Mahatma Gandhi
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Mohandas Karamchand Gandhi (2 Oktober 1869 — 30 Januarie 1948), मोहनदास करमचन्द गांधी in Devanagari, of Mahatma Gandhi (soos hy populêr bekend was, asook so genoem om eerbied te toon) was die teoris en charismatiese massa-bewegingsleier was die saak van Britse koloniale Indië onder die wêreld se aandag gebring het. Sy idees, veral die satyagraha-model van vreedsame protes, het vele nasionalistiese en interne bewegings dwarsdeur die wêreld beïnvloed.
Deur middel van 'n hongerstaking het Gandhi gehelp om Indië se onafhanklikheid van Britse regering teweë te bring, en het sodoende ander koloniale mense geïnspireer om te werk vir hul eie onafhanklikheid en het uiteindelik die hele Britse Ryk se ondergang en vervanging deur die Britse Statebond veroorsaak. Gandi se konsep van satyagraha ("waarheidsmag"), wat gereeld rofweg as "weg van die waarheid" of "navolging van die waarheid" vertaal word, het baie geslagte van demokratiese en anti-rassistiese aktiviste geïnspireer, insluitende Martin Luther King, Jr. en Nelson Mandela. Hy het gereeld gesê sy waardes was eenvoudig, geneem uit tradisionele Hindoe-oortuigings: waarheid (satya) en vreedsaamheid (ahimsa).
[wysig] Die eervolle titel Mahatma
Die woord "mahatma", terwyl dit wyd verkeerdelik as Gandhi se gegewe naam geneem word, is 'n Sanskritterm van eerbetoon wat letterlik "verhewe siel" beteken.
Die wye aanvaarding van die gebruik, buite Indië, mag deels die komplekse verhouding tussen Indië en Brittanje gedurende sy lewe reflekteer. Die aanvaardig is in ieder geval ooreenstemmend met die waarneming van Gandhi se diepe verbintenis tot vreedsaamheid en sy geloofsoortuigings.