New Immissions/Updates:
boundless - educate - edutalab - empatico - es-ebooks - es16 - fr16 - fsfiles - hesperian - solidaria - wikipediaforschools
- wikipediaforschoolses - wikipediaforschoolsfr - wikipediaforschoolspt - worldmap -

See also: Liber Liber - Libro Parlato - Liber Musica  - Manuzio -  Liber Liber ISO Files - Alphabetical Order - Multivolume ZIP Complete Archive - PDF Files - OGG Music Files -

PROJECT GUTENBERG HTML: Volume I - Volume II - Volume III - Volume IV - Volume V - Volume VI - Volume VII - Volume VIII - Volume IX

Ascolta ""Volevo solo fare un audiolibro"" su Spreaker.
CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Pizza - Wikipedia

Pizza

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Pizza (die woord is moontlik afgelei van die Arabiese pita ("brood"), die Langobardiese bi°zzo ('n eenvoudige soort brood") of die Italiaans-Napolitaniese piceà, pizzà ("pluk")) is 'n bodem van gisdeeg, wat met pikante bestanddele soos byvoorbeeld tamatiesous, kaas, sampioene en wors of ham belê en daarna in die oond gebak word. In Italië word pizza gewoonlik nie as hoofgereg geëet nie, maar as 'n klein versnapering tussen die hoofmaaltye of laat saans.

[wysig] Geskiedenis

Dit is hoogs waarskynlik dat die antieke Romeinse kookkuns reeds 'n vroeë voorloper van die huidige pizza geken het, wat moontlik nou verwant is met die huidige focacciabrood van Ligurië. Die oorspronklike pizza, wat net met olyfolie, tamatieskyfies origanum of basilikum belê word, dateer uit die middel van die 18de eeu - 'n tydperk toe tamaties in Suid-Italië gewild geraak het.

Tradisionele pizza-oond met houtvuur
Tradisionele pizza-oond met houtvuur
Pizza met tamaties, kaas, sampioene en uie
Pizza met tamaties, kaas, sampioene en uie

Ander soorte pizzas soos die Apoeliese pizza pugliese of die Kalabrese pitta inchiusa, wat naas die gisdeeg net met ou bekende bestanddele soos olfyolie, uie en sout belê word, is ouer variasies waarvan die naam oorgeneem is.

Aangesien pizza in die oond teen 'n baie hoë temperatuur van 400 tot 500°C gebak moet word, wat in 'n gewone kombuis onmoontlik sou wees, is hy dikwels tuis voorberei en na die plaaslike bakkery gebring. Later ontstaan die ambag van die pizzabakkers, die sogenaamde pizzaioli, wat ook die deeg voorberei en belê het. die oudste pizzeria in Napels, Port' Alba, is in die jaar 1830 geopen en bestaan nog steeds.

Die eerste pizza, wat met die huidige variasies sou oorenkom, is waarskynlik op 11 Junie 1889 deur die pizzaiolo Peppino Brandi gebak. Hy het die opdrag gekry om vir die Italiaanse koning Umberto I en sy eggenote Margherita 'n pizza te bedien. Hy het dit op 'n patriotiese manier belê met bestanddele in die nasionale kleure van Italië: Tamaties, mozzarella-kaas en basilikum.

Hierdie nuwe soort pizza met kaas dien as die voorbeeld vir talle moderne variasies van die gereg. In plaas van vars tamaties word dikwels tamatiesous (salsa pizzaiola) gebruik.

In die 19de eeu het Italiaanse emigrante die pizza-resepte na die Verenigde State gebring, en in 1905 is die eerste pizzeria in New York geopen. Die Amerikaners het hulle eie soort pizza met 'n besonder dikke bodem geskep, die American Style Pizza, alhoewel daar lankal ook plaaslike variëteite is. New Yorkers gee die voorkeur aan pizzas met 'n ietwat dikker kors en baie kaas. In New Haven word New Yorkse pizza met wit mossels geniet, terwyl Chicago se pizza-variant in 'n pan gebak word en 'n besonder dikke kors het. Die oorspronklike pizza-resep is in Kalifornië by die plaaslike eetgewoontes aangepas en word met 'n groot verskeidenheid versierings verfraai, wat ook eksotiese bestanddele soos bokkaas, ham met pynappelstukkies en tandoori-hoender insluit.

Danksy die invloed van groot Amerikaanse kettingwinkel-pizzerias het pizza na die Tweede Wêreldoorlog ook in Europa en ander dele van die wêreld gewild geraak. Naas spaghetti het dit die bekendste gereg van die Italiaanse kookkuns geword. Dit word nou wêreldwyd in restourante bedien en is daarnaas ook een van die gewildste wegneemetes en gesogte bevrore kitskos.

[wysig] Nou verwante geregte in ander Europese lande

In sommige Europese streke is daar soortgelyke geregte, wat onafhanklik van die pizza ontwikkel het. Die bekendste is die "Vlamkoek" (Alemannies: Flammekueche, Frans: Tarte flambée) uit die Elsas (Noordoos-Frankryk). Sy bodem word egter hoofsaaklik met room, spek en gekapte uie belê. Ook die kookkuns in die suide van Frankryk, in Provence, ken 'n verwante gereg, die pissaladière. Dit is 'n brooddeeg, wat met gekapte uie, ansjovis, swart olywe en knoffel belê word.

Die Swabiese kookkuns (Suidwes-Duitsland) staan onder meer bekend vir soortgelyke geregte wat plaaslik "Dünnetle" ("dunnetjies", afgelei van Duits dünn "dun") genoem en met spek, room en uie belê word. Hulle word - met appels, room, suiker en kaneel belê - ook as nageregte bedien.

Met die Turkse immigrasie na Wes-Europa het 'n derde variasie gewild geraak - die lahmacun, 'n soort pizza wat met maalvleis en rissiespuree belê word.

[wysig] Metode (Italiaanse pizza)

Die deeg vir die pizza se bodem word van meel, water, gis, sout en 'n bietjie olyfolie berei, enkele minute lank geknie en na sowat 'n uur dun uitgerol of met die hande uitmekaargetrek.

Die deeg word volgens die individuele resep belê. Hiervoor is tamatieskyfies of salsa pizzaiola die mees geskikte onderlaag. Daarna word kaas (byvoorbeeld mozzarella, parmesaan of pecorino) en die ander bestanddele op die pizza geplaas. Ten slotte word 'n bietjie olyfolie daaroor gegiet.

Die pizza word teen 'n hoë temperatuur van 400 tot 500°C vir enkele minute gebak. Die gewone bakoond oorskry nie temperature van sowat 300°C nie. Die baktyd moet gevolglik verleng word, maar die resultaat is steeds nie perfek nie. 'n Voorverwarmde baksteen is daarenteen 'n geskikte onderlaag om 'n pizza te bak, omdat die hitte gelykmatig kan verdeel en die vorming kondenswater vermy.

Gisdeeg
Gisdeeg
Voorbereiding van die gisdeeg
Voorbereiding van die gisdeeg
Die bodem van gisdeeg
Die bodem van gisdeeg
Die pizza is belê en klaar om gebak te word
Die pizza is belê en klaar om gebak te word

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu