Koninkryk van Engeland
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
|
|||||
|
|||||
Leuse: Dieu et mon droit (Frans: "God en my reg") |
|||||
Grondgebied van die Koninkryk van Engeland | |||||
Hoofstad | Winchester; London vanaf 11de eeu |
||||
Taal/Tale | Engels (de facto, tot 1066) Frans (de jure, 1066 - 15th eeu) Engels (de facto, het Frans geleidelik van die laat 13de eeu af vervang) |
||||
Regering | Monargie | ||||
Monarg | |||||
- 927-939 | Athelstan | ||||
- 1702-1707 | Anne | ||||
Wetgewer | Parlement van Engeland | ||||
- Hoer huis | House of Lords | ||||
- Laer huis | House of Commons | ||||
Geskiedenis | |||||
- Vereniging deur Athelstan | 927 | ||||
- Normandiese verwowering | 1066 | ||||
- Engelse Interregnum | 30 Januarie 1649 | ||||
- Engelse Restorasie | 1660 | ||||
- Grondwetlike monargie | 1688 | ||||
- Unie met Skotland | 1 Mei, 1707 | ||||
Geldeenheid | Pound sterling |
Die Koninkryk van Engeland was 'n staat geleë in Wes-Europa in die suidelike deel van die Groot Brittanje eiland wat bestaan het uit die modern lidlande van die Verenigde Koninkryk, Engeland en Wallis en die moderne regsentiteit Engeland en Wallis.
Die hoof koninklike woning was geleë by Winchester, in Hampshire, maar Londen en Gloucester is byna gelyke status toegeken – Londen het teen die begin van die 12de eeu die de facto hoofstad geword. Londen het gedien as die hoofstad van die koninkryk tot met die die samesmelting daarvan met die Koninkryk van Skotland in 1707 (kyk Acts of Union 1707) en bly steeds die belangrikste stad in Engeland. Die stad het ook gedien as beide die hoofstad van die Koninkryk van Groot Brittanje (1707–1801) en die Verenigde Koninkryk van Groot Brittanje en Ierland (1801–1922). Vandag is dit die hoofstad van die Verenigde Koninkryk van Groot Brittanje en Nood-Ierland (die "Verenigde Koninkryk").
Die huidige monarg van die Verenigde Koninkryk, Koningin Elizabeth II, is die moderne opvolger van die Konings en Koninginne van Engeland. Die titel Koningin (en Koning) van Engeland is sedert 1707 regsgesproke nie korrek nie maar word steeds algemeen gebruik.
[wysig] Geskiedenis
[wysig] Vereniging van Sewe Middeleeuse Koninkryke
Die Koninkryk van Engeland het nie 'n spesifieke stigtingsdatum nie. Die koninkryk se oorsprong kan terug gespoor word na die Heptargie, die heerskappy van wat later Engeland sou word deur sewe klein koninkryke: Oos-Anglië, Essex, Kent, Mercia, Northumbria, Sussex, en Wessex.
Die Konings van Wessex het tydens die 9de eeu al hoe meer dominant oor die ander koninkryke begin word. Alfred die Grote (heerser van 871–899) was die eerste Koning van Wessex om homself as "Koning van Engeland" te betitel. Sy seun Edward die Ouere (heerser van 899–924) het die militêre prestasies van sy vader oortref deur sy heerskappy oor die Danelaw te vestig. Die dood van sy suster Ethelfleda in 918, het daartoe gelei dat hy die heerskappy van Mercia by sy kleinniggie Aelfwynn in 919 kon oorneem. In 927 het die laaste van die vroeë middeleeuse Engelse koninkryke, Northumbria, ook na die Koning van Wessex, Athelstan, 'n seun van Edward die Ouere, geval. Athelstan was die eerste koning om oor 'n verenigde Engeland te heers. Hy was nie die eerste de jure Koning van Engeland nie, maar sekerlik die eerste de facto Koning van Engeland.
