Melk
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Melk is 'n voedsame vloeistof wat vervaardig word deur vroulike soogdiere wat 'n kleintjie gebaar het. Dit verskaf die primêre bron van voeding vir pasgeborenes voordat hulle 'n groter verskeidenheid kos kan verteer. Dit word ook verwerk om verskeie suiwelprodukte te maak soos room, botter, kaas, jogurt, roomys, kondensmelk, en vele ander voedsel- en industriële produkte.
Die melk wat deur mense geproduseer word, is moedersmelk. Babas ontvang moedersmelk deur borsvoeding, óf direk, óf deurdat die ma dit berg om die baba later te voed. In die voedselindustrie word hoofsaaklik koeimelk gebruik vir die produksie van produkte. Bokmelk, skaapmelk en ander diere se melk word egter ook soms gebruik.
[wysig] Eksterne skakels
- Milking in the early days (Engels)
- Vooruitgang in melkverwerking (Engels)
- Year-round grazing of dairy cows in the United States (Engels)
- Boning Up on Osteoporosis (Engels)
- Perdemelk (Engels)
- Harvard School of Public Health: Calcium and Milk: beskryf die bewerings van melkondersteuners en -kritici (Engels)
- Sojamelk (Nederlands)
- Meer oor melk (Nederlands)
- Oor die nadele en mites van melk (Nederlands)
Kategorieë: Drank | Melk | Suiwel