New Immissions/Updates:
boundless - educate - edutalab - empatico - es-ebooks - es16 - fr16 - fsfiles - hesperian - solidaria - wikipediaforschools
- wikipediaforschoolses - wikipediaforschoolsfr - wikipediaforschoolspt - worldmap -

See also: Liber Liber - Libro Parlato - Liber Musica  - Manuzio -  Liber Liber ISO Files - Alphabetical Order - Multivolume ZIP Complete Archive - PDF Files - OGG Music Files -

PROJECT GUTENBERG HTML: Volume I - Volume II - Volume III - Volume IV - Volume V - Volume VI - Volume VII - Volume VIII - Volume IX

Ascolta ""Volevo solo fare un audiolibro"" su Spreaker.
CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Monaco - Wikipedia

Monaco

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Principauté de Monaco
Vlag van Monaco Monaco: Landswapen
(Vlag) (Landswapen)
Nasionale leuse: Deo Juvante
(Met die Hulp van God)
Ligging van  Monaco
Amptelike taal Frans
Hoofstad Monaco 1
43° 44' N, 7° 24' O
Grootste stad Monaco 1
Regering
Prins
Staatsminister
Konstitusionele monargie
Prins Albert II
Jean-Paul Proust
Onafhanklikheid
Begin van die heerskappy van die Huis van Grimaldi
1419
Oppervlakte
 - Totaal
 - Water (%)

2 km² (192ste)
0,0 %
Bevolking
 - Soos op 2005 skatting
 - Soos op 2000 sensus
 - Digtheid

32 409 (188ste)

16 620/km² (1ste)
BBP (PPP)
 - 2000 total
 - Per capita

$870 miljoen (177ste)
$27 000 (24ste)
Geldeenheid Euro (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC+1)
(UTC+2)
Volkslied 'Hymne monégasque'
Internet TLD .mc
Skakelkode +377
1 Monaco is 'n stadstaat

Die Vorstedom van Monaco (Frans: Principauté de Monaco, Monegaskies: Munegu of Principatu de Munegu) is 'n stadstaat en die tweede kleinste land ter wêreld. Monaco lê tussen Frankryk en die Middellandse See, aan die Franse Riviera of Côte d'Azur (Asuurblou Kus). Monaco bestaan hoofsaaklik uit die ou stad Monaco en die woongebiede wat later bygevoeg is. Dit is die digbevolkste staat ter wêreld.

Monaco staan bekend as die Manhattan van die Middellandse See, 'n naam wat na die talle wolkekrabbers en voortdurende boubedrywighede verwys. Die handhawing van die openbare orde is 'n prioriteit vir die regering; lae misdaadsyfers is belangrik om Monaco se aantreklikheid vir die welgesteldes en skones te bewaar. Terselfdertyd het Monaco aan die begin van die 21ste eeu die voorheen ongekende stap geneem om sy deure vir die hoofstroom-toerisme te open.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Kaart van Monaco
Kaart van Monaco

Die naam Monaco is afgelei van die nabygeleë Griekse kolonie Monoikos, wat in die 6de eeu v.C. deur die Phokeane gestig is. Volgens 'n ou mite het Herkules die gebied van Monaco besoek, en ter ere van hom het die Phokeane 'n tempel opgerig - die tempel van Herkules Monoikos, wat later die middelpunt van 'n Gallies-Romeinse nedersetting word. Monoikos word in die jaar 122 v.C. deur Romeinse troepe verower. Die inheemse bevolking vermeng na die ondergang van die Romeinse Ryk met Gotiese en Frankiese setlaars, wat hulle in die gebied vestig. Monaco word in die 9de eeu 'n deel van die Graafskap Nice.

Teen die middel van die 11de eeu verower Genuese troepe die stad, en Monaco word 'n kolonie van die Italiaanse Republiek van Genua. Vanaf 1070 is lede van die Grimaldi-gesin die stadshere. Die keisers van die Heilige Romeinse Ryk keur die inlywing van Monaco by die Genuese magsgebied herhaaldelik goed. In 1162 verleen keiser Frederik Barbarossa sy toestemming vir die vestiging van Genuese koopmans in die gebied, terwyl keiser Hendrik VI Monaco in 1191 amptelik aan die Republiek van Genua skenk.

Twee eeue lank bly Monaco die skouplek van 'n bloedige magstryd tussen twee Genuese partye - die Ghibelline, aanhangers van die keisers, en die pousgesinde Guelfe. Die Ghibelline rig in 1215 'n vesting op, die historiese voorloper van die huidige vorstepaleis. In 1297 jaar verklee François Grimaldi, 'n lid van die Guelfe-party, in die py van 'n Fransiskaanse monnik ("monaco" in Italiaans) en verower die Ghibelline-vesting, wat die beroemde rots van Monaco destyds beskerm. Die gesinshoof van die Guelfe begin sy heerskappy as Rainier I en word die stamvader van die nog steeds regerende dinastie van die Huis van Grimaldi, wat Monaco sedertdien as 'n onafhanklike gebied regeer.

'n Standbeeld van François Grimaldi, hier verkleed as 'n monnik met 'n swaard onder sy py
'n Standbeeld van François Grimaldi, hier verkleed as 'n monnik met 'n swaard onder sy py

In 1346 slaag Charles I Grimaldi daarin om die nabygeleë stad Menton by Monaco in te lyf. 1355 word ook Roquebrune 'n Monegaskiese besitting. Tydens die heerskappy van Jean I word Monaco in 1419 uiteindelik die eiedom van die Huis van Grimaldi. Die Franse koning Karel VIII en die hertog van Savoie erken in 1489 met 'n oorkonde die onafhanklikheid van Monaco.

Honoré II van Monaco word in 1612 die eerste heerser wat die titel "vors" dra. 1731 begin die heerskappy van die geslagslyn van Goyon de Matignon-Grimaldi.

Die enigste tydperk van vreemde heerskappy is die jare van 1789 tot 1814, toe Monaco onder Franse heerskappy staan. Volgens 'n besluit van die Kongres van Wene is Monaco van 1815 tot 1860 'n protektoraat van die Koninkryk Sardinië, terwyl sy onafhanklikheid een jaar later deur die Frans-Monegaskiese Verdrag erken word.

Die stede Menton en Roquebrune verklaar in 1848 hulle onafhanklikheid en word twaalf jaar later by Frankryk ingelyf. Nadat Sardinië in 1861 'n deel van die koninkryk Italië geword het, erken Frankryk danksy die oortuigingskrag van vors Charles III Grimaldi (1856-1889) die soewereiniteit van Monaco en sy huidige grense.

In 1865 tree die doeane-unie tussen Frankryk en Monaco in werking. Tegelykertyd word die kasino van Monaco geopen. Danksy die winste uit die kasinobedryf geniet die inheemse bevolking vanaf 1869 belastingvryheid.

Monaco: Uitsig oor die stad en hawe
Monaco: Uitsig oor die stad en hawe

Tot by die proklamasie van 'n grondwet in 1911 tydens die heerskappy van Albert I Grimaldi (1889-1922) regeer die prins van Monaco as 'n absolute heerser. In Julie 1918 word 'n ooreenkoms onderteken wat bepaal dat Frankryk in 'n beperkte mate as 'n beskermende mag sal optree. Die ooreenkoms, wat deel van die Verdrag van Versailles is, maak die Monegaskiese politiek ondergeskik aan Frankryk se politieke, militêre en ekonomiese belange.

Prins Rainier III bestyg die troon in 1949 na die dood van sy grootvader Prins Louis II. Hy trou in 1956 met die Amerikaanse rolprentster Grace Kelly (vorstin Gracia Patricia). Met die nuwe grondwet, wat in 1962 geproklameer is, word die doodstraf afgeskaf, die stemreg vir vroue ingevoer en 'n hooggeregshof ingestel om basiese burgerregte te beskerm.

In 1982 sterf vorstin Gracia Patricia in 'n tragiese motorongeluk.

In 1993 word Monaco 'n volwaardige lidstaat van die Verenigde Nasies.