[wysig] Wiking invalle en Deense heerskappy
England het sedertdien in politieke eenheid gebly. Die Koninkryk is egter geteister deur invalle van die Wikings uit Denemarke gedurende die laat 10de eeu. In reaksie hierop het Ethelred II van Engeland die doodmaak van all Dene teenwoordig in Engeland beveel in 1002. Dit het egter gelei tot vyandigheid van Sweyn I van Denemarke en Noorweë. Sweyn het het vier volskaalse invalle van Engeland onderneem. Sweyn is tot Koning van Engeland verklaar in opposisie tot Ethelred II in 1013. Hy het op 2 Februarie 1014 gesterf waarna sy seun Canute die Grote die oorlog voortgesit het. Ethelred II het op 23 April 1016 gesterf en sy seun Edmund II van Engeland is spoedig deur Canute verslaan. Canute het ooreengekom om saam met Edmund II teheers, maar laasgenoemde het op 30 November 1016 gesterf wat Engeland onder Deense heerskappy verenig het. Deense heerskappy het voortgeduur tot met die dood van Harthacanute op 8 Junie 1042. Hy was die seun van Canute en Emma van Normandië, weduwee van Ethelred II. Harthacanute het geen opvolgers van sy eie gehad nie en is opgevolg deur sy half-broer Edward die Bekenner. Die koninkryk van Engeland was weer onafhanklik.
[wysig] Normandiese Verowering
Vrede het egter slegs gehou tot met die dood van die kindlose Edward op 4 of 5 Januarie 1066. Sy swaar is gekroon Harold II van Engeland. Sy neef Willem die Veroweraar, Hertog van Normandië het onmiddelik die kroon vir homself opgeeis. Willem het 'n inval van Engeland van stapel gestuur en in Sussex geland op 28 September 28 1066. Harold II en sy leër was in York na hulle oorwinning in die Slag van Stamford Bridge (25 September 1066). Hulle moes oor Engeland marsjeer om hulle nuwe oppnente te ontmoet. Die leërs van Harold II en Willem het uiteindelik in die Slag van Hastings op 4 Oktober 1066 slaag geraak. Harold het geval en Willem het as oorwinnaar uit die stryd getree. Willem kon Engeland toe sonder noemenswaardige verdere teenstand oorwin. Hy was egter nie van plan om die Koninkryk in die Hertogdom van Normandië te absorbeer nie. As 'n hertog was Willem steeds getrouheid aan Philip I van Frankryk verskuldig. Die onafhanklike Koninkryk van Engeland sou hom toelaat om sonder inmenging te heers. Hy is op 25 Desember 1066 tot Koning van Engeland gekroon.
Die Koninkryk van Engeland en die Hertogdom van Normandië sou in 'n persoonlike unie bly tot 1204. Koning John van Engeland, 'n vierde generasie afstammeling van Willem I, het die vasteland gedeelte van die Hertogdom in die jaar aan Philip II van Frankryk verloor. Die enigste oorblyfsels van die Hertogdom wat onder die beheer van John en sy nasate gebly het was die Kanaaleilande. John het wel steeds die titel en grondgebied van die Hertog van Akwitainië, in die Suidweste van vandag se Frankryk, behou.
[wysig] Honderdjarige Oorlog en Oorlog van die Rose
Edward II was die vader van Edward III van Engeland, wie se aanspraak op die troon van Frankryk gelei het tot die Honderdjarige Oorlog (1337–1453). Die einde van die oorlog het Engeland verslaan gelaat met slegs 'n enekele stad van Frankryk: Calais.
Die Koninkryk het skaars tyd gehad om te herstel toe die Roseoorloe (Engelse: Wars of the Roses) (1455–1487) uitgebreek het. Die oorloë was in werklikheid 'n burgeroorlog tussen die Huis van Lancaster en die Huis van York oor besit van die kroon. Beide huise was afstammelinge van Edward III en naby verwant. Na die einde van die oorlog is die troon gehou deur 'n 'n vroulie lyn afstammeling van die Huis van Lancaster getroud met die oudste dogter van die Huis van York. Henry VII van Engeland en sy Kongin eggenoot Elizabeth van York was die stigters van die Tudor koningshuis wat die Koninkryk van 1485 tot 1603 regeer het.
