Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/November
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Sjabloon:UitgesoekteHerdenkingsNovember
1 November: Onafhanklikheidsdag in Antigua en Barbuda (1981), Allerheiliges in Katolisisme, Dag van die Dooies in Meksiko
- 1512 - Die plafon van die Sistynse Kapel in die Vatikaan word in fresco oorgeverf deur Michelangelo Buonarroti.
- 1521 - Die Straat van Magellaan, die seestraat net suid van die Suid-Amerikaanse vasteland wat die Stille- en die Atlantiese Oseane met mekaar verbind, word vir die eerste keer deur Ferdinand Magellaan deurvaar.
- 1755 - Lissabon word vernietig deur 'n aardbewing en tsoenami, met tussen sestig en negentig duisend sterfgevalle tot gevolg.
- 1954 - Die "Front de Libération Nationale" begin die Algerynse Onafhanklikheidsoorlog teen Franse heerskappy, met guerrilla-aanvalle in verskeie dele van Algerië.
- 1963 - Die Arecibo-observatorium, met die wêreld se grootste radioteleskoop, word amptelik in gebruik geneem in Arecibo, Puerto Rico.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
2 November: Alle Sieledag in Katolisisme;
- 1917 - Die Balfour verklaring verklaar Britse ondersteuning vir Joodse nedersettings in Palestina.
- 1936 - BBC Televisiediens, die oudste televisiestasie in die wêreld word geopen.
- 1947 - Howard Hughes vlieg Spruce Goose, die grootste flying boat ooit, op sy nooiensvlug in Long Beach, California.
- 1986 – Amerikaanse gyselaar David Jacobsen word na 17 maande se aanhouding deur Moslem fundamentaliste in Beiroet vrygelaat.
- 1995 – Apartheid: Suid-Afrika se gewese minister van verdediging Generaal Magnus Malan en tien ander weermag offisiere word in hegtenis geneem en van moord op 13 swart mense in 1987 aangekla.
- 2000 - Die eerste bemanning kom by die Internasionale Ruimtestasie aan.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
3 November: Onafhanklikheidsdag in Panama (1903), Dominica (1978) en die Federale State van Mikronesië (1986)
- 1793 - Franse dramaturg, joernalis en uitgesproke feminis Olympe de Gouges word per guillotine tereggestel vir haar revolusionêre idees.
- 1838 - The Times of India, Engelse dagblad met die grootste verspreiding ter wêreld word gestig.
- 1848 - 'n Nuwe grondwet van die Nederlande deur Johan Rudolf Thorbecke opgestel, wat die maget van die Nederlandse koningshuis strek in perk word uitgevaardig.
- 1957 - Die Spoetnik 2 ruimtetuig word met Laika die Russiese ruimte-hond, gelanseer. Laika word die eerste lewende wese in 'n wentelbaan om die aarde.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1795 - Die Colonie van Swellendam aanvaar Britse heerskappy onmiddelik na Britse besetting van die Kaap, drie maande na die VOC-magistraat A.A. Faure uitgeskop is en onafhanklikheid verklaar is.
- 1852 - Graaf Cavour word die Eerste Minister van Piëmont-Sardinië, wat binnekort sou uitbrei om die Koninkryk van Italië te word.
- 1956 - Sowjettroepe val Hongarye in om die Hongaarse Opstand te onderdruk met duisend sterf gevalle tot gevolg. Byna 'n kwart miljoen mense vlug uit die land.
- 1979 - Iraanse radikales neem beheer oor van die VSA-ambassade in Teheran en hou die inwoners vir 444 dae gyselaar.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
5 November: Guy Fawkesnag in die Verenigde Koninkryk (1605), Allerheiligedag in Swede (2005).
- 1688 - Protestantse prins Willem van Oranje land by Brixham in Devon, onderweg om sy skoonvader koning Jakobus II, die laaste Katolieke monarg van Engeland, af te set.
- 1837 - Piet Retief lê sy eerste besoek aan Dingaan af by Mgungundhlovo.
- 1872 - Suffragette Susan B. Anthony stem vir die eerste keer in die Amerikaanse presidensiële verkiesing. Sy is later $100 beboet vir haar deelname.
- 1935 - Die bordspel Monopoly word bekendgestel.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
6 November: Grondwetdag in die Dominikaanse-Republiek (1844) en Tajikistan (1994); Gustavus Adolphus Dag in Swede; Vlagdag in Finland.
