Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/September
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Sjabloon:UitgesoekteHerdenkingsSeptember
1 September: Begin van die Liturgiese jaar
- 1715 - Lodewyk XIV van Frankryk die "Sonkoning" sterf na 72 jaar se heerskappy, langer as enige ander belangrike Europese monarg.
- 1914 - Die laaste trekduif sterf in 'n Amerikaanse dieretuin.
- 1923 - Groot Kanto aardbewing verwoes Tokio en Yokohama – ongeveer 100 000 mense sterf.
- 1939 - Nazi-Duitsland val Pole binne met aanvalle op Wielun en Westerplatte - die Tweede Wêreldoorlog begin.
- 1969 - In Libië word koning Muhammad Idris I as-Sanusi se bewind omvergewerp in 'n militêre staatsgreep onder Muammar al-Gaddafi.
- 1983 - Die kommersiële lugredery vliegtuig Korean Air Vlug 7, met 246 passasiers en 23 bemanningslede aan boord word deur Sowjet-vegvliegtuie afgeskiet.
- 1985 - Die Suid-Afrikaanse regering skort betaling van alle buitelandse skuld op.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
2 September: Onafhanklikheidsdag in Viëtnam (1945)
- 31 v.C. – Magte onder keiser Augustus (Octavianus) verslaan troepe onder Marcus Antonius en Cleopatra in die Slag van Actium.
- 1870 - Ná oorgawe in die Slag van Sedan word Frankryk se keiser Napoleon III saam met sy leër Duitse krygsgevangenes.
- 1898 - Troepe onder sir Horatio Kitchener verslaan Sudanese magte in die Slag van Omdurman en vestig daarmee Britse oorheersing in noordoos-Afrika.
- 1937 - Pierre de Coubertin, grondlegger en jare lange president van die Internasionale Olimpiese Komitee, sterf.
- 1945 - Die Tweede Wêreldoorlog kom amptelik tot 'n einde met die ondertekening van die Japanese oorgawedokumente op die dek van die USS Missouri.
- 1986 - Die VSA kondig aan dat dit finansiële bystand aan Zimbabwe opskort na aanleiding van 'n woordvloed teen die VSA tydens 'n besoek van die voormalige president van die VSA, Jimmy Carter deur eerste minister Robert Mugabe .
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
3 September: Onafhanklikheidsdag in Katar (1971)
- 301 - San Marino, een van die kleinste lande in die wêreld en die oudste republiek ter wêreld wat steeds bestaan, word deur Sint Marinus gestig.
- 1783 – Die ondertekening van die Verdrag van Parys beëindig die Amerikaanse Revolusionêre Oorlog.
- 1901 – Anglo-Boereoorlog: Die 31-jarige Jan Smuts lei 'n kommando oor die Oranjerivier in 'n aanval op die Brits beheerde Kaapkolonie.
- 1934 Habib Ali Bourguiba en die leiers van die Neo Destour party in Tunisië word onder huisarres geplaas.
- 1939 – Tweede Wêreldoorlog: Met die oorlogsverklaring van Frankryk aan Duitsland weens die Duitse inval in Pole begin die "skemeroorlog" (Duits: Sitzkrieg, Frans: drôle de guerre) aan die Duits-Franse grens.
- 1969 - Ho Chi Minh sterf op 79-jarige ouderdom in Hanoi, Viëtnam.
- 1976 - Die Viking 2 ruimtetuig land op Mars en neem die eerste foto's van die planeet se oppervlak van naby af.
- 1987 - President Jean-Baptiste Bagaza van Burundi word deur 'n militêre staatsgreep afgeset. Pierre Buyoya vervang hom as hoof van die Militêre Komitee vir Nasionale Redding.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 476 - Romulus Augustus, die laaste keiser van die Wes-Romeinse Ryk, word afgeset.
- 1781 - Los Angeles word gestig as El Pueblo de Nuestra Señora la Reina de los Ángeles del Río de Porciúncula deur 44 Spaanse setlaars.
