Wikipedia:Interessante brokkies
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Hier word die werk gekoördineer vir die interessante brokkies op die voorblad onder die opskrif "Het u geweet?" Dit word outomaties op die voorblad ingesluit d.m.v. Sjabloon:Het u geweet. Die voorgestelde werkswyse is as volg:
- 'n Interessante item word in 'n subblad van hierdie blad geskep. Sien die skakels onder vir die volgende beskikbare naam (kies die rooi skakel onder die laaste brokkie).
- Dit kan op enige stadium gedoen word en dien as 'n "nominasie" vir insluiting op die voorblad.
- Elke item bevat slegs een brokkie. Dit sal waarskynlik slegs een sin bevat, maar kan tans tot drie kort gedagtes en 'n klein prentjie beslaan, maar sal moontlik later korter bewoord moet word.
- Dit moet bewoord word om die sin "Het u geweet ... " sinvol te voltooi. Dus behoort meeste inskrywings te begin met "... dat" ('n ellips en die woord 'dat').
- Sjabloon:Het u geweet sal bygewerk word na goedunke van medewerkers, sodat interessante brokkies geroteer word. Dit sal waarskynlik aanvanklik slegs een item bevat. Hierdie sal waasrkynlik deur een persoon gekoördineer word.
- Items moet skakel na bestaande artikels. Dit sal help om die kultuur van bronverwysings te versterk. Teikenartikels moet darem van redelike kwaliteit wees en nie onder oorweging vir verwydering, NPOV of kopieregprobleme wees nie. Aangesien die artikel op die voorblad geadverteer word, moet dit darem redelik netjies wees, maar hoef geensins volledig of voltooid te wees nie. Miskien is dit raadsaam om nie kontroversiële of debateerbare sake te behandel nie.
[wysig] Die brokkies
- Die argief van ouer brokkies wat nie meer hier getoon word nie.
... dat die oorspronklike benaming vir die eerste maand van die jaar (Januarie), die Latynse benaming is vir die Romeinse God Janus? Die vroeëre benaming vir hierdie maand was louwmaand/loumaand dit stam uit die middel-Hollandse taal. In Hollands word hierdie maandname nog gebruik maar is die Latynse benaming algemener.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat Tafelberg die enigste aardskenmerk is waaraan 'n sterrebeeld se naam ontleen is? Mensa, wat "tafel" beteken, is 'n sterrebeeld van die suidelike halfrond wat taamlik laat afgebaken is en dus geen antieke mitologie het nie.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat Noord-Sotho nie 'n enkele taal is nie, al is dit 'n amptelike taal van Suid-Afrika? Dit is bloot 'n versamelnaam vir 'n klomp verwante tale, waarvan Pedi die grootste aantal sprekers het en die amptelike skryfwyse bepaal.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat Frans deur honderde duisende mense as huistaal gepraat word in die VSA? Alhoewel miljoene Amerikaners van Franse herkoms is, het Engels Frans hoofsaaklik verdring en kan slegs 'n klein deel van die Franse nasate nog Frans praat.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die Groot Magellaanse wolk na Ferdinand Magellaan vernoem is, maar dat Al Soefi dit reeds meer as 500 jaar voor hom opgeteken het?
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat party stowwe se smelt- en stoltemperature nie ooreenstem nie? Agar smelt byvoorbeeld by 85 °C en stol tussen 32 en 40 °C; 'n verskynsel wat bekend staan as histerese.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat u kan sien watter artikels na 'n spesifieke een toe skakel en aanstuur? Onder "gereedskap" (links) is "Wat skakel hierheen" beskikbaar wat hierdie inligting verskaf. Dit werk selfs vir artikels wat nog nie bestaan nie.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat Suid-Afrika Finland in 1939 bygestaan het in die Winteroorlog? Verskeie lande het Finland bygestaan en die RSA het 29 Gloster Gauntlet-vliegtuie geskenk.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
...dat water sy hoogste digtheid by 4 °C bereik? Hierdie eienskap is belangrik vir waterorganismes en kom in slegs twee ander stowwe voor.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat Suid-Afrika die VSA gehelp het met intelligensie as deel van ECHELON? By die Silwermyn Natuurreservaat is antennas wat gebruik is vir spioenasie sedert die 1970's.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat daar ridders was wat terselfdertyd ook monnike was? Die Orde van die Tempeliers was so 'n ridderorde.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat mens artikels kan soek volgens die eerste letters van die artikelnaam? By Spesiaal:Prefixindex kan mens byvoorbeeld "ek" intik en alle artikelname wat met "ek" begin, opspoor.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die Bastille, een van Parys se geskiedkundige bakens, nie meer bestaan nie?
