Formule Een
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Formule Een,dikwels afgekort tot F1 en ook bekend as Grand Prix wedrenne, is die hoogste enkel sitplek (oopwiel) motorwedren klas. Dit is 'n internasionale sport, wat jaarlikse wêreld bestuurders- en vervaardigerskampioenskappe insluit. Menige beskou dit as die toppunt van motorwedrenne; dit is dié duurste sport in die wêreld, met die gemiddelde spanbegrotings in die orde van honderde miljoene VSA dollars. Dit is gebaseer rondom 'n reeks wedrenne (18 in 2004), bekend as grand prix, op pasgemaakte bane of afgebakende strate.
Die sport is tradisioneel in Europa gesentreer, wat ongetwyfeld nog steeds sy leiersmark is, maar wedrenne is ook al gehou in die Amerikas, Afrika, Asië en Australië. Nuwe wedrenne in Barein, Maleisië, Sjina en een wat beplan word in Turkye het die sport se internasionale karakter en beeld verder versterk.
Die sport word beheer deur die FIA, Fédération Internationale de l'Automobile, wat op sy beurt hoofsaaklik bevorder en beheer word deur Bernie Ecclestone.
Inhoud |
[wysig] Geskiedenis
Hoof Artikel: Geskiedenis van Formule Een
Sien Grand Prix motorwedrenne vir die Geskiedenis wat 1950 voorafgaan. Geskiedkundig het die Formule Een reeks ontwikkel uit die voor-oorlogse Europese Grand Prix motorwedrenne van die 1920s en die 1930s. Verskeie Europese wedren organisasies het die reëls neergelê vir 'n Wêreldkampioenskap voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, maar as gevolg van die staking van wedrenne tydens die oorlog, is die bestuurderswêreldkampioenskap eers in 1950 geformaliseer; 'n kampioenskap vir vervaardigers het gevolg in 1958. Nie kampioenskap Formule Een wedrenne is vir baie jare oral oor die wêreld gehou, maar as gevolg van die toenemende kostes en dalende belangstelling is die laaste van hierdie wedrenne in die vroeë 1980s gestaak.
Giuseppe Farina het die eerste Wêreldkampioenskapwedren gewen tydens die 1950 Britse Grand Prix te Silverstone, en het voortgegaan om die eerste Wêreldkampioenskap in sy Alfa Romeo te wen, net 'n kortkoppie voor sy spanmaat Juan Manuel Fangio. Fangio het die titel in 1951 verower; Alberto Ascari het die volgende twee kampioenskappe verower in Ferrari motors, maar Fangio het toe daarna vier opeenvolgende kampioenskappe gewen vanaf 1954 tot en met 1957. Alhoewel Stirling Moss gereeld met hom kon kompeteer, is Fangio egter die persoon wat onthou sal word as die een wat Formule Een se eerste dekade gedomineer het.
Die eerste groot tegnologiese ontwikkeling, Cooper se bekendstelling van middel gemonteerde enjins, het ook in die 1950s geskied; Jack Brabham, die kampioen van 1959 en 1960 het die meerderwaardigheid van die nuwe ontwerp bewys. Dit het spoedig daartoe gelei dat die voorlangs gemonteerde enjin permanent hiermee vervang is.
Die eerste Britse Wêreldkampioen was Mike Hawthorn, wat 'n Ferrari bestuur het om die titel in 1958 te verower; toe Colin Chapman F1 betree het as 'n onderstel ontwerper en later as die stigter van Lotus, het die Britte die veld vir die volgende dekade gedomineer. Tussen Jim Clark, Jackie Stewart, Jack Brabham,Graham Hill en Denny Hulme het Britse spanne twaalf bestuurders- en vervaardigers-wêreldkampioenskappe verower tussen die jare 1962 en 1973.
In 1962 het die Lotus span die Lotus 25 ingeskryf wat 'n aluminium plaat onderstel (bekend as 'n skulpromp) eerder as die tradisionele buis-onderstel gebruik het. Dit het later geblyk om die grootste tegnologiese deurbraak te wees na die bekendstelling van die agterlangs gemonteerde enjins.
In 1968 het Lotus borgskappe aan die sport bekend gestel deur die vorm van 'n Goue Blaar (kenteken van die Imperial Tobacco maatskappy), op hulle motors te laat aanbring. Borgskappe het sedertien by verre die grootste bron van inkomste vir die spanne geword. Sigaret vervaardigers bly tot vandag toe nog 'n groot bron van finansiering vir Formule Een.
Aerodinamiese drukkrag het stadig 'n al hoe groter en belangriker rol in motor ontwerp begin speel vandat die eerste drukvlerk in die laat 1960s ingespan is. In die laat 1970s het Lotus grondeffek aerodinamika bekendgestel wat enorme groot afwaartse drukkrag verskaf het en sodoende die draaisnelhede dramaties verhoog het; maar tot Colin Chapman se misnoë is dit summier verbied in 1983. 'n Suid-Afrikaner Jody Scheckter het in 1979 die kampioenskap in 'n Ferrari verower.
