Harry Potter
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Harry Potter is die titel van 'n reeks fantasieboeke deur J.K. Rowling, asook die naam van die hoofkarakter, 'n jong towenaar. Die reeks het ongekende internasionale aanhang verwerf sedert die publikasie in 1997 van die eerste boek, Harry Potter and the Philosopher's Stone (Harry Potter and the Sorcerer's Stone in die VSA; Harry Potter en die Towenaar se Steen in Afrikaans, vertaal deur Janie Oosthuysen), met wêreldwye verkope tans in die orde van 275 miljoen kopieë. 'n Reeks films is in produksie, waarvan die eerste vier reeds vrygestel is. Die vierde, Harry Potter and the Goblet of Fire is op 18 November 2005 in die VSA en die Verenigde Koninkryk vrygestel en in Suid-Afrika op 2 Desember 2005.