Slawiese tale
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Indo-Europees |
---|
Indo-Europese tale |
Albanies | Anatolies Armeens | Balties | Kelties Germaans | Grieks | Indo-Irannees Italies | Slawies | Togaars |
Proto-Indo-Europees |
Taal | Vereniging | Geloof Kurgan | Yamna | BMAC | Ariaans |
Indo-Europese studies |
Die Slawiese tale, ‘n groep nou verwante tale van die Slawiese volke en ‘n subgroep van die Indo-Europese taalfamilie het sprekers in die grootste deel van Oos Europa, in groot dele van die Balkan, in dele van Sentraal Europa en in die noordelike deel van Asië.
[wysig] Geskiedenis
Die Slawe het vir lank vir die Grieke en Romeine onbekend gebly. Van die 4de eeu vind daar 'n uitbreiding na die weste plaas. Die Slawe word in die 9de eeu vanuit die Bisantynse ryk deur Cyrillus en Methodius gekersten. Oud-Bulgaars (Oud Kerkslawies) het die taal van die Oosters-Ortodokse Ortodokse Kerk geword. Vanaf die 11de-12de eeu ontstaan daar 'n geografiese variasie. Kerkslawies het vir lank as skryftaal gedien.
Die Oos-Slawiese en die Suid-Slawiese tale, behalwe Sloweens, Kroaties en Bosnies word met die Cyrilliese alfabet geskryf. Die Wes-Slawiese tale gebruik, onder die invloed van katolisisme, die Latynse alfabet.
Die Wes- en Oosslawiese tale word in die slavistiek soms saamgevoeg onder die term Noord- Slawiese tale.
[wysig] Indeling
- Wes-Slawies wat verder onderverdeel word in:
- Tsjeggies in Tsjeggiese Republiek en Slowaaks in Slowakye
- Hoog en Neder-Sorbies in Duitsland
- Lekitiese tale — Pools en verwante dialekte, Kasjoebies, Polabies (uitgestorwe) en Obodrit.
- Oos-Slawies
- Suid-Slawies wat verder onderverdeel in:
- Westelike subgroep wat uit Sloweens van Slowenië, Serwies in Serwië en Montenegro, Kroaties in Kroasië en Bosnies in Bosnië bestaan. Slaviste groepeer die laaste drie baie keer saam as die Serwo-Kroatiese taal.
- Oosterse subgroep wat uit Bulgaars in Bulgarye en die aanliggende Macedonies van Macedonië (Sommige slaviste, veral die van Bulgarye en Griekeland, beskou Macedonies as 'n streeksvorm van die Bulgaarse taal eerder as 'n aparte taal).
- Kerkslavies en Ou Kerkslawies
Kaart van Slawiese tale in Europa |
Die drieledige verdeling van die Slawiese tale neem nie die gesproke dialekte van elke taal in ag nie. Sekere sogenaamde oorgangsdialekte en hibriede vul baiekeer die gaping tussen die verskillende tale en vertoon ooreenkomste wat nie waargeneem word wanneer die Slawiese letterkundige (i.e., standaard) tale beskou word nie.
Genoegsame verskille bestaan tussen die verskeie Slawiese dialekte dat dit kommunikasie tussen sprekers van verskillende dialekte en tale moeilik of onmoontlik kan maak. Binne die individuele Slawiese tale, kan dialekte min verskil soos in die Russiese dialekte of kan daar groot verskille wees soos in die Sloweense dialekte. Moderne massamedia, het egter tot gevolg dat variasie tussen al die Slawiese tale verminder. Let wel dat die geskiedkundige inter-Slawiese kulturele strominge, soos die invloed van die Suid-Slawiese Ou-Kerkslawies op Russies, tot 'n mate van eenvormigheid gelei het.
[wysig] Sien ook
- Tale van die wêreld
- Cyrilliese alfabet
- Glagolitiese alfabet
- Oerslawies