- 1870 – Frankryk se Derde Republiek word uitgeroep.
- 1888 - Uitvinder George Eastman registreer die handelsmerk "Kodak".
- 1957 - Little Rock Krisis: Die goewerneur van Arkansas in die VSA probeer nege swart kinders verhoed om die Little Rock Central Hoërskool by te woon in weerwil van VSA 'n hooggeregshofbevel.
- 1974 - Die VSA vestig diplomatieke betrekkinbge met Oos-Duitsland.
- 1989 – Tydens die eerste Maandagbetoging in Leipzig eis sowat 1200 deelnemers Reis-, Persvryheid en vryheid van vergadering.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
5 September: Onderwysersdag in Indië
- 1666 - Die Groot vuur van London eindig nadat dit drie dae aaneen gebrand het.
- 1793 – Terreurbewind begin: Die Franse Nasionale Vergadering stem ten gunste van die implementering van terreurmaatreëls om aktiwiteite tydens die Franse Revolusie te onderdruk.
- 1877 - Crazy Horse, Krygshoofman van die Oglala-Lakota-Sioux-Indiane, word deur 'n Amerikaanse soldaat met 'n bajonet doodgesteek.
- 1905 – Die Russies-Japanse Oorlog word beëindig met die ondertekening van die Verdrag van Portsmouth deur Japan en Rusland.
- 1960 Léopold Sédar Senghor, digter, word die eerste president van die pas onafhanklike Senegal.
- 1972 – Münchenslagting: 'n Palestynse terroristegroep genaamd "Swart September" val Israeliese atlete by die Olimpiese Spele in München aan.
- 1997 – Moeder Teresa, Wenner van die Nobelprys vir Vrede wat haar lewe aan die siekes en armes gewy het, sterf op 87-jarige ouderdom.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
6 September: Onafhanklikheidsdag in Swaziland (1968); Arbeidsdag in Kanada & die VSA (2004)
- 1522 - Die Victoria, met Juan Sebastián Elcano en 17 oorlewendes van Ferdinand Magellaan se ekspedisie van 265 man, keer terug na Sanlúcar de Barrameda, Spanje en voltooi sodoende die eerste vaart om die wêreld.
- 1901 – Amerikaanse president William McKinley word noodlottig gewond deur die anargis Leon Czolgosz by die Pan-Amerikaanse Tentoonstelling in Buffalo, New York.
- 1966 - Suid-Afrika se eerste minister en Apartheidargitek Hendrik Verwoerd word in die Parlement deur Demetrios Tsafendas met 'n mes vermoor.
- 1972 - Al nege Israeli atlete wat by die Olimpiese dorp in Munchen ontvoer is, sterf in 'n skietgeveg naby die lughawe.
- 1970 - 382 mense word in Jordanië en Beiroet, Lebanon gyselaar gehou na vier vliegtuie onderweg na New York deur 'n militante Palestynse groep geskaak is. Een van die vier vliegtuie land veilig op Heathrow, Londen nadat passasiers en bemanning skakers oorrompel.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
7 September: Onafhanklikheidsdag in Brasilië (1822)
- 1191 - Saladin word tydens die derde kruistog in die Slag van Arsuf verslaan.
- 1714 - Die Bekragtiging van die Rastatter Vrede by 'n vredeskongres in Baden im Aargau beëindig die Spaanse Opvolgingsoorlog.
- 1818 – Karel III van Swede word as koning van Noorweë gekroon.
- 1822 - Brasilië verklaar onafhanklikheid van Portugal.
- 1940 - Die Blitz begin toe Nazi Duitsland bomme op Londen laat val in die eerste van 57 opeenvolgende nagte van bombardering.
- 1977 - Verdrae tussen Panama en die VSA oor die status van die Panama-kanaal word geteken. Die VSA stem toe om beheer oor die kanaal oor te dra aan Panama teen die einde an die 20ste eeu.