Die 1980s was die era van die turbo-aanjaer motors wat meer as 'n 1000 perdekrag (750 kW) kon ontwikkel. Hierdie motors was en is steeds die kragtigste renbaan wedrenmotors van alle tye, maar om snelhede te beperk is brandstoftenk kapasiteit en aanjaer drukke beperk en uiteindelik is turbo-aanjaers finaal verbied in 1989.
Tydens die vroeë 1990s, het spanne begin om elektroniese bestuurshulpmiddele in te span soos onder andere kragstuur, traksie beheer, en semi-outomatiese ratkaste. Sommige van die ontwikkelings was geleen by die gewone motors van die tyd. Ander innoverings, soos die aktiewe onderstel het primêr op die resiesbaan ontwikkel en het later hulle pad na die vertoonlokale gevind. Die FIA het vanweë klagtes dat tegnologie die uitkoms van die wedrenne bepaal het eerder as die bestuurder se vaardigheid, besluit om baie van die hulpmiddele te verban in 1994.
Williams was die mees suksesvolle span in die vroeë tot middel negentigers met Nigel Mansell, Alain Prost, Damon Hill en Jacques Villeneuve wat kampioenskappe met hulle Renault aangedrewe Williams motors losgeslaan het, behalwe vir Michael Schumacher wat met 'n Benetton twee kampioenskappe in die tydperk losgeslaan het. Toe Williams hulle Renault enjins verloor het in 1998 het McLaren die dominerende span geword en het hulle 'n vervaardigerskampioenskap gewen terwyl hulle voorste bestuurder Mika Hakkinen twee wêreldkampioenskappe gewen het. Michael Schumacher het vanaf 2000 die eerste dekade van die nuwe millenium gedomineer saam met die Ferrari span.
Slegs drie spanne domineer die kampioenskap al vanaf 1984 naamlik McLaren, Williams en Ferrari wat buiten twee, al die motors verskaf het vir die kampioene. 'n Direkte gevolg van die tegnologiese verbeteringe is dat die finansiële las soveel groter geword het en is dit bykans onmoontlik vir die kleiner onafhanklike spanne om kompeterend te wees en om finansieël lewensvatbaar te bly. Verskeie spanne (onder andere Prost en Arrows) moes al om die rede aan die kompetisie ontrek.
Vanaf 2004 is daar nog tien spanne op die lys, en al maak spanne selde ingligting oor hulle begrotings bekend word dit geraam in die honderde miljoene VS dollar.
[wysig] Die Motors

Hoof Artikel: Formule Een motors
Moderne F1 motors is enkel sitplek, oop kajuit, oop wiel renmotors. Hulle moet deur die spanne self vervaardig word en deur 'n 3.0 liter, tien silinder natuurlik geaspireerde enjins aangedryf word. Die beste enjins se kraglewering word hier om en by 900 perdekrag gereken by 19000 opm. Ratkaste is hoofsaaklik 7-spoed en semi-outomaties (d.w.s. die drywer moet die ratverandering sein aktiveer, die koppelaar, versnellerbeheer en verandering van die rat word alles egter elektronies beheer);
Die motors steun swaar op aerodinamika met die gebruik van groot voor en agter drukvlerke om ongeveer twee keer soveel drukkrag te skep as wat die motor weeg; dus kan 'n F1 motor teoreties maklik onderstebo of teen 'n steil helling ry. Die motors word van ultra liggewig koolstofvesel vervaardig en gebruik 'n uiters fyn verstelde brandstofmengsel wat baie soortgelyk is aan gewone petrol. Gegroefde bande vervaardig uit doelgemaakte verbindings om maksimum klouvermoë te gee en 'n baie kort leeftyd het, word gebruik.
[wysig] Wedrenne en Strategie
Hoof Artikel: Formula Een Wedren
'n Formule Een grand prix vind oor die tydperk van 'n naweek plaas en begin met vrye oefeninge op die Vrydag. Twee kwalifiserende rondtes vind plaas op die Saterdag, waartydens elke bestuurder aan 'n "Vlieënde Ronde" tydtoets op 'n leë baan onderwerp word. Die eerste ronde bepaal die volgorde waarvolgens die renjaers die tweede en finale sessie sal aandurf (Dit is dikwels voordelig om laaste te gaan aangesien die baan geneig is om vinniger te wees soos rubber neergelê word en daar is natuurlik ook die voordeel dat die mikpunt bekend is). Die tweede rondte bepaal dan die wegspring volgorde op die baan. Die reëls vir die 2004 seisoen bepaal verder dat die span nie aan die motor (insluitende brandstofvlakke) mag verstel na die voltooiïng van die finale kwalifiserende rondte en die aanvang van die wedren op die Sondag nie (Parc Fermè).
Elke span kan twee inskrywings doen en al was dit algemeen in die vroeë verlede vir motors om nie te kwalifiseer nie, is die kostes en risikos vir die spanne te hoog en word kwalifisering nie meer gebruik om te bepaal of die motor mag deelneem al dan nie.
Die wedren begin met 'n opwarm rondte ("parade lap") waarna die motors agter die wegspringblokke oplyn in die volgorde waar hulle gekwalifiseer het. 'n Stelsel van ligte bo oor die baan word gebruik om die wegspring te beheer. Wedrenafstande is so om en by 300 kilometer en die wedren se tydsduur word beperk tot twee ure.
Punte word toegeken aan die top agt renjaers in elke resies en aan hul onderskeie spanne. Die wenner van die jaarlike kampioenskap is die bestuurder (of dan die span in geval van die vervaardigerskampioenskap) met die meeste punte teen die einde van die seisoen.
[wysig] Renjaers en vervaardigers
Sien Lys van Formule Een vervaardigers vir 'n volledige lys van die spanne. Sien Lys van Formule Een renjaers vir 'n lys van renjaers wat al aan Formula Een deelgeneem het. Sien Lys van Formule Een Kompioene vir 'n volledige lys kampioene.
'n Uitstaande kenmerk van Formule Een is dat die spanne self die motors bou waarin hulle deelneem, anders as die "spesifikasie reekse" soos die Indy Racing League en Nascar reekse in die VSA. Gevolglik is die terme span en vervaardiger uitruilbaar. F1 se 1950 intreeseisoen het agtien spanne gelok om deel te neem, maar vanweë die stygendo kostes het baie vinnig uitgetree.
Ferrari is die enigste span uit die 1950 inskrywings wat nog steeds deelneem en in 2004 is daar slegs tien spanne, elk met twee inskrywings, oor op die inskrywingslys.
Die Duitse renjaer Michael Schumacher hou tans nog die rekord vir die meeste bestuurderskampioenskappe ooit gewen (Sewe) en Ferrari hou nog die rekord vir die meeste vervaardigerskampioenskappe (Veertien). Jochen Rindt is die enigste renjaer aan wie die kampioenskap na sy dood toegeken is.
Daar word aan elke kar 'n nommer toegeken. Die vorige jaar se Wêreld bestuurderskampioen kry die nommer 1, en sy spanmaat die nommer 2. Die ander spanne se nommers word dan toegekan na aanleiding van hulle posisie in die voorafgaande jaar se vervaardigerskampioenskap. Die nommer 13 word al sedert 1974 nie meer gebruik nie.
[wysig] Grands Prix
Sien Lys van Formule Een Grand Prixs vir 'n volledige lys van Kampioenskap wedrenne.
Die aantal Grand Prixs wat in 'n seisoen plaasvind het oor die jare gevarieer. Slegs sewe wedrenne het in die eerste 1950 seisoen plaasgevind; oor die jare het die kalender meer as verdubbel in grootte. Die aantal wedrenne na 1980 het min of meer konstant gebly rondom sestien tot sewentien, met die grootste aantal wedrenne in 2004 (agtien).
Ses van die oorspronklike sewe wedrenne het in Europa plaasgevind met die enigste nie-Europese wedren in Amerika Indianapolis 500, wat ondanks die poging om Amerikaanse deelnemers te lok, nie 'n sukses was nie. Die F1 kampioenskap het stadig uitgebrei na ander nie-Europese lande. Argentinië was die eerste Suid-Amerikaanse Grand Prix gasheer in 1953 en Morokko het die eerste Afrika Grand Prix aangebied in 1958. Asië (Japan, 1976) en Oseanië (Australië, 1985) het later ook gevolg. Die huidige agtien wedrenne is versprei oor die kontinente van Europa, Asië, Australië, Noord-Amerika en Suid-Amerika.
Tradisioneel bied elke nasie slegs 'n enkele grand prix aan wat dan die naam van die land dra. As 'n land egter meer as een wedren aanbied word daar ander name aan die wedrenne toegeken. Duitsland, Spanje en Brittanje het almal al voorheen twee wedrenne aangebied wat dan bekend gestaan het as die Europese Grand Prix.
