1 November
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
1 November is Die 305ste dag van die jaar (306ste in skrikkeljare) in die Gregoriaanse kalender, met nog 60 dae oor.
Okt - November - Des | ||||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
2004 dag rangskikking Al die dae |
Inhoud |
[wysig] Gebeure
- 1512 - Die plafon van die Sisteinse Kapel, deur Michelangelo geskilder, word vir die eerste keer aan die publiek ten toon gestel.
- 1521 - Die Straat van Magellaan, die seestraat net suid van die Suid-Amerikaanse vasteland wat die Stille- en die Atlantiese Oseane met mekaar verbind, word vir die eerste keer deur Ferdinand Magellaan deurvaar.
- 1604 - Die tragedie van William Shakespeare, Othello, word vir die eerste keer by die Whitehall Paleis in Londen opgevoer.
- 1611 - Die romantiese komedie van William Shakespeare, The Tempest, word vir die eerste keer by die Whitehall Paleis in Londen opgevoer.
- 1683 - Die Britse kroonkolonie van New York word onderverdeel in 12 graafskappe.
- 1755 - Lissabon in Portugal word vernietig deur 'n geweldige aardbewing en tsunami. Na raming het tussen sestig- tot negentigduisend mense gesterf.
- 1765 - Die Britse Parlement vaardig die Seëlwet uit in die 13 kolonies om die Britse militêre aksies in Noord-Amerika te help finansier.
- 1800 - Die Amerikaanse president, John Adams, neem sy intrek in die presidensiële woning, alombekend as die Withuis.
- 1848 - Die eerste mediese skool vir vroue (Boston Female Medical School) open in Boston, Massachusetts.
- 1861 - Amerikaanse Burgeroorlog: Die President van die V.S.A., Abraham Lincoln stel George McClellan aan as bevelvoerder van die Unie weermag. Hy vervang Winfield Scott, reeds in gevorederde leeftyd.
- 1876 - Nieu-Seeland se provinsiale regeringstelsel word gestaak.
- 1894 - Die Russiese Tsaar Aleksander III sterf en word deur sy seun Nikolaas II opgevolg.
- 1914 - Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van Corone vind plaas. Dit is die eerste Britse Nederlaag van diè oorlog.
- 1918 - 'n Treinongeluk in New York eis die lewens van 93 mense.
- 1922 - Die Ottomaanse Ryk kom tot 'n einde toe die laaste sultan abdikeer.
- 1943 - Tweede Wêreldoorlog: Operasie Goodtime word van stapel gestuur met die Amerikaanse inval te Bouganville in die Solomon-eilande.
- 1950 - Sluipmoordpoging van die Puerto Rikaanse nasionaliste Griselio Torresola en Oscar Collazo op die President van die V.S.A., Harry Truman.
- 1952 - Operation Ivy - Die V.S.A se eerste suksesvolle waterstofbom ontploffing met die kodenaam "Mike" ["m" vir megaton], te Eniwetokeiland op die Bikini rif in die Stille Oseaan.
- 1954 - Die "Front de Libération Nationale" begin die Algerynse Onafhanklikheidsoorlog teen Franse heerskappy, met guerrilla-aanvalle in verskeie dele van Algerië.
- 1955 - 'n United Airlines DC-6B ontplof midde-in vlug en stort te Longmont,Colorado neer, met 44 insittendes wat te sterwe kom.
- 1960 - Die Amerikaanse president, John F. Kennedy stel sy idee van 'n Vredeskorps bekend tydens sy verkiesingsveldtog.
- 1963 - Die Arecibo-observatorium, met die wêreld se grootste radioteleskoop, word amptelik in gebruik geneem in Arecibo, Puerto Rico.
- 1969 - Na sewe jaar aan die bopunt van die gewildheidsleer, bereik Elvis Presley se liedjie "Suspicious Minds" die nommer een posisie op "Billboard Music" se gewildheidslys.
- 1973 - Watergateskandaal: Leon Jaworski word aangestel as die nuwe spesiale aanklaer vir die Watergate ondersoek.
- 1981 - Antigua en Barbuda verkry hulle onafhanklikheid van die Verenigde Koningkryk van Brittanje.
- 1993 - Die Maastricht Verdrag tree in werking en die Europese Unie word amptelik gestig.
- 1998 - The Europese Hof vir Menseregte word ingestel.
[wysig] Geboortes
- 1778 - Gustav IV Adolf van Swede (s. [1837])
- 1798 - Sir Henry Lee Guinness, bierbrouer
- 1801 - Vincenzo Bellini, komponis (s. [1835])
- 1871 - Stephen Crane, skrywer (s. [1900])
- 1877 - Roger Quilter, komponis (s. [1953])
- 1880 - Alfred Wegener, meteoroloog, geofisikus (s. 1930)
- 1880 - Sholom Asch, skrywer (s. 1957)
- 1886 - Hermann Broch, Oostenrykse skrywer (s. 1951)
- 1892 - Alexander Alekhine, skaak speler (s. 1946)
- 1902 - Eugen Jochum, begeleier (s. 1987)
- 1923 - Gordon R. Dickson, skrywer van wetenskapsfiksie (s. 2001)
- 1923 - Victoria de los Angeles, sopraan
- 1929 - Betsy Palmer, aktrise
- 1934 - William Mathias, komponis (s. 1992)
- 1935 - Gary Player, gholfspeler
- 1940 - Ramesh Chandra Lahoti, Hoofregter van Indië
- 1943 - Salvatore Adamo Belgiese/Italiaanse sanger
- 1952 - Larry Flynt, Tydskrif Publiseerder
- 1957 - Lyle Lovett, sanger
- 1962 - Antony Kiedis, sanger
- 1963 - Rick Allen, Def Leppard dromspeler
- 1967 - Sophie B. Hawkins, musikant
- 1972 - Toni Collette, aktrise
[wysig] Sterftes
- 1903 - Theodor Mommsen, skrywer en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde in 1902
- 1956 - Pietro Badoglio, Italiaanse soldaat en staatsman.
- 1963 - Ngo Dinh Diem, President van Suid-Viëtnam
- 1972 - Ezra Pound, Digter
- 1979 - Mamie Eisenhower, Presidentsvrou van die Verenigde State
- 1982 - King Vidor, rolprentregisseur
- 1982 - James Broderick, akteur
- 1985 - Phil Silvers, akteur, komediant
- 2002 - Käte Jaenicke, aktrise
[wysig] Vakansiedae
- Rooms-Katolieke Kerk - Heilige dag van Verskuldiging Dag van die Allerheiligstes.
Vakansiedag in Spanje, Italië en Kroatië.
- Lá Samhna die tradisionele eerste dag van die Winter in moderne Ierland,
sien ook Samhain
- Mexiko en die Verenigde State - Die Dag van die Dodes
Januarie | Februarie | Maart | April | Mei | Junie | Julie | Augustus | September | Oktober | November | Desember |
Maande van die jaar