- 1986 - Desmond Tutu word die eerste swart Aartsbiskop van Kaapstad en leier van die Anglikaanse kerk in Suid-Afrika.
- 1992 Op die grens van die Ciskei Tuisland in Suid-Afrika sterf 24 mense en word 150 beseer toe soldate vyf minute lank blindelings op 'n 50 000 sterk ANC betoging onder leiding van Cyril Ramaphosa skiet.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
8 September: Nasionale Dag in Andorra; Onafhanklikheidsdag in die Republiek van Masedonië (1991)
- 1331 - Stefan Dušan verklaar homself Koning van Serwië.
- 1504 - Dawid, 'n Marmerbeeld deur Michelangelo, word in Florence onthul.
- 1900 - Die Galveston Orkaan van 1900 lei tot die dood van 8 000 mense.
- 1923 - Sewe torpedojaers van die VSA vloot strand aan die Kaliforniese kus in die Honda Point Ramp.
- 1925 - Gebore: Peter Sellers, Engelse akteur.
- 1964 - Christophe Gbenyé verklaar homself president van die Volksrepubliek van Kongo.
- 1978 - Honderde betogers sterf in Teheran op Swart Vrydag tydens die Iraanse Revolusie.
- 1994 - Geallieerde leërs verlaat Berlyn finaal.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
9 September: Nasionale Dag in Noord-Korea (1948), Onafhanklikheidsdag in Tajikistan (1991)
- 1499 - Na ontdekking van die Seeroete na Indië word Vasco da Gama triomfantlik in Lissabon ontvang.
- 1754 - William Bligh, wat later bekend word as kaptein van die Bounty word gebore.
- 1828 - Gebore: Leo Tolstoi, Russiese skrywer.
- 1850 - Kalifornië word die een-en-dertigste staat van die VSA.
- 1867 - Die Groothertogdom Luxemburg word onafhanklik.
- 1976 - Mao Zedong Sjinese politikus en partyleier sterf op 82-jarige ouderdom.
- 1985 - VSA President Ronald Reagan stem toe tot beperkte sankies teen Suid-Afrika.
- 1990 - Samuel Kanyon Doe, president van Liberië sedert 25 Julie 1984 word doodgeslaan.
- 2001 - Ahmad Shah Massoud, leier van die Noordelike Alliansie in Afganistan sterf in 'n selfmoordaanval.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1813 - Die Slag van Lake Erie word tussen die VSA en Groot Brittanje geveg.
- 1823 - Simón Bolívar word President van Peru.
- 1943 - Duitse troepe beset Rome.
- 1974 - Guinnea-Bissau, voorheen Guine Portuguesa verkry onafhanklikheid van Portugal.
- 1983 - Balthazar Johannes Vorster, eerste minister van Suid-Afrika van 13 September 1966 tot 29 September 1978 en nie-uitvoerende president vanaf 10 Oktober 1978 tot 4 Junie 1979 sterf.
- 1990 - Die Basilica van Ons Dame van Vrede van Yamoussoukro, die grootste kerk in Afrika, word deur Pous Johannes Paulus II ingewy.
- 2003 - Anna Lindh, die Sweedse minister van buitenlandse sake word in 'n winkel sentrum doodgesteek.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
11 September: Nasionale Dag van Katalonië, Patriotdag in die VSA, Onderwysersdag in Latyns-amerika
- 1297 - Skotte onder William Wallace verslaan Engelse troepe in die Slag van Stirlingbrug.
- 1922 - Die Britse Mandaat van Palestina neem 'n aanvang.
- 1950 - Jan Christian Smuts, 'n held van die Tweede Vryheidsoorlog, twee keer eerste minister van Suid-Afrika en internasionaal-erkende staatsman, sterf.
- 1952 – Eritrea verkry onafhanklikheid van Britse administrasie.
- 1971 - Nikita Khrushchev, eertydse premier van Sowjet-Rusland, sterf.