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die profeet Mohammed in die gedeeltes van die Koran wat tydens die eerste vyf jaar van sy openbare bediening in Mekka opgeteken is, nie een keer die naam Allah gebruik het nie? In dié tyd het hy na God verwys as "Heer" of "Skepper" (Rabb).
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat daar niks "suur" aan suurstof is nie? Die woord het ontstaan toe mense vroeër geglo het dat alle sure suurstof bevat.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
...dat sekere vroue in die Victoriaanse tydperk arseen gemeng met asyn en kalk gedrink het? Dit is gedoen om hul gelaatskleur te verbeter en hulle velle ligter te maak as bewys dat hulle van 'n hoër stand is en nie in die landerye werk nie.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... Samuel Morse, die uitvinder van die telegraaf, vir burgemeester van New York gestaan het? Hy was egter nie suksesvol nie.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat 2006 as 'n Mozart-jaar gevier is? Mozart is 250 jaar te vore, op 27 Januarie 1756 gebore.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat broom en kwik die enigste twee elemente is wat in suiwer vorm as 'n vloeistof by kamertemperatuur voorkom?
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die Ellis Park-stadion nie na William Webb Ellis vernoem is nie? Dit is vernoem na 'n Johannesburgse stadsraadslid mnr. J.D. Ellis wat die grond vir die oprigting van die stadion beskikbaar gestel het.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat Manfred von Richthofen, die Duitse vegvlieënier wat ook as die Rooi Baron bekend gestaan het, tydens die Eerste Wêreldoorlog soveel as 80 vyandelike vliegtuie afgeskiet het?
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat 'n hartvorm (♥) deur 'n wiskundige funksie geteken kan word? Die funksie staan bekend as 'n kardioïed en kan eenvoudig gedefinieer word in poolkoördinate.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat Pretoriabrug 'n hefbrug in Ottawa, Kanada is? Dit is vernoem na Pretoriastraat wat in 1902 van Janestraat hernoem is om die Britse oorwinning in die Anglo-Boereoorlog te vier.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die Russiese komponis Dmitri Sjostakovitsj die DSCH musikale motief gebruik het om homself in musieknote voor te stel?
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat daar geraam word dat meer as die helfte van alle fotosintese wat op aarde plaasvind nie vanaf plante afkomstig is nie maar vanaf bakterieë en alge?
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die Deense wiskundige Piet Hein 'n superellipsvorm gebruik het om die Sergels Torg verkeersirkel in Stockholm, Swede te ontwerp?
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
...dat wikings reeds 500 jaar voor Christopher Columbus Amerika ontdek het 'n nedersetting by L'Anse aux Meadows op Newfoundland eiland in Kanada gevestig het?
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
...dat die meter tussen 1960 en 1983 in terme van die lig wat vanaf 'n kripton isotoop uitgestraal word gespesifiseer is.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die chemiese element en radioaktiewe edelgas Radon, wat natuurlik uit die grond vrygestel word, aangedui word as die belangrikste oorsaak van longkanker na sigaretrook.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die eerste wêreldrekord deur 'n Suid-Afrikaner in 1883 deur die verspringer Izak Prinsloo op Kerkplein in Pretoria opgestel is?
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die Groenpuntvuurtoring die oudste vuurtoring in Suid-Afrika is? Dit staan op die noordwestelike punt van Tafelbaai in Groenpunt, Kaapstad en is in 1823 voltooi.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... Dat die Kaap Agulhasvuurtoring by Kaap Agulhas wat op 1 Maart 1849 in gebruik geneem is, gebou is volgens die model van die Pharos van Alexander, een van die Sewe wonders van die antieke wêreld.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die Kasteel van Goeie Hoop in Kaapstad, wat tussen 1666 en 1679 deur die VOC gebou is, die oudste gebou in Suid-Afrika is?
