Neptunus (planeet)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Neptunus is die agste en verste planeet van die son. Dit is die planeet met die vierdie grootste diameter en die derde grootste massa. Die planeet is vernoem na die Romeinse god van die see.
Neptunus se atmosfeer bestaan hoofsaaklik uit waterstof en helium. Die blou skynsel word veroorsaak deur metaangas alhoewel dit onduidelik is hoekom Neptunus helderder blou is as Uranus, wat 'n soortgelyke hoeveelheid metaangas het. Neptunus is die winderigste planeet in die sonnestelsel met skattings van winde so vinnig soos 2 500 km/h.
Alhoewel Neptunus wel ringe het, is dit baie minder prominent as die ringe van Saturnus. Neptunus het nege bevestigde mane.
Neptunus is ontdek op 23 September 1846, en is ontdek gebaseer op wiskundige berekeninge volgens die effek wat Neptunus op Uranus het. Voyager 2 is die enigste ruimtetuig wat Neptunus besoek het.
[wysig] Verste planeet?
Tot onlangs is Pluto as ons sonnnestelsel se verste planeet geag, maar op 24 Augustus 2006 het die Internasionale Astronomiese Unie finaal besluit dat Pluto nie aan die definisie van 'n planeet voldoen nie.[1]
[wysig] Bronnelys
[1] http://en.wikipedia.org/wiki/2006_redefinition_of_planet
Die sonnestelsel |
---|
Die son · Mercurius · Venus · Aarde · Mars · Ceres · Jupiter · Saturnus · Uranus · Neptunus · Pluto · Eris |
Planete · Dwergplanete · Mane: Aarde · Mars · Asteroïdies · Jupiter · Saturnus · Uranus · Neptunus · Pluto · Eris |
Klein hemelliggame: Meteoroïdes · Asteroïdes (die astroïdegordel) · Centaurs · TNV's (Kuipergordel/Verstrooide skyf) · Komete (Oortwolk) |