- 1973 - Augusto Pinochet voer 'n staatsgreep in Chili uit, waarin Salvador Allende om die lewe gebring word.
- 1978 – Bulgaarse skrywer en uitsaaier Georgi Markov, wat in 1969 na die weste gevlug het, sterf aan bloedvergifting vier dae nadat hy by 'n bushalte in London met 'n sambreel gesteek is.
- 2001 – Die 11 September 2001 aanvalle: Vier passasiersvliegtuie word geskaak tydens 'n Al Qaeda terroriste-aanval in Amerika - twee vliegtuie vlieg teen die Wêreldhandelssentrum in New York vas, waarna die geboue inmekaar stort, 'n derde vlieg in 'n vleuel van Die Pentagon in Washington, D.C. vas en 'n vierde stort in Pennsylvania neer. Byna 3 000 mense sterf in die gebeure.
- 2003 - Oorlede: Johnny Cash (71), Amerikaanse country-sanger.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
12 September: Nasionale Dag in die Kaap Verdiese Eilande
- 1683 - Die beleg van Wene deur die Ottomaanse Ryk word gebreek deur die aankoms van 'n mag van 30 000 Poolse, Oostenrykse en Duitse troepe onder leiding van die Poolse koning Jan Sobieski.
- 1848 – Na 'n burgeroorlog tussen die Switserse Konfederasie en die afgeskeide "Sonderbund" konserwatiewe-, katolieke-, bergkantons kom die moderne Switserland tot stand as 'n bondstaat deur die aanname van 'n federale grondwet.
- 1913 - Gebore: Jesse Owens, Amerikaanse atleet.
- 1933 - Leó Szilárd, dink die grondslag van die kern-kettingreaksie uit terwyl hy by 'n verkeerslig in Bloomsbury wag.
- 1974 - Haile Selassie, laaste Keiser van Etiopië, word deur 'n militêre staatsgreep ontmagtig.
- 1977 – Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en stigter van die swart bewussynsbeweging, Steve Biko sterf in polisie-aanhouding in Pretoria.
- 1980 - Militêre staatsgreep in Turkye.
- 1990 – Met die ondertekening van die Twee-Plus-Vier-Verdrag in Moskou word die weg gebaan vir die Duitse hervereniging.
- 2003 - Oorlede: Johnny Cash (71), Amerikaanse country-sanger.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 533 - Belisarius se legioene verslaan Gelimer en die Vandale by die Slag van Ad Decimum, waarmee die herverowering van die Weste onder Bisantynse keiser Justinianus I begin.
- 1394 - Jode word uit Frankryk verdryf op bevel van Karel VI.
- 1759 - Die Slag op die Abraham-Ebene by Québec beslis die Frans-Indiaanse oorlog in die guns van die Verenigde Koninkryk.
- 1882 – Die magte van kolonel Ahmad Urabi, leier van die Egiptiese nasionalistiese beweging wat teen die Europees-ondersteunde regering van die Khedive Tawfiq rebelleer word deur 'n Britse leër onder sir Garnet Wolsley verslaan by die Slag van Tall al Kabir.
- 1922 - Hoogste temperatuur gemeet: 58°C (opgeteken in al-Aziziyal in Libië).
- 1979 – Venda word die derde van vier Suid-Afrikaanse tuislande om onder die apartheidsbeleid 'onafhanklikheid' te verkry. Die onafhanklikheid word nêrens behalwe in Suid-Afrika en in die ander 'onafhanklike' tuislande erken nie.
- 1987 - Goiânia-voorval: 'n Radioaktiewe voorwerp word uit 'n verlate hospitaal in Goiânia, Brasilië, gesteel en baie mense word aan bestraling blootgestel.
- 1993 - Ná maandelange geheime onderhandelinge in Noorweë, word die Oslo-vredesverdrag in Washington, D.C. deur die Palestynse Bevrydingsorganisasie en Israel onderteken.
