Priemgetal
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
In wiskunde is 'n priemgetal 'n natuurlike getal groter as 1 waarvan die enigste positiewe delers 1 asook die getal self is. Alternatiewelik is 'n priemgetal 'n natuurlike getal met presies net twee natuurlike delers.
'n Natuurlike getal wat nie 'n priemgetal is nie, word 'n saamgestelde getal genoem.
Die getalle nul en een is uitsonderings op die bogenoemde reëls en is nie priemgetalle nie en ook nie saamgestelde getalle nie.
Die reeks van priemgetalle begin sò:-
2, 3, 5, 7, 11, 13, 17, 19, 23, 29, 31, 37, 41...
Die getal twee is die enigste ewe getal wat ook 'n priemgetal is.