- 1860 - Abraham Lincoln word die eerste republikeinse kandidaat om die VSA presidensiële verkiesing te wen.
- 1962 - Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies neem Resolusie 1761 aan wat Suid-Afrika se Apartheidsbeleid veroordeel.
- 1900 - Tweede Vryheidsoorlog: Generaal de Wet word by Bothaville verslaan. De Wet en President Steyn ontsnap egter en die Britte verloor Luitenant-Kolonel P.W.J Gallais.
- 1963 - Duong Van Minh neem amptelik beheer van die regering van Suid-Viëtnam oor, 'n paar dae ná die sluipmoord op President Ngo Dinh Diem.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1917 - Bolsjevistiese leier Vladimir Lenin lei 'n staatsgreep teen die Russiese tussentydse regering van Alexander Kerensky en begin daarmee die Oktober Revolusie.
- 1962 - In Suid-Afrika word Nelson Mandela skuldig bevind en tot 5 jaar tronkstraf gevonnis op aanklagtes van "aanhitsing" en verlaat van die land sonder geldige reisdokumente.
- 1987 - Zine El Abidine Ben Ali sit Habib Bourguiba af om President van Tunisië te word.
- 1996 - NASA lanseer die Mars Global Surveyor.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1519 - Hernán Cortés bereik Tenochtitlán waar Aztec heerser Moctezuma II hom met prag en praal soos wat betaamlik sou wees vir 'n treugkerende god.
- 1793 - In Parys, word die Louvre deur die Franse Revolusionêre regering as 'n museum vir gebruik deur die publiek geopen.
- 1895 - Wilhelm Röntgen ontdek x-strale.
- 1923 - Adolf Hitler, Erich Ludendorff en ander lede van die Kampfbund begin die Biersaalputsch, in 'n poging om beheer oor te neem in Duitsland.
- 1953 - Johannes van Melle, Nederlands gebore Afrikaanse skrywer van onder meer Bart Nel sterf.
- 2002 - Die VN-Sekuriteitsraad neem Resolusie 1441 aan, wat Irak dwing om te ontwapen of ernstige gevolge in die gesig te staar.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
9 November: Onafhanklikheidsdag in Kambodja (1953); Schicksalstag in Duitsland.
- 1799 - Die staatsgreep van 18 Brumaire gelei deur Emmanuel Joseph Sieyès en Napoléon Bonaparte sit die Franse regering af.
- 1872 - Die Groot Bostonvuur van 1872 begin en vernietig uiteindelik meer as 700 geboue in Boston, Massachusetts in die VSA.
- 1907 - Die Cullinandiamand word op sy verjaarsdag aan Koning Edward VII aangebied.
- 1938 - Kristallnacht, die eerste grootskaalse voorval van fisiese anti-Joodse geweld in Nazi Duitsland, begin.
- 1989 - Die Berlynse Muur val wat die einde van die Koue Oorlog en die naderende ineenstorting van die Warskouverdrag en die begin van die einde van Sowjet kommunisme simboliseer.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1871 - Henry Morton Stanley groet die vermiste sendeling en ontdekkingsreisiger, David Livingstone in Ujiji, naby Tanganjikameer in die hedendaagse Tanzanië met die beroemde woorde: "Dr. Livingstone, I presume?".
- 1928 - Hirohito word gekroon as 124ste keiser van Japan.
- 1995 - Toneelskrywer en omgewingsaktivis Ken Saro-Wiwa, en agt ander van die Beweging vir die Oorlewing van die Ogoni Mense, word in Nigerië tereggestel.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
11 November: Onafhanklikheidsdag in Pole (1918) en Angola (1975); Sint-Maarten se Dag in Nederland; Remembrance Day in die Statebond, Wapenstilstandsdag in Frankryk en ander Europese lande en Veteranedag die VSA.
- 1675 - Gottfried Leibniz demonstreer integraalrekening vir die eerste keer deur die oppervlak onder die grafiek van 'n funksie y = f(x) deur anti-afgeleides te bepaal.
- 1930 - 'n Patent word toegeken aan Albert Einstein en Leó Szilárd vir hulle uitvinding, die Einstein-yskas.
- 1965 - Ian Smith, Eerste Minister van die Britse kroonkolonie van Suid-Rhodesië, vaardig 'n eensydige onafhankliheidsverklaring uit.
- 1975 - Angola verkry onafhanklikheid van Portugal na byna 500 jaar se koloniale heerskappy.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1927 - Leon Trotsky word uit die Kommunistiese Party verban wat aan Joseph Stalin onbestwiste beheer van die Sowjetunie verleen.