- 1996 - Tupac Shakur, Amerikaanse rapper word in Las Vegas doodgeskiet.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1752 - Die Britse Ryk neem die Gregoriaanse kalender aan en slaan elf dae oor (2 September is in die jaar direk gevolg deur 14 September).
- 1812 - Napoleon se inval in Rusland: Napoleon en sy Grande Armée neem Moskou in, en vind die stad verlate en aan die brand.
- 1829 - Die Vrede van Adrianopel beëindig die Russies-Turkse Oorlog en die Griekse Onafhanklikheidsoorlog.
- 1854 - Tydens die Krimoorlog, die eerste moderne oorlog, begin die Beleg van Sewastopols.
- 1901 - Theodore Roosevelt word President van die VSA na die sluipmoord op McKinley.
- 1959 - Die Sowjet ruimtetuig Luna 2 stort op die maan neer en word die eerste mensgemaakte voorwerp op die Maan.
- 1960 - In Bagdad word die Organisasie van die Petrolium Uitvoerlande (OPUL) opgerig deur Iran, Irak, Koeweit, Venezuela en Saoedi-Arabië.
- 1982 - Prinses Grace van Monaco sterf aan haar beserings as gevolg van 'n motorongeluk.
- 1985 - Die Sowjet-Unie verban 25 vermeende spioene as vergelding vir die 25 wat Brittanje uitgeskop het na die oorloop van die KGB-hoof Oleg Gordievsky.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
15 September: Onafhanklikheidsdag in Costa Rica, Guatemala, Honduras, Nicaragua en El Salvador (1821)
- 1784 - Vincenzo Lunardi laat die eerste waterstofballon op.
- 1835: Charles Darwin bereik die Galápagos Eilande, waar hy begin om sy teorieë oor evolusie te ontwikkel.
- 1890 - Gebore: Agatha Christie, Engelse speurverhaalskryfster.
- 1935: Nazi-Duitsland stel die Nurembergwette in wat Duitse Jode burgerskap ontneem, en neem 'n nuwe vlag met die swastika aan.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
16 September: Onafhanklikheidsdag in Papua Nieu-Guinea, Grondwetdag in die VSA
- 1908 - General Motors kom tot stand.
- 1939 - Breyten Breytenbach, Suid-Afrikaanse skrywer en skilder word gebore.
- 1963 - Malaja, Noord-Borneo, Sarawak en Singapoer smelt saam om Maleisië te vorm.
- 1977 - Maria Callas, operasangeres, sterf.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
17 September: Burgerskapdag in die Verenigde State
- 1787 - Die teks van die Grondwet van die Verenigde State word in Philadelphia gefinaliseer.
- 1809 - Die Verdrag van Fredrikshamn beëindig die Finse Oorlog tussen Rusland en Swede, en Finland word 'n outonomebecoming Groothertogdom onder tsaar Alexander I.
- 1894 - Die Keiserlike Japannese Vloot en die Beijang-vloot van Qing-dinastie in Sjina bots tydens die Slag van die Jaloe-rivier, die grootste seeslag van die Eerste Chinees-Japannese Oorlog.
- 1916 - Eerste Wêreldoorlog: "Die Rooi Baron", 'n bobaasvlieënier van die Duitse lugmag, wen sy eerste luggeveg naby Cambrai, Frankryk.
- 1978 - President Anwar Sadat van Egipte en Eerste minister Menachem Begin van Israel onderteken die Camp David-ooreenkoms ná twaalf dae van geheime onderhandelinge.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/18 September besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1911 – Gebore: Britse skrywer en digter William Golding
- 1933 – Gebore: Afrikaanse skryfster en digteres Ingrid Jonker naby Kimberley.
- 2002 Rebelle troepe neem beheer oor van die noorde van die Ivoorkus. In Abidjan word die gendarmerie deur rebelle in beslag geneem en voormalige president Guéi en 15 ander word in sy huis vermoor.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1551 - Hendrik III, koning van Frankryk
- 1778 - Gebore: Fabian Gottlieb von Bellingshausen in Saaremaa (Ösel) in Estland. As bevelvoerder van die tweede Russiese om die wêreldvaart word hy een drie mense om Antarktika vir die eerste keer waar te neem.
- 1562 Die Verdrag van Hampton Court, waarvolgens Engelse troepe na Rouen, die historiese hoofstad van Normandië, in Frankryk gestuur sou word om aan die Protestante hulp te verleen, word onderteken.
- 1932 - Vier maande na die voltooiing van die Afsluitdyk in Nederland word die die naam van die Suidersee amptelik gewysig na Ijsselmeer.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
21 September: Internasionale Vredesdag en Peace One Day; Onafhanklikheidsdag in Malta (1964), Belize (1981) & Armenië (1991).
- 1792 - Franse Revolusie: Die Nasionale Konvensie stem om die monargie af te skaf en die Franse Eerste Republiek word uitgeroep.
- 1937 - J.R.R. Tolkien se The Hobbit word gepubliseer.
- 1949 - Kommuniste roep die Volksrepubliek van Sjina uit.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
22 September: Dag en nag ewening (22:23 UTC); Onafhanklikheidsdag in Bulgarye (1908) en Mali (1960); Karvrye dag in Europa & Kanada.
- 1862: President Abraham Lincoln stel die Emansipasie Proklamasie in, wat alle slawe in die Konfederale state afskaf teen 1 Januarie 1863.
- 1869: Das Rheingold, die eerste vier operas in Der Ring des Nibelungen deur die Duitse komponis Richard Wagner (hier regs), maak sy debuut te München.
- 1960 Frans-Soedan word verkry onafhanklikheid van Frankryk as die Republiek van Malie
- 1980: Irak loods 'n inval van Iran, wat die Iran-Irak Oorlog ontketen.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1459 - In Staffordshire, Engeland, behaal magte lojaal aan die Huis van York onder leiding van Richard Neville 'n oorwinning by die Slag van Blore Heath, die eerste grootskaalse geveg in die Oorlog van die Rose.
- 1846 - Die planeet Neptunus word deur die sterrekundiges Urbain Le Verrier, Johann Gottfried Galle en John Couch Adams ontdek.
- 1868 - Ramón Emeterio Betances (in beeld) lei die Grito de Lares, opstand teen Spaanse oorheersing van Porto Rico.
- 1874 - 'n Span Franse sterrekundiges kom op Sint-Pauleiland in die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede in die Indiese Oseaan aan om die Venusoorgang waar te neem.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
24 September: Onafhanklikheidsdag in Guinea-Bissau (1973), Erfenisdag in Suid-Afrika.
- 622 - Mohammed en sy volgelinge uit Mecca voltooi hulle Hijra na Medina.
- 1664 - Anglo-Nederlandse oorloë: Nederland gee in Nieu Amsterdam, wat later tot New York Stad sou ontwikkel, aan Engeland oor.
- 1678 - Brandenburg verower die Rügen Eiland van Swede.
- 1976 - Rhodesië se eerste minister, Ian Smith, kondig aan dat swart meerderheidsregering binne twee jaar ingestel sou word, vyf dae na 'n voorstelle van van 'n diplomatieke afvaardiging onder leiding van die VSA gemaak is.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1513 - Conquistador Vasco Núñez de Balboa word die eerste Europiër om die Stille Oseaan te sien en noem dit Mar del Sur, of Suidsee.
- 1906 - Gebore: Dmitri Sjostakovitsj, Russiese komponis.
- 1962 - Die Demokratiese Volksrepubliek van Algerië word formeel uitgeroep. Ferhat Abbas word tot President van die tussentydse regering verkies.
