regulasies dwarsoor Brasilië identies is, verskil die tydperk wat dit neem om eiendom oor te dra drasties. Alhoewel Brasilië se ekonomie progressief is en baie belangrik vir die streek is, is die probleme wat met korrupsie, armoede en ongeletterdheid gepaard gaan, steeds groot struikelblokke vir verdere ontwikkeling.

[wysig] Huidige verwikkelinge

Na vele dekades van hoë inflasie en verskeie pogings om dit te beheer, het Brasilië 'n ekonomiese stabiliseringsprogram onderneem, die Real Plan in Julie 1994, tydens die administrasie van Itamar Franco. Die inflasiekoers wat byna 5 000% bereik het aan die einde van 1993, het skerp gedaal en 'n laagtepunt van 2.5% in 1998 bereik. Die bekragtiging van die Fiskale Verantwoordelikheidswet in 2000 het die fiskale dissipline van die plaaslike en federale regerings verbeter al was dit ten koste van broodnodige belegging in infrastruktuur en verbetering van maatskaplike dienste. Tydens die bewind van Fernando Henrique Cardoso (1995-2002), het die regering pogings aangewend om die staatsgedomineerde ekonomie om te skakel na 'n meer markgedrewe een. Die Kongres het verskeie wysigings tot wetgewing goedgekeur om die ekonomie meer toeganklik te maak vir verhoogde deelname deur die privaatsektor en die betrokkenheid van buitelandse beleggers aan te moedig. Teen die einde van 2003, het Brasilië se privatiseringsprogram, wat die verkoop van staal-, elektrisiteits- en telekommunikasiefirmas ingesluit het, meer as $90 biljoen ingevorder.

In Januarie 1999 het die Brasiliaanse Sentrale Bank aangekondig dat die Real nie meer teen 'n vaste koers teen die V.S.A dollar sou verhandel nie; 'n stap wat 'n grootskaalse devaluasie van die Brasiliaanse geldeenheid meegebring het. Die ekonomie het in 2000 met 4.4% gegroei en 1.3% in 2001. In 2002 het gerugte dat die presidensiële kandidaat wat as die gunsteling beskou was om te wen, Luis Inácio Lula da Silva, nie Braslië se skuld sou eerbiedig nie, gelei tot 'n vertouenskrisis wat veroorsaak het dat die ekonomie begin agteruitgaan het. Na hy egter verkies is, het Lula sy voorganger se ekonomiese beleid bly volg. In 2003, het President Lula streng maatreëls gevolg en inflasie beheer en surplusse op die lopende rekening nagestreef om sodoende Brasilië se skuldverpligtinge na te kom.

Na 'n toename van 0.5% in die BBP in 2003 het Brasilië 'n sterk groei van 4.9% in 2004 getoon wat ietwat afgeneem het tot 2.3% in 2005; internasionale ekonomiese groei en gevolglike verhogings van uitvoere het bygedra tot hierdie prestasie.

[wysig] Kwelvrae

Die ekonomie staar steeds ernstige uitdagings in die gesig en belangrike hervormings moet nog geïmplementeer word. Ernstige probleme met betrekking tot swak infrastruktuur, inkomsteverdeling, lae kwaliteit openbare dienste, korrupsie, sosiale konflikte en regeringsburokrasie dreig om ekonomiese groei te kniehalter. Die interne openbare skuldlas het 'n hoogtepunt bereik en openbare uitgawes is ook verhoog. Belastings verteenwoordig reeds 'n noemenswaardige deel van die nasionale inkomste en is 'n swaar las vir alle sosiale klasse en verlaag die geleenthede vir belegging. Verder word entrepeneurskap in die wiele gery deur hoë lisensiekostes en komplekse goedkeuringsprosesse. Die huidige ekonomiese groei is laer as dié van vergelykbare Latyns-Amerikaanse lande asook dié Sjina en Indië. Brasilië het elf posisies op die WEF se ranglys vir Groei Mededingendheidsindeks[1] gesak tussen 2003 tot 2005.

[wysig] Sosiale vraagstukke

Rocinha, 'n favela in Rio de Janeiro
Rocinha, 'n favela in Rio de Janeiro

Ten spyte daarvan dat Brasilië 'n groot land is wat ryk is aan natuurlike hulpbronne en 'n baie groot ekonomie, het Brasilië meer as 22 miljoen mense wat in uiterste armoede leef. Die syfer is baie hoër as diegene wat in relatiewe armoede leef ook by die syfer ingesluit word. Hierdie is 'n kritiese kwessie en word deels toegeskryf aan die land se ekonomiese wanverdeling, een van die hoogste in die wêreld volgens die Gini koëffisiënt indeks. Armoede in Brasilië is die sigbaarste in die verskeie favelas, 'n groot aantal krotbuurte in die land se metropolitaanse gebiede en ook in die afgeleë landelike gebiede waar daar bitter min ekonomiese en sosiale vooruitgang plaasvind. Die Noordoostelike streek het kroniese probleme vanweë die semi-woestynklimaat in die binneland en die periodieke droogtes beïnvloed miljoene mense [2].

Die mees onlangste pogings om hierdie probleme aan te spreek word tans uitgevoer deur President Luiz Inácio Lula da Silva, wat 'n program genaamd Fome Zero voorgestel het om hongersnood uit te wis en het 'n begroting saamgestel vir handjievol programme vir die verspreiding van welvaart, daar is egter baie bespreking en kritiek oor die doeltreffendheid van die stappe.

In die afgelope 12 jaar is Brasilië se belastingkoerse geleidelik opgestoot van rondom 28% van die land se BBP tot meer as 37% [3]. Ten spyte hiervan was daar onvoldoende (en in sommige gevalle geen) verbetering in openbare dienste wat deur federale of die meeste staats- en munisipale regerings verskaf word nie [4].

Ongeveer 16 miljoen mense in Brasilië word amptelik as ongeletterd beskou [5].

[wysig] Misdaad

In die afgelope paar dekades het misdaad dwarsoor Brasilië handuit geruk. Brasiliaanse moordsyfers is vier keer hoër as dié in die V.S.A en die meeste misdaad bly onopgelos. Misdaad op straat verteenwoordig 'n groot kopseer vir plaaslike inwoners, veral in die aande waar rooftogte op die plattelandse paaie algemeen is. In Rio de Janeiro word die misdaadsituasie as krities beskou. Skietgevegte in die favelas tussen die polisiemagte en kriminele of tussen kriminele bendes gebeur dikwels en neem dikwels die afmetings van guerilla oorlogte aan. Die munisipale regering het geen beheer in die favelas nie, wat dikwels deur dwelmhandelaars regeer word. Ontvoerings kom ook algemeen in Brasiliaanse stede voor en die land het een van die hoogste ontvoeringsyfers wêreldwyd.

[wysig] Stede

[wysig] Bekende Brasiliane

  • Adriana Lima, model
  • Alessandra Ambrósio, model
  • Carmen Miranda, sangeres en akteur
  • Fernando Meirelles, filmregisseur
  • Gisele Bündchen, model
  • Joaquim Maria Machado de Assis, skrywer
  • Paulo Coelho, skrywer
  • Pelé, sokkerspeeler
  • Ayrton Senna - Formule Een renjaer
  • Rubens Barrichello - Formule Een renjaer
  • Filipe Massa - Formule Een renjaer

[wysig] Eksterne skakels

[wysig] Verwysings


Lande in Suid-Amerika
Argentinië | Bolivia | Brasilië | Chili | Colombia | Ecuador | Guyana | Paraguay | Peru | Suriname | Uruguay | Venezuela
Ander: Falklandeilande | Frans-Guiana
Static Wikipedia 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu