Stelling van Pythagoras
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die stelling van Pythagoras behels eenvoudig gestel, die volgende: die kwadraat van die skuinssy van 'n reghoekige driehoek is gelyk aan die som van die kwadrate van die twee ander sye.
Dit wil sê, gestel daar is 'n reghoekige driehoek met loodregte sye AB en BC en 'n skuinssy CA, dan is die volgende stelling waar:
AC2 = AB2 + BC2