Montenegro
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
|
|||||
Nasionale leuse: Geen | |||||
Amptelike taal | Serwies of die Ijekavian dialek1 | ||||
Hoofstad | Podgorica 42°47′N 19°28′O |
||||
Grootste stad | Podgorica | ||||
Regering
President
Eerste Minister |
Republiek Filip Vujanović Milo Đukanović |
||||
Onafhanklikheid Verklaar Erken |
Van Serbië en Montenegro 3 Junie 2006 8 Junie 2006 |
||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
14 026 km² (160ste) 0,015% |
||||
Bevolking - Soos op 2004 skatting - Soos op 2003 sensus - Digtheid |
630 548 (164ste) 620 145 44,9/km² (152ste) |
||||
BBP (PPP) - 2005 total - Per capita |
$2.412 biljoen (179ste) $3 800 (119ste) |
||||
Geldeenheid | Euro2 (EUR ) |
||||
Tydsone - Somertyd |
CET (UTC+1) CEST (UTC+2) |
||||
Volkslied | Oj, svijetla majska zoro | ||||
Internet TLD | .yu3 | ||||
Skakelkode | +3814 |
||||
1As sodanig in die grondwet gedefinieer, maar word as omstrede beskou. 2Eensydig aangeneem; Montenegro is nie 'n formele lid van die Eurozone nie 3.yu is 'n oorblyfsel van die voormalige Joego-Slawië. .cs is vir die 'State Unie' gereserveer maar sal waarskynlik in Montenegro in onbruik bly. Die invoer van 'n nuwe land kode TLD gebaseer op watter ISO 3166-1 alpha-2 kode ookal binnekort aan Montenegro toegeken sal word is die waarskynlike uitkoms. 4Gedeel met Serwië; 'n nuwe kode 382 of 383 sal binnekort gebruik word. |
Die Republiek van Montenegro (Serwies: Црна Гора / Crna Gora, uigespreek /'tsr̩naː 'ɡɔra/) is 'n land geleë in suidoos-Europa. Dit het 'n kus aan die Adriatiese See in die suide en begrens Kroasië in die weste, Bosnië en Herzegovina in die noordweste, Serwië in die noordooste en Albanië in die suidooste. Die hoofstad is Podgorica. Dit is 'n voormalige deelrepubliek van Joegoslawië.
Nadat dit van die laat Middel Eeue tot 1918 onafhanklik was, word die land later deel van die verskeie weergawes van Joego-Slawië en die staat-unie van Serwië en Montenegro. Op grond van die uitslag van 'n referendum gehou op 21 Mei 2006 verklaar Montenegro op 3 Junie 2006 onafhanklikheid. Op 28 Junie word Montenegro die 192ste lidland [1] van die Verenigde Nasies.
[wysig] Naam
Montenegro se plaaslike naam, Crna Gora, is vir die eerste keer genoem in 'n charter van Sint Nicholaas Klooster (Vranjina) wat deur die Serwiese Koning Milutin, in 1296 uitgevaardig is en letterlik vertaal kan word na "swart berg", 'n verwysing na die donker woude wat eens op 'n tyd die hange van die Dinariese Alpe bedek het soos van die kus af gesien.[2] Die land se naam in meeste Wes-Europese tale, dui op die anneming van die Venesiese taal term vec|monte negro, wat ook "swart berg beteken," wat waarsnkynlik terug dateer tot die era van die Venesiese heerskappy oor die gebied in die middel eeue. Ander tale, veral die wat nabygeleë is, gebruik hulle eie direkte vertaling van die term, byvoorbeeld Albanies: Sjabloon:Lang, Bulgaars: Черна гора; Roemeens: Sjabloon:Lang, Grieks: Sjabloon:Lang en Turks: Sjabloon:Lang; "swart berge" van verder weg sluit in Russies: Sjabloon:Lang en Sjinees: Sjabloon:Lang (pinyin: "hēishān"[3]).
Lande in Europa |
---|
Albanië | Andorra | Armenië1 | Azerbeidjan1 | België | Bosnië-Herzegowina | Bulgarye | Kroasië | Ciprus2 | Denemarke | Estland | Finland | Frankryk | Duitsland | Georgia1 | Griekeland | Hongarye | Ysland3 | Ierland | Italië | Letland | Liechtenstein | Litaue | Luxemburg | Macedonië | Malta | Moldawië | Monaco | Montenegro | Nederland | Noorweë | Oostenryk | Pole | Portugal | Roemenië | Rusland1 | San Marino | Serwië | Slowakye | Slowenië | Spanje | Swede | Switserland | Tsjeggië | Turkye1 | Oekraïne | Verenigde Koninkryk | Vatikaanstad | Wit Rusland |
Afhanklikhede: Akrotiri and Dhekelia2 | Faroëreilande | Gibraltar | Guernsey | Jan Mayen | Jersey | Eiland Man | Svalbard |
1. Land deels in Asië. 2. Geografies in Asië , maar gereeld beskou as deel van Europa agv kulturele en historiese oorwegings. 3. Land deels in Noord-Amerika |