- 1936 - In Kalifornië, open die San Francisco-Oaklandbaaibrug vir verkeer.
- 1991 - Indonesiese magte vuur op studentebetogers in die Dílislagting.
- 2001 - Taliban magte verlaat Kaboel, die hoofstad van Afghanistan, voor naderende troepe van die Noordelike Alliansie.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1887 - Bloody Sunday konflik in Trafalgar Square
- 1970 - 'n tropiese sikloon van oor die 160 km/h tref die digbevolkte Ganges Delta-gebied van Oos-Pakistan (nou Bangladesh), met na raming 500 000 sterftes tot gevolg (dit word beskou as die 20ste eeu se ergste sikloonramp).
- 1985 - Die vulkaan Nevado del Ruiz bars uit en veroorsaak 'n lahar (vulkansiese moddervloed) wat Armero, Kolombië begrawe en ongveer 23 000 mense dood.
- 1990 - Sover bekend word die eerste webbladsy geskryf. [1]
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1940 - Tweede Wêreldoorlog: Coventry word swaar gebom 'n aanval deur 500 bomwerpers van die Luftwaffe.
- 1971 - Mariner 9 bereik Mars en word die eerste ruimtetuig om rondom 'n ander planeet te wentel.
- 1989 - Sam Nujoma word president van Namibië met SWAPO wat 'n 57% meerderheid behaal in die eerste volledig demokratiese verkiesing in dié land.
- 1990 - Die Federale Republiek van Duitsland wysig die land se grondwet om die Poolse grens by Oder-Neisse line te bevestig.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
15 November: Republiekdag in Brasilië (1889); Shichigosan in Japan.
- 655 - Oswiu van Northumbria verslaan en maak Penda van Mercia dood by die Slag van Winwaed in Middeleeuse Brittanje.
- 1889 - Deodoro da Fonseca werp Keiser Pedro II omver om die eerste President van die Eerste Republiek van Brasilië te word.
- 1920 - Die eerste algemene vergadering van die Volkebond word in Genève, Switserland gehou.
- 1971 - Intel stel die wêreld se eerste mikroverwerker, die 4004 vry.
- 2002 - Hu Jintao word algemene Sekretaris van die Kommunistiese Party van Sjina.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1532 - Francisco Pizarro en sy manne vang Inka keiser Atahualpa en sy adellikes.
- 1885 – Kanadese rebelle leier van die Métis en "Vader van Manitoba", Louis Riel, word tereggestel op aanklag van hoogverraad.
- 2001 – Die eerste Harry Potter film, Harry Potter and the Philosopher's Stone, word vrygestel en word die tweede grootste film in terme van omset in die wêreld ooit.
- 2002 – Die sover bekend eerste uitbraak van Ernstige akute respiratoriese sindroom (Engels: SARS) begin in die Guangdong provinsie van Sjina.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
17 November: Die meteorereën van die Leoniede bereik 'n hoogtepunt.
- 1558 - Elizabeth I bestyg die Engelse Troon.
- 1869 - Die Suezkanaal wat die Middellandse See met die Rooi See verbind word met 'n opgesmukte seremonie ingehuldig.
- 1969 - Die SALT I samesprekings tussen die Sowjetunie en die VSA begin in Helsinki.
- 1970 - Douglas Engelbart ontvang die patent vir die eerste rekenaarmuis.
- 1989 - Die Fluweelrevolusie in Tjeggoslowakye begin.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
18 November: Onafhanklikheidsdag in Letland (1918), Nasionale Dag in Oman (1940)
- 1307 – Volgens oorlewering skiet Wilhelm Tell, 'n legnedariese boogskut in Switzerland, 'n appel op die kop van sy seun met 'n enkele pyl van sy kruisboog.
- 1901 - Tweede Vryheidsoorlog: Die Britse regering publiseer 'n witskrif wat die nodigheid van konsentrasiekampe in Suid-Afrika uiteen sit.
- 1905 - Prins Karel van Denemarke word Haakon VII, die eerste koning van Noorweë nadat die persoolike unie van Swede-Noorweë ontbind is.
- 1959 - Die eerste vertoning van die film Ben-Hur, vind plaas in New York Stad.
- 1978 - Jim Jones lei meer as 900 lede van die People's Temple tot 'n massamoord/selfmoord in Jonestown, Guyana.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1493 - Christopher Columbus word die eerste Europeër om op Puerto Rico, 'n eiland wat hy San Juan Bautista noem, te land.
