Vladimir Lenin
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Vladimir Ilyich Lenin (Влади́мир Ильи́ч Ле́нин), oorspronklike naam Vladimir Ilyich Ulyanov (Влади́мир Ильи́ч Улья́нов) (10 April (22 April, Gregoriaanse kalender), 1870 - 21 Januarie, 1924), 'n Russiese rewolusionêr, die leier van die Bolshevik party, die eerste leier van die Sowjet-Unie en die stigter van die ideologie van Leninisme.
"Lenin" was een van sy rewolusionêre pseudonieme, waarskynlik 'n verwysing na die rivier Lena. Soms word verkeerdelik na hom verwys in die weste as Nikolai Lenin, alhoewel hy nooit so bekend gestaan het in Rusland nie.
Hy sterf by Nizhny Novgorod (Gorki, by Moskou) op 21 Januarie 1924 na 'n aantal beroertes. Sy gebalsemde liggaam is op permanente tentoonstelling in Moskou. Hy is opgevolg as partyleier deur Josef Stalin.