Draak
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
'n Draak is 'n fabelagtige dier wat in mitologie reg oor die wêreld voorkom. Die draak verskil in interpretasie van kultuur tot kultuur.
[wysig] Europese drake
In Europese mitologie word 'n draak beskou as 'n onheilige en 'n kwaadoenige ondier wat 'n gevlerkde reptilies liggaam en 'n kop soortgelyk aan 'n perd het en wat vuur kan blaas. Die oog van 'n draak het ook glo towerkragte wat die eienaar toelaat om waarheid en leuens te kan onderskei. Middeleeuse Christene het die draak beskou as 'n duiwel. Die Latynse naam draco beteken slang (wat volgens Christene vir Adam en Eva bedrieg het). Daar is vele volksvehale waar die held 'n draak oorwin sodat geregtigheid kan seëvier en in feëverhale is prinsesse gyselaar gehou deur kwaadagtige drake.
[wysig] Drake uit Europese fabels
- Beowulf
- Sint George en die draak
- Walliese draak
[wysig] Oosterse Drake
In die Ooste word drake in 'n ander lig beskou. Drake word gesien as gelukbringers en verteenwoordig ook goeie gesondheid. Oosterse drake word beskryf as meer slangagtig en sonder vlerke, met magiese kragte. Beide in Sjina en Japan het drake byna afgodsfigure geword waartydens mense hulle sou aanbid vir goeie reën en volop oeste. Die Sjinese keiser het die draak as sy imperiese teken gebruik. Die bekende wêreldreisiger Marko Polo het in een van sy boeke geskryf dat die Sjinese keiser drake aangehou het as troeteldiere.