In 2002 bepaal 'n nuwe ooreenkoms tussen Frankryk en Monaco dat die vorstedom 'n onafhanklike staat mag bly, selfs al sou daar geen erfgename wees nie wat die troon kan bestyg. 'n Ouer verdrag het in hierdie geval vasgelê dat Monaco weer by Frankryk ingelyf sou word. Die verantwoordelikheid vir militêre sake berus egter by Frankryk.

Weens die ernstige siekte van sy vader oefen Prins Albert vanaf 31 Maart 2005 sy ampspligte uit. Met die dood van Prins Rainier op 6 April 2005 volg Albert sy vader op 12 Julie as Prins Albert II op.

[wysig] Politiek

Monaco word sedert die jaar 1911 as 'n konstitusionele monargie geregeer, waarby die prins as staatshoof fungeer. Die Staatsminister en regeringshoof is die voorsitter van die Regeringsraad met vier lede (die kabinet). Staatsminister en Regeringsraad vorm gesamentlik die uitvoerende gesag van Monaco.

Die Staatsminister moet 'n Franse burger wees, wat deur die Prins benoem word. Die Franse regering stel 'n aantal kandidate vir die amp voor.

Volgens die Grondwet van 1962 deel die Prins sy uitvoerende gesag met die een-kamer-parlement van Monaco, die Nasionale Raad. Die 24 lede van die parlement word vir 'n periode van vyf jaar in 'n algemene verkiesing vasgestel.

Die plaaslike politiek word deur die Kommunale Raad met 15 verkose lede beheer. Die burgemeester fungeer as voorsitter van die raad.

[wysig] Geografie

'n Nagtelike uitsig oor Monaco
'n Nagtelike uitsig oor Monaco

Die Vorstedom van Monaco is na die Vatikaanstad die kleinste onafhanklike staat ter wêreld. Dit lê aan die Mediterreense kus, sowat 18 kilometer oos van Nice en digby die Italiaanse grens. Monaco word andersins deur Frankryk omring. Die vorstedom belaan 'n smal strepie land langs die kus en teen die voet van die Alpe, met 'n kuslyn van meer as 3,2 kilometer. Sy hoogste punt is "Le Rocher" (Die Rots) met 140 meter.

Tot 1959 beslaan Monaco 'n oppervlakte van slegs sowat 150 hektaar. Sedertdien is die grondgebied deur middel van landaanwinning met 40 hektaar vergroot. Monaco word in 10 wyke (quartiers) verdeel:

  1. Monaco-Ville, die hoofstad en ou stad wat op 'n voorgebergte in die Middellandse See lê
  2. La Condamine, die hawegebied
  3. Monte Carlo, die vernaamste woongebied en vakansieoord met die kasino
  4. Fontvieille, 'n nuwe woongebied wat kunsmatig uit die see gewen is, met onder meer die winkelsentrum Carrefour
  5. Moneghetti aan die westelike grens met die Cap d'Ail
  6. Larvotto Terano met sy seeklub, noordoos van Monte Carlo
  7. en Saint-Romain, 'n klein gemeenskap wat aan Larvoto Terano grens
  8. Saint Michel
  9. La Colle
  10. Les Révoires

Die vorstedom staan bekend vir sy natuurskoon en milde, sonnige klimaat. Die gemiddelde laagste temperatuur in Januarie en Februarie is 8°C (47°F), terwyl die gemiddelde hoogste temperatuur in Julie en Augustus tot by 26°C (78°F) styg.

[wysig] Ekonomie

Die Monegasse se lewenstandaard is hoog en vergelyk gunstig met dié van Franse metropolitaanse gebiede.

Een van die vernaamste bronne van inkomste is die toerisme, wat deur die aantreklike klimaat en die kasino bevorder word. Die hawehoof is in 2001 duidelik vergroot om meer kruisvaartskepe te kan akkomodeer. Die vorstedom het sy ekonomie suksesvol gediversifiseer en sowel die dienstesektor asook klein, skoon nywerhede met groot waardetoevoeging uitgebrei.