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat byna die hele Kaapse Skiereiland deel is van die Tafelberg Nasionale Park? Dié natuurreservaat is in 1998 gestig en beslaan die Tafelberg-bergreeks.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat Clarens in die Oos-Vrystaat vernoem is na Clarens, die noordwestelike stadswyk in Montreux, Switserland waar President Paul Kruger van die Zuid-Afrikaansche Republiek oorlede is?
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die skrywer J.R.R. Tolkien op 3 Januarie 1892 in Bloemfontein gebore is?
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat Helsinki, die hoofstad van Finland, tot teen die einde van die 19de eeu 'n oorwegend Sweedstalige stad was? Vandag is Helsinki is 'n tweetalige stad en 6,2% van sy inwoners praat Sweeds en 88% Fins.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat Keulen in Duitsland naas die Franse stad Bordeaux in die 13de eeu die grootste uitvoerhawe vir wyn was? Engeland was een van die vernaamste bestemmings.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die Millau brug naby Millau in die suide van Frankryk hoër is as die Eiffeltoring en net 40 meter korter as die Empire State-gebou?
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat Montréal in Kanada op een na ook die grootste Franstalige stad in die wêreld is? Dit is met die 3,9 miljoen inwoners in die metropolitaanse gebied die grootste stad van die Franstalige provinsie Québec.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die Indiese politikus Mahatma Gandhi vir 'n lang tydperk as 'n advokaat in Durban gewerk het? Hy was tussen 1893 en 1915 in Suid-Afrika woonagtig.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die Wes-Kaapprovinsie drie amptelike tale het? Die amptelike tale van die provinsie is Afrikaans, Engels en Xhosa en die 1998 grondwet is in al drie tale beskikbaar.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat 'n Eenvoudige Hangbrug se dek 'n kettinglynvorm volg? Die kettinglynvorm lyk amper soos 'n parabool en is die vorm wat 'n hangende buigbare ketting of kabel aanneem as dit onderworpe is aan 'n eenvormige gravitasiekrag.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die Kop Stand by Anfield Stadium, die tuiste van die Engelse sokkerspan Liverpool F.C vernoem is in eerbied van die Slag van Spioenkop? 300 Britse soldate het in die slag gesneuwel en 1653 is gewond.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat Ellen Johnson-Sirleaf die eerste verkose vroulike president van 'n Afrika-land is? Sy is as president van Liberië ingehuldig op 16 Januarie 2006 nadat sy die 2005 verkiesing gewen het.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die katedraal van Straatsburg, met sy toring van 142 meter, wat in 1439 in Straatsburg voltooi is, sover bekend tot 1874 die hoogste gebou ter wêreld was?
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die Normandiese dialek Jèrriais nog steeds op die Kanaaleiland Jersey as omgangstaal gepraat word al val die eiland reeds sedert [1066]] onder die die Britse Kroon. Jersey vorm egter nie deel van die Verenigde Koninkryk of die Europese Unie nie.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die Tupolev Tu-144 van die Sowjetunie die eerste supersoniese passasiersvliegtuig ter wêreld was? Die eerste toetsvlug het op 31 Desember 1968 plaasgevind, enkele maande voordat die Frans-Britse Concorde vir die eerste keer opstyg.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat Asië en Noord-Amerika op verskillende tye in die verlede deur die Beringlandbrug verbind is?