- 1972 - Die bevolking van Noorweë stem teen lidmaatskap van die Europese Ekonomiese Gemeenskap
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1901 - Tweede Vryheidsoorlog: Generaal Louis Botha val Fort Itala en Fort Prospect aan.
- 1905 - Albert Einstein publiseer sy spesiale relatiwiteitsteorie in die tydskrif Annalen der Physik.
- 1934 - Gebore: Winnie Mandela, anti-apartheidsaktivis en gewese vrou van Nelson Mandela.
- 1992 - President FW de Klerk en ANC-leier Nelson Mandela bereik 'n ooreenkoms oor 'n proses om meerderheidsregering in Suid-Afrika te vestig.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
27 September:: Meskel in Ethiopië en Eritrea
- 1905 - Albert Einstein publiseer 'n artikel oor massa-energie ekwivalensie, wat E=mc² demonstreer.
- 1988 – Onder leiding van Aung San Suu Kyi, word die National League for Democracy in Birma gestig.
- 1992 - In reaksie op die aankondiging van 'n ooreenkoms tussen President FW de Klerk en Nelson Mandela, kondig Mangosuthu Buthelezi, leier van die Inkatha Vryheidsparty (IVP) aan dat sy party die grondwetlike samesperkings in Suid-Afrika sou boikot.
- 1996 - Die Taliban verdryf President Burhanuddin Rabbani van Afghanistan uit Kabul, stel voormalige President Mohammad Najibullah tereg, en vestig die Islamietiese Emiraat van Afghanistan.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
28 September: St. Wenceslasdag in die Tsjeggiese Republiek en Onderwysersdag in Taiwan.
- 1066 - Die Normandiese hertog Willem die Veroweraar sit met sy leër naby Hastings, Engeland voet aan wal en verslaan op 14 Oktober Harald II Godwinson, die laaste Angel-Saksiese koning van Engeland.
- 1542 - Portugese ontdekkingsreisiger Juan Rodriguez Cabrillo, die eerste Europiër om die Kaliforniese kus te bevaar, land by wat nou San Diego is.
- 1820 - Die tamatie word in die openbaar as veilig bewys toe Robert Johnson 'n mandjie tamaties buite 'n hof in Salem, Nieu Jersey eet.
- 1934 - Gebore: Brigitte Bardot, Franse aktrise, fotomodel en sangeres in Parys
- 1994 - Die M/S Estonia, 'n veerboot wat tussen Tallinn, Estland en Stockholm, Swede pendeldienste verskaf, sink. 852 mense verdrink of vries dood in die koue water in een van die ergste seeongelukke in die Oossee.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 61 v.C. - In Rome vier Pompeius die Grootte met 'n groot geskal sy triomf oor Meditereense seerowers en die oorlog teen koning Mithridates VI van Pontus in Klein-Asië, asook sy 45ste verjaardag.
- 1914 - Gebore: D.J. Opperman, bekende Afrikaanse digters, Dundee, Noord-Natal
- 1951 - Gebore: Michelle Bachelet die eerste vroue president van Chile in Santiago.
- 1969 - Tulbagh 'n dorp in die provinsie Wes-Kaap (Suid-Afrika) word in 'n aardbewing, wat nege menselewens eis, verwoes.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
30 September: Onafhanklikheidsdag in Botswana (1966)
- 1885 - Nadat 'n Britse militêre mag onder Sir Charles Warren na die gebied gestuur word, word die Republiek van Goosen afgeskaf en heringelyf in Brits-Betsjoenaland.
- 1980 - Ethernet-spesifikasies word gepubliseer deur Xerox in samewerking met Intel en Digital Equipment Corporation.
- 1989 - Die federasie Senegambië word deur Senegal ontbind toe Gambië weier om nader aan 'n unie te beweeg.
- 1999 - Japan se ergste kernkragongeluk vind plaas by 'n uraanherverwerkingfasiliteit naby Tokio. Werkers en plaaslike inwoners word aan baie hoë vlakke van bestraling blootgestel.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis