Eritrea
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Inhoud |
[wysig] Aardrykskunde
Oppervlakte: totaal: 121 320 vk km. land: 121 320 vk km. water: 0 vk km. Klimaat: warm, droë woestynstrook langs Rooi See-kus; koeler en natter in die sentrale hoogland (tot 61 cm reënval jaarliks); semidor in westelike heuwels en laagland; reënval swaarste gedurende Junie-September, behalwe in kuswoestyn. Terrein: oorheers deur uitbreiding van die Ethiopiese noordsuid-neigende hoogland, daal in ooste tot 'n kuswoestynvlakte, in die noordeweste tot heuwelagtige terrein en in die suidweste tot plat tot golwende vlaktes. Natuurlike hulpbronne: goud, potas, sink, koper, sout, moontlik olie en aardgas, vis.
[wysig] Mense
Bevolking: 4,447,307 (Julie 2004-skatting). Nasionaliteit: naamwoord: Eritrees (-ese). byvoeglik: Eritrees. Etniese groepe: etniese Tigrinië 50%, Tigre 30%, Kunama 10%, Afar 4%, Saho (Rooi See-kusbewoners) 3%, ander 3%. Godsdienste: Moslem, Koptiese Christen, Rooms-Katoliek, Protestants. Tale: Afar, Arabies, Tigre, Kunama, Tigrinya, ander Kusjitiese tale.
[wysig] Regering
Landnaam: konvensionele lang vorm: Staat van Eritrea. konvensionele kort vorm: Eritrea. Regeringsoort: oorgangsregering. nota: ná 'n geslaagde referendum oor onafhanklikheid vir die Outonome Gebied van Eritrea op 23-25 April 1993, is 'n nasionale vergadering wat heeltemal bestaan het uit die Volksfront vir Demokrasie en Justisie of PFDJ, gestig as 'n oorgangswetgewer; 'n konstitusionele kommissie is ook gestig om 'n grondwet te skryf; ISAIAS Afworki is tot president verkies deur die oorgangswetgewer; die grondwet, wat in Augustus 1997 bekragtig is, het nie in werking getree nie hangende parlementêre en presidensiële verkiesings; parlemenêre verkiesings was veronderstel om op Dsember 2001 plaas te neem, maar dié verkiesings is onbepaald uitgestel ná die begin van die grenskonflik met Ethiopië. Op die oomblik is The People's Front for Democracy and Justice (PFDJ) die enigste wetlike party. Hoofstad: Asmara (voorheen Asmera). Onafhanklik: 23-25 April 1993 is 'n referendum gehou ten gunste van onafhanklikheid; 24 Mei 1993 (van Ethiopië; voorheen die Eritrea Outonome Gebied). Grondwet: die oorgangsgrondwet, afgekondig op 19 Mei 1993, is vervang deur 'n nuwe grondwet, wat aanvaar is op 23 Mei 1997, maar word nog nie toegepas nie. Regstelsel: funksioneer op die grondslag van oorgangswette wat insluit voor onafhanklikheid-verordenings van die Eritrese Bevrydingsvolksfront, gewysigde Ethiopiese wette, gewoontereg en postonafhanklikheidswette.
[wysig] Ekonomie
BBP: koopkragpariteit - $3.3-miljard (2002-skatting). BBP - per kop: koopkragpariteit - $700 (2002-skatting). Nywerhede: voedselverwerking, drinkgoed, klere en tekstielstof. Geldeenheid: 1 Eritrese nafka = 100 sent.
|
||
---|---|---|
Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Mauritanië | Mauritius | Marokko | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Principe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Wes-Sahara | Zambië | Zimbabwe |
||
Afhanklike gebiede: Brits: Britse Indiese Oseaan Gebied - Sint Helena en afhanklikhede| Portugees: Madeiraeilande |
Spaans: Kanariese-eilande - Ceuta en Melilla | Frans: Mayotte - Réunion |