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat daar 'n dorpie in die Spaanssprekende Venezuela is waar Duits gepraat word en koekoekklokke gemaak word? Colonia Tovar het 'n groot aantal nasate van immigrante uit die Kaiserstuhl-gebied in Duitsland.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat 'n lid van die Britse koningshuis in Suid-Afrika gesterf het? Prins Christian Victor van Sleeswyk-Holstein het tydens die Anglo-Boereoorlog op 29 Oktober 1900 in Pretoria aan maagkoors gesterf.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat Winston Churchill 'n krygsgevangene in Suid-Afrika was? Tydens die Anglo-Boere Oorlog is hy in Natal deur boeremagte gevang. Op 12 Desember 1899 ontsnap hy uit die Staatsmodelschool waar hy aangehou is en vlug te voet en per trein na Lourenço Marques.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat 'n deel van Brasilië vroeër aan Nederland behoort het? Nederlands-Brasilië was 'n Nederlandse kolonie van 1630 tot 1654 wat vanaf Portugal oorgeneem is.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die Republiek van Vermont in 1777 die eerste geskrewe grondwet in Noord-Amerika aanvaar het? Dit het in 1791 as Vermont die 14de deelstaat van die VSA geword.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat 'n mens kwaliteit baguettes in stede soos Phnom Penh in Kambodja kan koop? Kambodja was protektoraat van Frankryk van 1863 tot 1953 en die Franse invloed is steeds te bespeur in die land se kookkuns.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die laaste moedertaalspreker van Kornies in 1780 gesterf het? Kornies is, soos Wallies en Bretons, 'n Keltiese taal van die Britonse groep. Dit is in Cornwall gepraat.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat 'n groot aantal immigrante uit Cornwall in myne in Suid-Afrika kom werk het? Die tinmyners het op die goudmyne in die ZAR gewerk en onder andere 'n rol gespeel in die vestiging van Rugby as 'n sport in Suid-Afrika.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die Franse sneltrein, die TGV, die die vinnigste trein ter wêreld is? Die trein bereik gereeld 'n snelheid van 320 km/h, maar het in 'n toetsrit in 1990 'n rekordsnelheid van 515,3 km/h behaal.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat 'n Noord-Germaanse of Skandinawiese taal vroeër in Skotland gepraat is? Op die Shetland en Orkney-eilande en in Caithness op die vasteland is die uitgestorwe Norn gepraat. Nadat die eilande in die vyftiende eeu deur Noorweë aan Skotland terug gegee is, is dit deur Skots vervang.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die dorp Roodepoort wes van Johannesburg se naam verwys na die rooi grond wat so algemeen is in die omgewing?
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat Nkosi Sikelel' iAfrika nie net die eerste deel van die Suid-Afrikaanse volkslied is nie maar ook deur ander lande gebruik word? Die lied wat deur Enoch Sontonga gekomponeer is ook die volkslied van Tanzanië en Zambië en word ook in Zimbabwe en Namibië gesing.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat 'n Eland tot 1000 kilogram kan weeg? Dit maak die eland die grootste van die boksoorte
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat Arabies saam met Hebreeus 'n amptelike taal van Israel is? Daar is sowat een miljoen Arabiessprekende burgers van Israel.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die Lae Lande deur 'n kaart wat soos 'n leeu lyk voorgestel kan word? Die Leo Belgicus is 'n gestileerde kaart van wat die Nederlande in die vorm van 'n leeu uitbeeld.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat daar reeds in 1951 aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) begin werk is en dit steeds nie voltooi is nie? Dit is die grootste woordeboek wat Afrikaanse woorde beskrywe en daar word tans gewerk aan deel XIII, wat onder andere die letter R bevat.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat Magnesium die chemiese element in die periodieke tabel is met met die die agste grootste verspreiding? Die alkalie-aard metaal beslaan ongeveer 2% van die Aardkors en is die element wat die derde meeste voorkom in oplossing in seewater?
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat die Franse stad Colmar vir 48 jaar lank 'n Duitse stad was? Ná die Pruisies-Franse Oorlog word die stad en die res van Elsas-Lotaringe volgens die Vredesverdrag van Frankfurt in 1871 'n distrik van die Ryksland Elsas-Lotaringe. Met die Verdrag van Versailles, wat op 28 Junie 1919 onderteken is, word Colmar weer Frans.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
... dat regeringstroepe in Grenoble in Frankryk op aan die vooraand van die Franse Rewolusie met dakteëls bestook is? Dit het in 1788 in die sogenaamde "Dae van die Dakteëls" plaasgevind.
Bekyk - Wysig - Geskiedenis
Wikipedia:Interessante brokkies/70
Bekyk - Wysig - Geskiedenis