Uitsig oor Monaco-Ville
Uitsig oor Monaco-Ville

Die jaarlikse begroting beloop tans sowat 1 biljoen Euro. Monaco het sedert 1869 geen inkomstebelasting vir sy inwoners nie, maar wél 'n monopolie oor die posdiens en tabak. Die telefoonnetwerk is vroeër deur die staat beheer. Intussen is 49 persent in die besit van Cable and Wireless, 45 persent van die staat en 6 persent van die Compagnie Monégasque de Banque (Monegaskiese Bankmaatskappy), alhoewel dit nog steeds 'n monopolie is. Monopolies is dalk die opmerklike kenmerk van Monaco se ekonomie; hulle bestaan ook ten opsigte van die televisie-opvangs (antennes word nie toegelaat nie en die plaaslike kabeltelevisie is 'n verpligte diens), gas-, elektrisiteits- en watervoorsiening.

Hôtel de Paris
Hôtel de Paris

Die belangrikste belasting is dié op toegevoegde waarde. Die kasinomaatskappy, wat deur die Société des Bains de Mer (SBM) beheer word en na die Tweede Wêreldoorlog sowat 70 persent van die staat se inkomste oplewer, dra met sy vyf kasino's nou minder as 5 persent by (in die jaar 1949 is dit nog 45 persent). Die kasino's staan alleenlik oop vir buitelandse besoekers, Monegasse mag nie speel nie. Die SBM beheer tans veral gastronomiese ondernemings soos sy vier hotelle (onder meer die luukse hotelle Monte Carlo Beach Hotel en die Hôtel de Paris), meer as twintig restourante en die nagklub Jimmy'z. Die splinternuwe Monte Carlo Bay Hotel & Resort, 'n viersterhotel met elf verdiepings en 335 kamers, is op 1 Oktober 2005 op die skiereiland van die Larvotto ingewy en spog met sy eie strandmeer en chloorvrye water. Daarnaas beskik die SBM oor aansienlike eiendomme. Die staat besit 70 persent van die SBM se aandele, wat op die Paryse effektebeurs gelys is.

Die gebrek aan 'n inkomstebelasting maak Monaco 'n aantreklike woonplek vir Europese welgesteldes, wat die belastingnet in hulle tuislande wil ontwyk (met die merkwaardige uitsondering van Frankryk). Die vorstedom het sodoende die tuiste van sowat 20 000 miljoenêrs geword. Die meeste van hulle is sakelui en verdien hulle inkomste met besighede buite die vorstedom. In die onlangse verlede is daar onthullings oor geldwas-aktiwiteite.

Boubedrywighede in Fontvieille
Boubedrywighede in Fontvieille

Aan die begin van die 21ste eeu vergroot Monaco se tekort op die lopende rekening duidelik. Die regering onder Prins Albert II besef dat die vorstedom sy gewildheid onder veral jong toeriste aansienlik moet vergroot. Monaco begin dus nie net sy beeld as toeristebestemming heeltemaal verander nie, maar het ook 'n grootskaalse beleggingsprogram van stapel gestuur.

Die paleis van Monaco
Die paleis van Monaco

Aangesien die prys vir 'n vliegkaartjie van byvoorbeeld Duitsland na Nice in 2005 tot sowat 25 Euro gedaal het, probeer Monaco nou ook meer jong toeriste met minder koopkrag na die vorstedom te lok.

'n Nuwe stasie is opgerig, en die vorstedom sal in die toekoms 'n deel van Frankryk se TGV-sneltreinspoorwegnet wees. Die aantal bushaltes is tot meer as 140 vergroot.

Teen die jaar 2006 sal die aantal hotelbeddens met 40 persent styg. Die tekort aan goedkoper driesterhotelle word nou verlig deur onder meer 'n nuwe hotel van die Franse Novotel-ketting, wat op die voormalige perseel van Radio Monte Carlo opgerig word.

Monaco is geen lidstaat van die Europese Unie nie, maar deur die monetêre en doeane-unie nou verbind met Frankryk. Volgens 'n monetêre ooreenkoms, wat Monaco met Frankryk as die verteenwoordiger van die Europese Unie gesluit het, mag die vorsetedom sedert Januarie 1999 die Euro as amptelike geldeenheid gebruik. Die vorstedom mag nie self Euro-banknote uitgee nie, tog het Monaco die reg om vanaf 1 Januarie 2002 Euro- en Centstukke met sy eie ontwerpe op die nasionale sy te munt.

[wysig] Demografie

'n Lugfoto van Monaco
'n Lugfoto van Monaco

Met die inlywing van Macau by die Volksrepubliek van Sjina is Monaco tans die digbevolkste land ter wêreld. Monaco vorm saam met die aangrensende en nabygeleë Franse stede soos Menton 'n agglomerasie met meer as 100 000 inwoners.

Die sokkerstadion Stade Louis II
Die sokkerstadion Stade Louis II

Die sowat 7 600 Monegasse is 'n minderheid in hul eie land. Die grootste deel van die woonbevolking is Franse burgers (47 persent), Italianers (16 persent) en Monegasse (16 persent). Die ander 21 persent van Monaco se internasionale bevolking kom uit 125 verskillende lande.

Die ampstaal is Frans, maar daar word ook Monegaskies ('n taal wat van die Genuese dialek afgelei is), Engels en Italiaans gepraat. Monegaskies is 'n verpligte skoolvak in Monaco. 99 persent van die bevolking is geletterd. Die Rooms-Katolieke geloof is Monaco se staatskerk, maar die vryheid van godsiens word in die grondwet erken.

[wysig] Sport

Die vorstedom tree sedert die jaar 1929 as die gasheerstad van die Grand Prix automobile de Monaco Formule Een-motorwedrenne en van die Rallye automobile Monte-Carlo op, alhoewel die laasgenoemde oorwegend in die Franse département Alpes-Maritimes plaasvind.

Monaco beskik ook oor sy eie sokkerklub, die Association sportive de Monaco Football Club (AS Monaco), wat in die Franse Premier-sokkerliga speel.

[wysig] Museums

Die Oseanografiese Museum van Monaco
Die Oseanografiese Museum van Monaco

Die Oseanografiese Museum van Monaco, 'n instelling wat uitgebou is tot wêreldfaam, is in 1910 deur die verligte vors Albert I gestig, wat self in die Franse vloot diens gedoen het. 'n Kort tyd later is Jacques-Yves Cousteau (1910-1997), die bekende Franse vlootoffisier, ontdekkingsreisiger, navorser en ekologis, aangestel as direkteur.

Die museum huisves 'n groot aantal akwariums met seediere soos seesterre, seeperdjies, seeskilpaaie, seekwalle, krappe, kreef, rogvisse, see-egels, seekomkommers, palings, inkvisse en ander spesies, asook 'n groot verskeidenheid voorwerpe soos modelskepe, geraamtes van seediere, werktuie, wapens en ander objekte.

[wysig] Vermaak

Van 21 tot 30 Oktober 2005 vier Monaco sy eerste Oktoberfest volgens die Beiers-Duitse tradisie, met 'n egte Bierzelt langsaan die Casino. Die inheemse Bière de Monaco, Duitse Weißwurst (wit worsies), Weihenstephan- en Hefeweizenbier word tydens die Oktoberfest selfs in die luukse Hôtel de Paris bedien.

Lande in Europa
Albanië | Andorra | Armenië1 | Azerbeidjan1 | België | Bosnië-Herzegowina | Bulgarye | Kroasië | Ciprus2 | Denemarke | Estland | Finland | Frankryk | Duitsland | Georgia1 | Griekeland | Hongarye | Ysland3 | Ierland | Italië | Letland | Liechtenstein | Litaue | Luxemburg | Macedonië | Malta | Moldawië | Monaco | Montenegro | Nederland | Noorweë | Oostenryk | Pole | Portugal | Roemenië | Rusland1 | San Marino | Serwië | Slowakye | Slowenië | Spanje | Swede | Switserland | Tsjeggië | Turkye1 | Oekraïne | Verenigde Koninkryk | Vatikaanstad | Wit Rusland
Afhanklikhede: Akrotiri and Dhekelia2 | Faroëreilande | Gibraltar | Guernsey | Jan Mayen | Jersey | Eiland Man | Svalbard
1. Land deels in Asië. 2. Geografies in Asië , maar gereeld beskou as deel van Europa agv kulturele en historiese oorwegings. 3. Land deels in Noord-Amerika

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu