31 Oktober
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
31 Oktober is die 304de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (305de in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 61 dae.
Sep - Oktober - Nov | ||||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
2004 dag rangskikking Al die dae |
Inhoud |
[wysig] Gebeure
- 1517 - Protestantse kerkhervorming: Maarten Luther maak sy 95 stellings bekend.
- 1864 - Nevada word toegelaat as die 36ste staat van die Verenigde State.
- 1892 - Arthur Conan Doyle publiseer The Adventures of Sherlock Holmes.
- 1917 - Eerste Wêreldoorlog: Slag by Berseba - "last successful cavalry charge in history"
- 1922 - Benito Mussolini word die jongste Premier in die geskiedenis van Italië.
- 1926 - Die towenaar Harry Houdini sterf van gangreen en buikvliesontsteking wat ontwikkel nadat sy blindederm gebars het.
- 1938 - Groot Depressie: In 'n poging om beleggervertroue te herstel, stel die New York-effektebeurs 'n vyftienpuntplan bekend wat daarop gemik is om die sekuriteit (protection) van die beleggingspubliek te verbeter.
- 1940 - Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Brittanje eindig - Die Verenigde Koninkryk keer dat Duitsland Groot Brittanje inneem.
- 1941 - Na veertien jaar is die werk by Mount Rushmore afgehandel.
- 1954 - Algeriese onafhanklikheidsoorlog: Die Algeriese Nasionale bevrydingsfront begin met 'n opstand teen Franse bewind.
- 1956 - Suez-krises: Die Verenigde Koninkryk en Frankryk begin om Egipte te bombardeer om die heropening van die Suezkanaal te forseer.
- 1961 - In die Sowjet-Unie word Joseph Stalin se liggaam verwyder van Lenin se graf.
- 1968 - Vietnamoorlog: VSA-president Lyndon B. Johnson kondig die staking van alle lug-, see- en artillarie-aanvalle aan vanaf 1 November, agv vordering by die Parys-vredesamesprekings.
- 1984 - Na die sluipmoord op Indiese Eerste Minister Indira Gandhi deur twee Sikh-sekuriteteitswagte breek protes uit in New Delhi en duisende onskuldige Sikhe word gedood.
- 1998 - Irakese ontwapeningkrisis begin: Irak kondig aan dat die nie meer gaan saamwerk met die Verenigde Nasies se wapeninspekteurs nie.
- 1999 - Vlug 990 van EgyptAir van New York stad na Kaïro stord neer langs die kus van Nantucket, Massachusetts. Al 217 aan boord sterf.
- 1999 - Leiers van die Rooms-Katolieke Kerk en die Lutherse Kerk teken die Gesamentlike verklaring oor die leer oor die regverdiging. Hiermee word 'n eeue-oue leerdispuut beëindig oor die aard van geloof en verlossing.
- 2000 - Die laaste Multics-masjien word afgeskakel.
[wysig] Geboortes
[wysig] Sterftes
- 1926 - Die towenaar Harry Houdini sterf aan gangreen en buikvliesontsteking wat ontwikkel nadat sy blindederm gebars het.
- 1984 – Indira Gandhi, eertydse Eerste Minister van Indië, word in 'n sluipmoordaanval deur twee van haar eie lyfwagte vermoor.
- 2006 - Pieter Willem Botha, Suid-Afrikaanse Eerste Minister en Staatspresident (* 1916)
[wysig] Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Herdenking van die Kerkhervorming (of op Hervormingsondag - die naaste Sondag aan 31 Oktober) - sekere protestantse kerke.