Groot-Brittanje
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Groot-Brittanje (baie keer verkort na slegs Brittanje) is 'n eiland aan die weskus van Europa. Dit is die hoofgebied van die Verenigde Koninkryk.
Groot-Brittanje word ook gebruik as 'n politieke term wat die kombinasie van Engeland, Skotland en Wallis beskryf, die drie nasies wat saam die hele eiland beslaan, alhoewel elkeen addisionele kleiner eilande insluit.
Die term Brittanje word soms gebruik wanneer Groot-Brittanje bedoel word, en beide word gebruik om na die Verenigde Koninkryk te verwys, wat ook Noord-Ierland insluit. Groot-Brittanje word mees algemeen gebruik as 'n verkorting vir die ellelange "Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland". Alhoewel dit onakkuraat is, word dié afkorting gereeld deur amptelike liggame as sinoniem vir die VK in sommige kontekste gebruik. (Daar word byvoorbeeld na die VK-span wat in die Olimpiese Spele deelneem verwys as 'Team GB', en die VK gebruik die Internasionale lisensieplaatkode 'GB'). Hierdie word verder onder Brittanje bespreek.
[wysig] Gebiede geassosieer met Groot-Brittanje
[wysig] Gebiede elders in die eilandreeks waarvan Brittanje deel is
- Ierland
- Eiland Man
- Kanaaleilande
[wysig] Eksterne skakels
- Know Britain – een verduideliking van die terme "Groot-Brittanje", "Verenigde Koninkryk", ens.
- Administratiewe kaart van Groot-Brittanje