[wysig] Oorwinning en anneksasie van Wallis
John se kleinseun Edward I van Engeland het Llywelyn die Laaste verslaan en Wallis effektiewelik in 1282 oorwin. Hy het die titel Prins van Wallis vir sy oudste seun Edward II in 1301 geskep.
Wallis die afsonderlike regs- en administratiewe stelsel behou wat deur Edward I in die laat 13de eeu gevestig is. Die tweede Tudor monarg, Henry VIII van Engeland, het Wallis in Engeland opgeneem onder die Laws in Wales Acts 1535-1542. Wallis het ophou bestaan as persoonlike fiefdom van die koning van Engeland en is tot deel van Engeland geannekseer en is in die Eneglse Parlement verteenwoordig.
[wysig] Persoonlike unies met Ierland en Skotland
Tydens Henry VIII se heerskappy in 1541 het die Ierse Parlement hom tot koning van Ierland verklaar waarmee die Koninkryk van Ierland in 'n persoonlike unie met die Koninkryk van Engeland verenig is.
Tydens die heerskappy van Mary I van Engeland, oudste dogter van Henry VIII, is Calais deur Francis, Hertog van Guise op 7 Januarie 1558 oowin. Die Huis van Tudor het tot 'n einde gekom met die dood van die laaste Tudor monarg, Elizabeth I van Engeland, op 24 Maart 1603. Haar opvolger was James VI van Skotland wat die troon van Engeland as James I bestyg het. Die twee Britse Koninkryke het onafhanklike state onder 'n persoonlike unie gebly tot 1707.
[wysig] Die Engelse Burgeroorloë en die Interregnum
Tussen 1639 en 1651 het 'n aantal konflikte in die Koninkryke van Engeland, Skotland en Ierland plaasgevind. In die Eerste ((1642–1645) en Tweede Engelse Burgeroorlog (1648–1649) het die koningsgesinde aanhangers van Charles I van Engeland (die Cavaliers) en die aanhangers van die Long Parliament (Die Roundheads) teen mekaar geveg. 'n Derde oorlog (1649-51) tussen die aanhangers van Charlesl II en die verdedigers van die rompparlement het met 'n oorwinning vir die parlement in September 1651 geëindig.
Die oorloë het gelei tot die teregstelling van Charles I, die verbanning van sy seun Charles II en die vervanging van die monargie deurr die Commonwealth of England (1649–1653) en vervolgens die Protektoraat (1653–1659) onder die heerskappy van Oliver Cromwell. Die monopolie van die Anglikaanse Kerk op die Christelike erediens word tot 'n einde gebring en 'n nuwe protestantse aristokrasie ontstaan in Ierland. 'n Belangrike presedent word geskep, naamlik dat die koning voortaan nie kon regeer sonder die toestemming van parlement en die volk nie.
Die burgeroorloë het nie soseer uitgebreek uit weerstand van die Engelse teen die beleid van Charles I, wat vir elf jaar sonder parlement geregeer het nie, maar omdat sy Skotse onderdane suksesvol weerstand gebied het teen die politieke en kerklike hervorminge wat Londen wou oplê.
[wysig] Koninkryk van Groot Brittanje
In 1707 die Acts of Union is die Koninkryk van Engeland en die Koninkryk van Skotland verenig in die Koninkryk van Groot Brittanje (1707–1801). Koningin Anne was die laaste Koningin van Engeland, en die eerste monarg van die nuwe koninkryk. Die Engelse en Skotse Parlemente is saamgesmelt in die nuwe Parlement van Groot Brittanje gesetel in Westminster, Londen. Met die gebeurtenis het Engeland ophou bestaan as 'n aparte politieke entiteit en het dit sedertdien geen nasionale regering nie. Reggewys is jurisdiksie steeds as Engeland en Wallis gehandhaaf.