- 1794 - Die VSA en die Koninkryk van Groot Brittanje sluit die Jay Verdrag.
- 1863 - VSA-President Abraham Lincoln voer die Gettysburg Rede.
- 1942 - Sowjet magte onder Generaal Georgy Zhukov begin Operasie Uranus - die omsingeling by die Slag van Stalingrad - wat 'n ommekeer bring aan die verloop van die slag in die guns van die Sowjetunie.
- 1977 – Egiptiese President Anwar Sadat word die eerste Arabiese leier om Israel amptelik te besoek; hy vergader met Eerste Minister Menachem Begin en gee 'n toespraak voor die Knesset.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
20 November: Herdenking van die Rewolusie in Meksiko (1910), Zumbi Dag (1978).
- 1700 – By die Slag van Narva verslaan Koning Karl XII van Swede die leër van Tsaar Pieter die Grote.
- 1789 - New Jersey word die eerste VSA-staat om die Handves van Menseregte te bekragtig.
- 1969 - Viëtnamoorlog: Die Cleveland Plain Dealer publiseer eksplisiete foto's van dooie burgerlikes van die My Lai-menseslagting in Viëtnam.
- 1975 - Spanje: Spaanse diktator Francisco Franco sterf in Madrid op 77, nadat hy Spanje vir 39 jaar regeer het.
- 1999 - Die Volksrepubliek van Sjina lanseer sy eerste Shenzhou ruimtetuig.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1783 - Jean-François Pilâtre de Rozier en François Laurent voer die eerste ongeankerde warmlugballonvlug uit.
- 1877 - Thomas Edison kondig sy uitvinding van die Fonograaf aan.
- 1969 - Die eerste ARPANET, 'n voorloper van die Internet, verbinding word daar gestel.
- 1985 - Apartheid: Dertien mense sterf in Mamelodi toe die polisie gasgrenate uit 'n helikopter laat val en op die skare wat teen verhoogde huur betoog, vuur.
- 2002 - NAVO nooi Bulgarye, Estland, Letland, Litaue, Roemenië, Slowakye en Slowenië om lede te word.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1718 – Langs die kus van Noord-Carolina, sterf die Engelse seerower Edward Teach (beter bekend as Blackbeard) in 'n seeslag met die Britse skip HMS Pearl.
- 1963 - In Dallas, Texas, sterf VSA-President John F. Kennedy in 'n sluipmoordaanval, en word Vise-President Lyndon B. Johnson ingesweer as die 36ste President van die VSA.
- 1975 - Juan Carlos word tot Koning van Spanje verklaar na die afsterwe van Francisco Franco.
- 1986 - Mike Tyson word die jongste wêreld-swaargewigbokskampioen.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1644 - Areopagitica, 'n toespraak aan die parlement teen sensuur, word deur John Milton uitgegee.
- 1869 - In Dumbarton in Skotland word die skip Cutty Sark te water gelaat.
- 1890 - Koning Willem III van Nederland sterf sonder 'n manlike opvolger en 'n spesiale wet word aangeneem om sy dogter Prinses Wilhelmina in staat te stel om Koningin te word.
- 1971 - Die Volksrepubliek van Sjina word 'n permanente lid van die Verenigde Nasies Sekuriteitsraad.
- 1988 - Suid-Afrika se President PW Botha begenadig die Sharpeville Ses wat tot dood veroordeel is vir hulle beweerde aandeel in die dood van onderburgemeester van Sharpeville, Kuzwayo Jacob Dlamini in September 1984.
- 2003 - Georgië se president Eduard Shevardnadze bedank na weke se massabetogings oor gebrekkige verkiesings.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1642 - Abel Tasman lei die eerste Europese ontdekkingstog om Tasmanië te bereik.
- 1859 - The Origin of Species deur Britse natuurnavorser Charles Darwin word vir die eerste keer gepubliseer. Die eerste druk verkoop onmiddelik uit.
- 1904 - Die eerste suksesvolle kruiptrekkerspoor word gemaak.
- 1963 - Vermeende sluipmoordenaar Lee Harvey Oswald word nootlottig gewond toe Jack Ruby hom in Dallas, Texas op regstreekse televisieuitsending skiet.