Die grand prixs waarvan sommige 'n langer geskiedenis het as die Formule Een Wêreldkampioenskap word nie altyd elke jaar by die selfde baan gehou nie. Die Britse Grand Prix, het byvoorbeeld gewissel tussen Brands Hatch en Silverstone tussen 1963 en 1986. Die enigste wedren wat in al die kampioeskapseisoene se kalenders voorkom is die Italiaanse Grand Prix wat elke keer op Monza plaasgevind het behalwe in 1980 toe dit in Imola plaasgevind het. (In 2004 staan die Imola wedren as die San Marino grand prix bekend)
[wysig] Renbane
Sien Lys van Formule Een renbane vir 'n lys van renbane wat gebruik is. Die meeste renbane in gebruik vandag is spesifiek vir die kompetiese gebou. Die enigste suiwer straat renbaan is die Circuit de Monaco wat vir die Monaco Grand Prix gebruik word. Van die ander bane is ook geheel of gedeeltelik op publieke paaie uitgelê, soos byvoorbeeld die bane van Spa-Francorchamps of Montréal. Die glansrykheid van die Monaco GP bly een van die belangrikste redes waarom die baan steeds in gebruik is al voldoen die baan streng gesproke nie aan die veiligheidsvereistes wat op ander bane van toepassing gemaak word nie. Die voormalige wêreldkampioen Nelson Piquet het in sy bekende kommentaar gesê dat om in Monaco te jaag dieselfde is as om met 'n helikopter in jou sitkamer rond te vlieg.
Na die dood van Ayrton Senna en Roland Ratzenberger gedurende die 1994 seisoen het die FIA hoër veiligheidstandaarde vereis; moderne Formula Een bane bevat afloopareas en bandversperrings om die gevaar van beserings tydens ongelukke te voorkom.
'n Tipiese baan bevat normaalweg 'n strook reguit pad waar die wenstreep en wegspringblokke is. Die kuipe waar die bestuurders stop vir brandstof en om bande te ruil gedurende die wedren en waar die spanne aan die motors werk voor die aanvang van die resies, is normaalweg reg langs die wegspringblokke. Die uitleg van die bane varieer baie. Van die draai op die bane het al groot bekendheid verwerf soos die hoë-snelheid Eau Rouge by Spa-Francorchamps.
[wysig] Mense
Hoof Artikel: Lys van mense betrokke by Formule Een Formule Een is al die sepie van die sportwêreld genoem: Die eksotiese plekke, groot hoeveelhede geld en bekende gesigte betrokke by die "F1 sirkus" verleen aan die sport 'n aura van glans wat afwesig is by baie ander sportsoorte. Onder die bekendste name in F1 geskiedenis is:
- Bernie Ecclestone, die biljoenêr, president van Formule Een bestuur en bekend as die "F1 Supremo".
- Max Mosley, president van die Fédération Internationale de l'Automobile
- Jean Marie Balestre, voormalige president van die Fédération Internationale de l'Automobile
- Jean Todt, Ferrari se spanhoof;Flavio Briatore, Renault spanhoof; David Richards, BAR spanhoof.
- Sir Frank Williams en Ron Dennis, respektiewelik die eienaars van die Williams and McLaren spanne.
- Peter Sauber, Eddie Jordan en Paul Stoddart, respektiewelik die eienaars van Sauber, Jordan en Minardi
- Fernando Alonso, 2005 wêreldkampioen, wat 2002 to 2006 vir Renault gery het.
- Michael Schumacher, sewe keer wêreldkampioen en die mees suksesvolste F1 renjaer in die geskiedenis asook die hoogs betaaldste sportman op die planeet.
- Juan Manuel Fangio, voormalige renjaer en vyf keer Wereldkampioen.
- Ayrton Senna, Voormalige renjaer en drie keer Wêreldkampioen; Brasiliaanse nasionale held wat gesterf het na 'n hoë spoed ongeluk by Imola in 1994. Dikwels word na hom verwys as die "Late great Ayrton Senna".
- Niki Lauda, Alain Prost en Jackie Stewart, Wereldkampioene.
- Stirling Moss, voormalige renjaer en algemeen beskou as die beste renjaer wat nooit die wêreldkampioenskap gewen het nie.
- Colin Chapman, Lotus stigter; het 'n revolusie in renmotor ontwerp ontketen; gesterf te midde van die DeLorean skandaal.
- ITV F1 kommentators Murray Walker en Martin Brundle, baie bekend vir hulle geesdriftige kommentaar en bekende flaters.
[wysig] Eksterne skakels
- Formula1.com — Amptelike webwerf; kalender, statistieke, volledige uitslae van wedrenne sedert 1950, lewendige tydhou tydens GPs en nuus
- Huidige reëls op die webwerf
- GrandPrix.com — F1 nuus en 'n Grand Prix Ensiklopedie.
- Fun-1 — Daaglikse satiriese kommentaar oor Formule Een nuus.
- ITV.com/f1 — Nuus fotos en kommentaar van ITV, F1 se Britse kommentators; ook van Matt Bishop en F1 Racing tydskrif.
- Formule 1: La Toile de la F1