- 1998 - In wat later as deel van die Internetlugbel beskou is, kondig America Online aan dat dit Netscape Communications in 'n aandele-vir-aandele transaksie van VSA $4.2 miljard gaan aankoop.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
25 November: Onafhanklikheidsdag in Suriname (1975)
- 1034 - Malcolm II van Skotland sterf. Duncan, die seun van sy tweede dogter, in plaas van Macbeth, die seun van sy oudste dogter, volg die troon op.
- 1984 - Band Aid: 36 gewilde popmusikante uit Brittanje en Ierland kom by 'n ateljee in Notting Hill bymekaar om die liedjie Do They Know It's Christmas op te neem vir 'n fondsinsameling ter verligting van hongersnood in Ethiopië.
- 1992 - Fluweelegskeiding: Wetgewers in Tsjeggoslowakye stem om hulle land in die Tsjeggiese Republiek en Slowakye te verdeel met ingang 1 Januarie, 1993.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1778 - In die Hawaii Eilande word kaptein James Cook die eerste Europeër om Maui te ontdek.
- 1922 - Howard Carter en Lord Carnarvon word die eerste mense in meer as 3000 jaar om die graf van Egiptiese Koning Tutankhamun te betree.
- 1950 – Slag van Chosindam: Sjinese magte gaan Noord-Korea binne en begin 'n massiewe teenaanval teen Suid-Koreaanse en VSA magte wat 'n einde bring aan alle hoop op 'n spoedige einde aan die Koreaanse Oorlog.
- 1975 - Die Afrikaanse digter Breyten Breytenbach word in die Pretoriase Hooggeregshof gevonnis tot nege jaar gevangenisstraf nadat hy skuldig pleit op aanklagte dat hy 'n nuwe organisasie wou begin wat bedoel was om die blanke vleuel van die ANC te wees.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1095 – By die Konsilie van Clermont, maak Pous Urban II 'n beroep vir die eerste kruistog.
- 1978 - San Francisco se burgemeester George Moscone en openlik gay toesighouer Harvey Milk sterf in 'n sluipmoordaanval deur toesighouer Dan White.
- 1990 - Die Britse Konserwatiewe Party kies John Major as leier wat daartoe lei dat hy Margaret Thatcher opvolg as Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk.
- 2001 - 'n Planeet met 'n Waterstof-atmosfeer word deur die Hubble Ruimteteleskoop op die buitesonnestelselplaneet Osiris ontdek.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1660 - By Gresham College, vergader 12 mans na 'n lesing deur Christopher Wren en stig wat later bekend sou staan as die Royal Society.
- 1905 - Ierse nasionalis Arthur Griffith stig Sinn Féin as 'n politieke party met die doelwit om onafhanklikheid vir die hele Ierland te verkry.
- 1912 - Albanië verklaar onafhanklikheid van die Ottomaanse Ryk.
- 1943 - Die Tehran Konferensie tussen VSA President Franklin D. Roosevelt, Britse Eerste Minsiter Winston Churchill en Sowjet Premier Joseph Stalin begin.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1777 - San José de Guadalupe, die eerste dorp in die Spaanse kolonie van Kalifornië, word gestig.
- 1890 - Die Diet van Japan, gebou volgens die model van die Duitse Reichstag , kom vir die eerste keer byeen toe die Meiji Grondwet in Japan van krag word.
- 1929 - Skout-admiraal Richard Byrd en twee passasiers voltooi die eerste vlug oor die Suidpool.
- 1947 - Die Verenigde Nasies Algemene Vergadering stem ten gunste van verdeling van die Britse Mandaat van Palestina tussen Arabiere en Jode.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
30 November: Onafhanklikheidsdag in Barbados (1966), Sint Andriesdag in Skotland
- 1939 - Sowjet magte val Finland aan en begin daarmee die Winteroorlog, maar word by die Mannerheimlyn gestuit.
- 1954 - In Sylacauga, Alabama, val 'n a 4 kg meteoriet deur die dak van 'n huis en tref Ann Hodges wat ernstige beserings opdoen in die eerste gedokumenteerde geval waar 'n voorwerp uit die ruimte 'n mens tref.
- 1974 - Die geraamte van "Lucy", 'n 3,18 miljoen jaar oue vroulike hominid, van die genus Australopithecus, word in Ethiopië ontdek.
- 1979 - Rockgroep Pink Floyd stel die reuseverkoper rockopera The Wall vry.
- 1999 - Tienduisende mense kom saam om te betoog teen die Wêreldhandelsorganisasie by hulle vergadering in Seattle, VSA.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis